Die toekoms:
Die toekoms moet nou gebou word. Ons sal nie die huidige ekonomiese krisis oorkom en 'n inklusiewe toekoms kan bou as ons nie nou begin nie.
Ons het net een Suid-Afrika wat ons moet bou. Ons moet help deur ons belasting en elektrisiteit te betaal en daar moet vennootskappe op alle gebiede gevorm word.
Hy haal nou 'n stuk aan wat sê die taak wat voorlê, is enorm en dat dit uitroep vir die moed om te probeer, werk en te bereik.
Ons het 'n duidelike plan vir die pad wat voorlê.
Ons het 'n duidelike mandaat van ons mense ontvang.
Dit is nou tyd vir ons om saam te werk om dit in te stel.
Waar daar geen visie is nie, sal die mense vergaan. Ek wil nie hê mense moet vergaan nie. Laat ons dus 'n visie hê.