Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: 'Moenie kla oor koste van standbeeld' – Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagoggend ’n standbeeld van die struggle-ikoon Oliver Tambo buite die internasionale aankomssaal op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Kempton Park onthul.

  • Die Ekurhuleni-metroraad het Oktober tot amptelike O.R. Tambo-maand verklaar.
  • Die bronsstandbeeld is 9 m hoog en is presies 103 jaar ná Tambo se geboorte onthul.
  • Ramaphosa open later vanoggend ’n nuwe spoghotel-en-konferensiesentrum, 10 km van die lughawe af.
  • Die Radisson-hotel-en-konferensiesentrum is teen R950 miljoen gebou.

27 Okt. 11:03:27

Pres. Cyril Ramaphosa, Mzwandile Masina, burgemeester van die Ekurhuleni-metroraad, Dali Tambo, seun van O.R. Tambo, en sy vrou, Rachel Tambo, Fikile Mbalula, minister van vervoer, en Nathi Mthethwa, minister van sport en kultuur.    Foto: Verskaf/@PresidencyZA 

27 Okt. 10:55:20

Pres. Cyril Ramaphosa aan die woord.

Foto: Verskaf @PresidencyZA

27 Okt. 10:52:37

27 Okt. 10:52:14

27 Okt. 09:26:01

‘Moenie kla oor koste’

Volgens Ramaphosa sal die reusestandbeeld van O.R. Tambo by die O.R. Tambo-lughawe die middelpunt van ekonomiese ontwikkeling in die metro word.

“Soos besoekers hul eerste treë in Suid-Afrika neem, sal hulle hierdie manjifieke bronsbeeld in die sonlig sien blink. Die standbeeld is ’n kolos soos die man wat daardeur herdenk word.”

Ramaphosa het die standbeeld se belangrikheid om die land se erfenis vir die toekomstige geslagte te bewaar herbevestig.

“Ons wys vir die wêreld dat ons nie ons helde vergeet het nie.”

Ramaphosa het gesê sommige kritici sal oor die koste van die standbeeld kla.

“Die bedrag wat op die projek bestee is, is egter baie min in vergelyking met wat O.R. Tambo verteenwoordig en in vergelyking met wat vir die metro beplan word. Met hierdie standbeeld bou ons die Suid-Afrika van ons drome. Die ontwikkelings wat hieruit sal vloei, is baie opwindend. Ons bedank die provinsie en munisipaliteite vir die drome wat hulle vir Ekurhuleni koester en omdat O.R. Tambo die middelpunt daarvan is.

“Ons gaan werkgeleenthede hier skep en ons nasie ontwikkel. Soos ons met die stryd teen Covid-19 voortgaan, is ek ook bly dat julle nie opgehou het met die projekte waarmee julle hier besig is nie.”

27 Okt. 09:14:51

27 Okt. 09:10:15

27 Okt. 09:05:41

Geskiedkundige gebeurtenis

Volgens Ramaphosa is die onthulling van die bronsstandbeeld van Oliver Tambo op die internasionale lughawe in Kempton Park ’n geskiedkundige gebeurtenis.

“Elke jaar in Oktober bring ons hulde aan Oliver Reginald Tambo, een van die beste leiers en visioenêre wat ons land nog opgelewer het. Hy het sy lewe aan die mense van Suid-Afrika en die strewe na demokrasie gewy. Hy was in die donkerste en moeilikste oomblikke aan die voorpunt van die vryheidstryd en het drie dekades in ballingskap deurgebring en onvermoeid gewerk om internasionale steun vir die stryd teen apartheid te werf. Hy was vir die wêreld die stem van Suid-Afrika se vryheidsbeweging.” 

27 Okt. 09:03:49

Luidens die verklaring sal die Radisson-hotel-en-konferensiesentrum die land se toerisme-ekonomie ’n groot hupstoot gee. Die hotel het 248 kamers en open op 2 November vanjaar. Dit sal die eerste in die hotelgroep se vierde handelsmerk, die eksklusiewe Radisson, wees.“Dit is een van die sleutelprojekte en dryfveer vir Ekurhuleni se 30-jaar-Aerotropolis-meesterplan, wat daarop gemik is om die metropolitaanse gebied in ’n wêreldwye logistieke spilpunt te omskep met die O.R. Tambo-lughawe wat as die wegspringplek dien,” lui die verklaring.

27 Okt. 08:46:22

Luidens ’n verklaring van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het O.R. Tambo op die wêreldverhoog teen maatskaplike ongeregtigheid baklei. “Hy was ’n skerpsinnige storieverteller en het tussen 1968 en 1982 talle geskiedkundige toesprake voor die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gelewer, waar hy lidlande gevra het om met dringendheid op te tree teen die onregverdige realiteit waardeur die meerderheid Suid-Afrikaners onder apartheid in die gesig gestaar is,” lui die verklaring.

Foto: Arisa Janse van Rensburg

Meer oor:  Or Tambo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.