Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: ‘Ministers sal ooreenkoms teken om prestasie te verseker’ sê Cyril

  • Pres. Cyril Ramaphosa kry Woensdag geleentheid om te reageer op die debat wat Dinsdag in die parlement gevoer is oor sy onlangse staatsrede.
  • LP’s het Dinsdag sowat 7,5 uur geleentheid gehad om ‘n debat te voer oor die staatsrede wat verlede week gelewer is.
  • Talle LP’s het Ramaphosa gekritiseer omdat sy staatsrede “vol drome, maar sonder tasbare planne” was. Verskeie ANC-LP’s, onder andere Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Ramaphosa se reg verdedig om te droom.
  • EFF-LP’s het tydens die debat uitgestap toe Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die podium betree het om sy toespraak te lewer.
26 Jun. 14:43:49

Gesondheid: 

Ons wil deur die nasionale gesondheidsversekering (NGV) universele gesondheidsdekking daarstel. Ek vlieg vanaand na Osake, Japan, waar universele gesondheidsdekking hoog op die agenda sal wees. Suid-Afrika kan nie agter raak nie. Daarom gaan dit in Suid-Afrika gebeur.

26 Jun. 14:42:46

Pres. Cyril Ramaphosa lewer Woensdag repliek op die debat wat LP's oor sy staatsrede gevoer het. Foto: Jaco Marais

26 Jun. 14:42:10

Onderwys: 

Ons moet ook mense oplei met vaardighede vir die veranderende ekonomie. Ons moet dit doen soos ons voortgaan met inklusiewe groei.

Onderwys, vaardighede en gesondheid is dus van ons fokuspunte. Ons wil ook hê TVET-kolleges se opleiding moet gerig wees op die ekonomie van môre.

Dit is ook waarom ons die departement van hoër onderwys en opleiding saamgevoeg het met die departement van wetenskap en tegnologie. So moet ons land in die tegnologiese era ingeneem word. Dit is waarom ons ook programmering en kodering in ons skole as vakke wil instel.

Ek wil net aan Maimane sê elektroniese tablette is die ding wat ons vir ons skole moet gee omdat ons ons kinders vir die Vierde nywerheidsrevolusie wil voorberei.

26 Jun. 14:39:18

Infrastruktuur: 

Vakbonde en die gemeenskap sal ook sentraal in ons infrastruktuur-bouprogram wees sodat ons ekonomie voordele kan geniet.

Ons bou nou nuwe pendeltreine in Ekurhuleni wat tegniese werke vir die jeug en vroue verskaf. Ons sal gou nuwe treine aan die res van Afrika verkoop.

Dit dra by tot werkskepping en dit stimuleer die plaaslike ekonomie. Daar is nou 26 padbouprojekte van R13 miljard in landelike gebiede en townships oor die volgende drie jaar en sal ook 20 000 nuwe werke skep.

26 Jun. 14:36:58

Grondhervorming: 

Ramaphosa: 'n Groot deel van ons pogings om te groei, is ons versnelde pogings vir grondhervorming.

Ons wil deur die nuwe departement ons landelike gebiede omvattend ontwikel deur toegang tot grond makliker te maak. Ons is vasberade dat grond aan diegene herversprei word wat dit bewerk en dit benodig.

Ons verslag oor grondhervorming sal binnekort uitgereik word. Een van die belangrikste take van die nuwe parlement is om die grondwethersieningsproses af te handel oor hoe ons grondhervorming sal aanpak. Die parlement sal ook moet bepaal hoe onteiening van grond plaasvind. Dit is belangrik om grondhervorming op 'n pro-aktiewe wyse te hanteer pleks van om 'n benadering van wag en sien in te neem.

Dit is egter net een van die instrumente tot ons beskikking om grond- en landbouhervorming te bewerkstellig. Ons wil alle regte sigbaar en afdwingbaar maak.

Op dieselfde tyd hou ons ook aan om gepaste openbare grond te identifiseer vir nedersettings en landbou. Malema is reg om te sê dat ons nooit die maatskaplike euwels in ons land sal oplos sonder grondhervorming nie.

Ons moet saamwerk deur gesamentlike finansieringsooreenkomste.

26 Jun. 14:34:23

Pres. Cyril Ramaphosa lewer Woensdag repliek op die debat oor sy staatsrede. LP's het Dinsdag die kans gehad om debat te voer oor sy staatsrede van verlede week. Foto: Jaco Marais

26 Jun. 14:33:24

Staatskaping en staatsentiteite: 

Ons sal korrupsie en staatskaping veral by staatsentiteite doeltreffender moet vasvat. Ons help staatsentiteite soos Denel om hul sake in orde te kry. Ons het gebroke staatsenteite geërf, maar ons is besig om hulle te herstel sodat hulle hul mandate kan uitvoer.

Staatsentiteite het 'n kritieke rol om ekonomiese groei en transformasie te bewerkstellig.

Ons het ooreengekom om deur die presidensiële SOE-raad te werk om hulle te herstel.

Ons lewer daagliks as regering verskeie basiese dienste vir Suid-Afrikaners. Net verlede jaar het die poskantoor die uitbetaling van maatskaplike toelae oorgeneem. Verlede maand het 7,8 miljoen mense, of sowat 70% van begunstigdes hul toelae deur die poskantoor ontvang. Die poskantoor het voor dit net 31 000 toelaes uitbetaal. Die poskantoor behoort aan die staat en ons het dit reggeruk om nou sulke massiewe projekte te hanteer.

Die onderskeie uitvoerende hoofde van staatsentiteite doen uitstekende werk.

26 Jun. 14:30:00

Kragverskaffing en Eskom: 

Ramaphosa: Soos ons in die staatsrede gesê het, is die stabiele verskaffing van elektrisiteit fundamenteel vir ons herstel.

Ons sien al reeds groot verbeteringe by Eskom. Daar is 'n gedetailleerde padkaart vir Eskom na die toekoms. Ons sal pyn ervaaar soos ons aangaan.

26 Jun. 14:28:46

Werkskepping: 

Ramaphosa: Sedert die werksberaad in 2018 is daar hard gewerk om die 77 maatreëls in die raamwerkooreenkoms te implementeer. Baie het reeds tot resultate gelei. Sowat 6 000 nuwe werke is reeds geskep. Jong mense word nou in verskillende sektore opgelei.

26 Jun. 14:27:59

Klein sakeondernemings: 

Ramaphosa: Ons het ook inkubasiesentrums om klein ondernemings in ons townships en landelike gebiede te begin. Dit sal geleenthede skep vir klein ondernemings om nuwe markte te betree. Dat monopolieë plek moet maak vir die kleiner spelers in die mark.

Dit is waarom ons ook met gemengde finansiering vir klein- en mediumondernemings begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.