Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Ek soek my land terug, sê Carolus

  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hoor getuienis aan oor hoe die Gupta-familie 'n onbehoorlike invloed op oudpres. Jacob Zuma gehad het.
  • Cheryl Carolus, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het voor die kommissie getuig.
  • Carolus het gesê sy 'soek haar land terug,' na die staatskaping wat gebeur het.

29 Nov. 16:01:19

Die kommissie verdaag.

Daar is nie Vrydag of Maandag sittings nie, en die kommissie sal 'n aankondiging maak oor enige sitting op Woensdag, 5 Desember, sê Zondo.

29 Nov. 15:59:39

'Ek soek my land terug, sê Carolus'

Carolus: Ek sal alles moontlik doen om met die kommissie saam te werk.

Ek wens die kommissie sterkte toe.

Ek het gevoel ek wil kom omdat daar steeds baie vrese bestaan onder mense om te kom getuig en ek is totaal gekant teen die aanvalle op die kommissie self en getuies soos Pravin Gordhan.

Ons het 'n baie goeie land maar het swak leierskap.

Dit is waarom kommissie se werk so belangrik is.

Ek soek my land terug.

Sommiges het ons verlede gesteel, ander het baie goeie pogings aangewend om ons huidige te steel maar ons sal nie toelaat dat enigiemand ons toekoms steel nie.

Die president doen egter nou alles moontlik om weer hoop terug te bring.

29 Nov. 15:53:26

Geen wonder die ANC is by die stembus gestraf, sê Carolus

Carolus: "Dit was skokkend waar die SAL onder Gigaba opgeëindig het

"Daar was nie langer duidelikheid oor die rolle op alle vlakke van die organisasies nie.

"Dit is waarom dit duidelik in wetgewing uiteengesit word. Gigaba wou hê die direksie moet die wette verbreek. Ons wou orde bou waar ons gedien het.

"Dit is 'n baie gevaarlike gladderig afdraende as jy jouself sien as regeerder in plaas van dienaar.

"Dit is baie gevaarlik vir die aanspreeklik vir verkose mense.

"Ministers word vertrou met mense se stemme. Om met dit te doen wat hulle gedoen het, is ek nie verras dat mense hulle by die stembus gestraf het nie," sê Carolus.

29 Nov. 15:50:17

Zondo sê hy het een of twee vrae, hy vra is daar enige besluit wat die SAL verander het oor die New Age.

Carolus: "Ek kan nie sê nie omdat die bestuur daarmee gehandel het."

Zondo: "Is daar by die vergadering besluit dat die New Age ondersteun moet word".

Carolus: "Ek het gesien die New Age is toe versprei. Maar ek het nie kennis daaroor nie."

29 Nov. 15:46:33

Wêreldklas tegniese afdeling van SAL is totaal vernietig, sê Carolus

Carolus: "Ons vandag net een vlug na Londen. Dit beteken ons het 75% besigheid verloor maar ook 75% van werksgeleenthede van diensverskaffers verloor.

"Ons het 'n wêreldklas tegniese afdeling van die SAL totaal vernietig. Die afdeling wat op 'n tyd vir die Duitse Lufthansa so goed was dat hulle hul vliegtuie hier by ons kom onderhou het.

"Dit alles oor die besluite van Dudu Myeni.

"Gigaba was toe ook verwyder en Myeni het aangebly.

"Myeni het toe in die naam van transformasie gekom met swart finansiële ondernemings wat net begin het om 'n nuwe vloot vliegtuie te finansier. Sy het die parlement en haar direksie totaal geminag," getuig Carolus.

29 Nov. 15:42:19

SAL se vliegtuie is oud en stukkend, sê Carolus

Hofmeyr vra Carolus om van haar kommer te lig na sy by SAL weg is.

Carolus: "Ek is hartseer oor sekere ontwikkelinge by die SAL. Ek vlieg steeds met SAL. Ek is 'n lewenslange platinum-lid. Ek kan eersteklas vlieg, maar verkies SAL.

"Elke keer as ek daarop vlieg, sien ek hoe drie van die oudiovisuele stelle op die vliegtuig nie werk nie.

"Ek het al gesien hoe passasiers in eersteklas se bed nie werk nie.

"Die SAL kan nie meeding nie omdat dit met hierdie outydse vliegtuie vlieg. Die brandstofpryse is enorm hoog weens dit en kaartjies is peperduur. Dit is amper die uitsondering as daar nie aankondiging is dat iets op 'n SAL-vliegtuig stukkend is nie.

"Daardie vloot was reeds verouderd toe ons in 2009 begin het, daar word steeds met dit gevlieg. Daar is baie ander moderne vliegtuie wat se brandstofonkoste baie goedkoper sal wees.

"Ons het destyds 'n strategie vir die SAL ontwikkel. Lande met kleiner BBP's soos Kenya en Ethiopië verstaan die belangrikheid van kapitalisering baie beter en hul lugdienste het nou ons markte gesteel," getuig Carolus.

29 Nov. 15:37:20

Dit is 'algemene kennis dat Gigaba vir lank 'n vertroueling van Zuma was'

Zondo: "Sou die direksielede se termyn die einde van daardie September verstryk het?"

Carolus: "Vir sommige van die aanvanklike direksielede. Ander sou agterbly. Baie wou egter waai. Hulle wou net aanbeweeg. Die uitvoerende hoof wou ook bedank toe ons bedank het. Sy kon egter nie eens twee weke na ons bly omdat hulle duidelik ook van hulle ontslae wou raak.

Zondo: "Hoekom kon hy dus nie net wag tot einde September tot die direksielede se termyn verval het nie?"

Carolus: "As daar nie 'n gesonde verhouding tussen die direksie en die aandeelhouer is, kon dit nie op 'n gesonde wyse geëindig het nie. Dit het vir langer as jaar geduur.

"Hy wou nie net ontslae van ons raak nie, maar wou ook ons name en reputasie deur die modder sleep. Ek dink hy wou hê ons moet net die Jet Airways- en New Age-kwessie afteken en dit is waarom hy ons so behandel wees.

"Hy het geen planne gehad om enige van die direksielede te behou nie. Net Dudu Myeni het later oorgebly.

"Ek dink dit is algemene kennis dat Gigana vir lank 'n vertroueling van oudpres. Jacob Zuma was.

"Hy het geweet ons kon net na diealgemene jaarvergadering gegaan het, maar hy wou ons reputasie skade berokken. As daar 'n gesonde verhouding was, sou direksielede kon aanbly maar niemand wou oorbly nie," getuig Carolus.

29 Nov. 15:29:50

Later het Gigaba net 'weird' geword, sê Carolus

Zondo: "Verstaan ek reg dat julle nie seker was hoekom Gigaba so opgetree het nie. Was dit om 'n direksie te verwyder wat nie saamgewerk het volgens sy mening nie?"

Carolus: "Ja, dit het so irrrasioneel en onverklaarbaar gelyk. Ons direksielede het reeds baie vroeg in daardie jaar gesê dat ons 'n vyandige aandeelhouer gehad het.

"Ek het dit nie geglo nie. Dit was so irrasioneel. Een van die dinge wat ek van hom gehou het as jong ANC-leier, was dat hy 'n baie intellektuele leier was. Maar sy optrede hier was net malligheid.

"Later het dit net "weird" geword.

"Ek moet sê soos dinge ontvou het en lank voor die kommissie begin sit het, het dit duidelik geword wat hom gedryf het. Van sy leefstyl ens.

"Ek het hom as nederig opgesom en hom as toekomstige ANC-leier gesien. Hy is nie dom nie. Ek is hartseer oor wat hy geword het. Dit is uidelik dat hy sentraal was in wandade in baie van die staatsondernemings soos met die SAL waar hy wou hê ons moes die winsgewende deel van ons ondernemings aan buitelanders gee," sê Carolus.

"Dit is teleurstellend vir 'n man wat so baie gehad het om te bereik," sê Carolus.

29 Nov. 15:24:39

Gigaba het die SAL, die land, as senior ANC-lid in gevaar gestel

Carolus: "As dit wat hy aan parlement gesê het waar is, sou ons die PFMA-wet geskend het. Dit was 'n ernstige oortreding. Ons het nie sy motiewe geweet nie, maar dit was vir die direksielede duidelik dat hy vyandig teenoor die lede is en hul reputasies skade wou berokken.

"Ek het hulle gesê dat ek die einde van die pad bereik het en dat ek sou bedank, dat ek nie iemand soos die Minister wat openlik lieg verder kon vertrou nie. Dit was 'n moeilike ding vir my om te doen want ek het regtig die Minister 'n regverdigde kans gegee.

"As protes het ek en sewe direksielede bedank. Om ons eie reputasies te beskerm maar ook om 'n duidelike boodskap te stuur dat ons nie sulke dinge sal duld nie."

Hofmeyr: "Wat was jul motivering? Waarom was dit belangrik om nie die SAL seer te maak as gevolg van jul bedanking nie?

Carolus: "Die SAL was in 'n vervalle toestand toe ons ingekom het. Ons het dit regtig opgebou tot 'n lopende saak. 'n Plek waar mense weer wou gewerk het. Ons verstaan dat ons bedanking skadelik kon wees. Dit veral omdat ons op die rand was om self lenings vir SAL in die mark te kry. Die gevolge sou erg gewees het.

"Ons bevind ons nou in 'n proses na staatskaping waar baie SOE's gebroke is dat niemand vir hulle geld wil leen nie, omdat dit te groot risiko sou wees.

"Ons het destyds geweet wat die gevolge sou wees van ons bedanking vir die SAL. Ons het die Minister genoeg tyd gegee. As ons nie die Donderdag bedank het nie, sou ons die wette verbreek het.

"Ons was bekommerd oor die finansiële en ekonomiese gevolge vir die SAL en die land.

"Ek dink die kaliber mense op daardie direksie, om vir Gigaba openlik tekritiseer sou erge gevolge gehad het.

"Ek het 'n pleidooi aan mede-direksielede gelewer om die kwessie in 'n verklaring uit te reik.

"Ons het gevoel dat hoewel ons op die rekord in ons woorde wou wees, was ons baie versigtig en net ek het 'n onderhoud aan een koerant daaroor gegee.

"Hy (Gigaba) het die SAL en die land in gevaar gestel as senior lid van die ANC."

29 Nov. 15:11:58

'Gigaba het ons verraai,' sê Carolus

Zondo: "Was daar ooit enige bespreking tussen jou en Mnr. Gigaba oor die finansiële verslae voordat hy die brief aan die speaker gestuur het?"

Carolus: "Toe die minister die uitlatings gemaak het, het hy al ons volledige en geouditeerde finansiële verslae ontvang. Daar was absoluut geen kommer van die ouditeurs nie en hy was bewus van dit.

"Ons het net gewag om verslae aan die algemene jaarvergadering voor te lê.

"Dit is baie ernstige bewering om 'n SOE te beskuldig dat dit die landswette geskend het. Dit word in 'n baie ernstige lig deur die parlement beskou. Om so bewering sonder die feite te maak, is net uiters onverantwoordelik.

"Minister Gigaba het egter geweet dat alles gereed gemaak word.

"Dit was net teruggehou omdat ons vir die waarborg-brief van hom af gewag het."

Zondo: "Het hy geweet dit was gereed, want dit is ernstige oortreding om iets vir die parlement te sê as jy weet dit is nie so nie."

Hofmeyr: "Hy het op 31 Augustus aan die minister van finansies geskryf dat hy die SAL se jaarverslae ontvang het. Gigaba se handtekening is op brief. Datum: 31 Augustus.

"Dit lui onder meer dat hy (Gigaba) saam met die SAL-direksie stem dat hulle hul jaarverslae dieselfde dag kon indien."

Zondo: "Wys die sin hy het geweet dat die jaarverslae gereed was?"

Hofmeyr: "Daar is nie 'n beter manier om dit aan te toon nie."

"Twee dae later het hy ook aan die parlement geskryf dat die jaarverslae nie afgehandel is nie?"

Carolus: "Dit is reg."

Hofmeyr: "Die dokumente van die nasionale tesourie wys die waarborg is op 26 September onderteken deur Gordhan."

Carolus: "Ek kan dit nie verduidelik nie."

"Op 27 September - met die artikel op die voorblad van Business Day - was ek moedeloos omdat ek die direksielede verseker het dat die minister op die slegste baie vyandig teenoor die direksie van sy eie maatskappy was.

"Met die voorbladberig het ek gevoel die Minister het my "geskaakmat" omdat dit sou beteken dat ek aan elke maatskappy in wie se direksie ek gedien het moes verduidelik dat ek direkteur van maatskappy is wat die wet gebreek het.

"Ek het die noodvergadering die Donderdag gehou en gesê dat ek nou op was van die Minister wat ons verraai het."

Meer oor:  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.