Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Niehaus in hegtenis geneem

Oudpres. Jacob Zuma bring sy eerste dag agter tralies deur, nadat hy Woensdagaand laat deur die polisie by sy Nkandla-woning in hegtenis geneem is.

LEES OOK HIER OOR GISTER SE DRAMATIESE GEBEURE: Zuma gee homself oor; agter tralies

Die konstitusionele hof het hom verlede week tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof.

VROEËR: Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het op 'n nuuskonferensie buite die Estcourt-gevangenis, dit duidelik gemaak dat Zuma soos enige ander oortreder behandel sal word. 

Netwerk24 het 'n verslagspan in Nkandla en Estcourt in KwaZulu-Natal wat berig oor die jongste verwikkelinge rakende Zuma.

    Volg die jongste gebeure soos berig deur Dennis Delport (joernalis) en die fotograwe Lulama Zenzile en Mlungisi Louw hier:

    08 Jul. 20:29:28

    08 Jul. 18:59:09

    08 Jul. 17:18:05

    08 Jul. 17:06:11

    08 Jul. 16:53:29

    Carl Niehaus praat Woensdagaand met die media by Nkandla. 

    08 Jul. 16:43:52

    Niehaus in hegtenis geneem - Dennis Delport

    Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe-militêre-veterane-vereniging (MKMVA), is Donderdagmiddag buite die Estcourt-tronk deur die polisie in hegtenis geneem.

    eNCA berig dat Niehaus deur die polisie in hegtenis geneem is omdat hy die inperkingsregulasies verontagsaam het.

    Niehaus, wat Woensdag deur die ANC geskors is, het Donderdag ‘n groep betogers buite die tronk gelei.

    Oudpres. Jacob Zuma word by dié tronk aangehou.

    Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het verlede naweek gesê organiseerders van samekomste sal in hegtenis geneem word. Geen samekomste word op die vlak 4-inperking toegelaat nie.

    Niehaus het vroeër in ‘n onderhoud met eNCA volgehou dat daar niks fout is met die betoging buite die tronk nie.

    08 Jul. 16:30:34

    Korrektiewe Dienste lê klag ná Zuma-foto's gesteel is

    Die departement van korrektiewe dienste het 'n strafregtelike saak aanhangig gemaak nadat 'n kamera, wat foto's van oudpres. Jacob Zuma in die tronk bevat, gesteel is.

    Die departement sê in 'n verklaring die kamera behoort aan 'n amptenaar wat opdrag gegee is om dié foto's vir liassering te neem.

    "Ons is gewalg deur die verspreiding van die beelde op sosiale media, en ons versoek mense om dit nie te deel nie," lui die verklaring.

    Die departement het gesê hy sal alles in sy vermoë doen om diegene wat dit versprei aan die pen te laat ry.

    08 Jul. 14:27:19

    08 Jul. 13:10:46

    Dit is die einde van die nuuskonferensie.

    Meer oor:  Demokrasie  |  Zuma-Vonnis  |  Partypolitiek  |  Politiek  |  Zuma-Saak  |  Korrupsie  |  Koalisie  |  Sa
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.