Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Maimane, Trollip bedank as DA-leiers

Mmusi Maimane en Athol Trollip het Woensdag as onderskeidelik DA-leier en DA-voorsitter bedank nadat die DA se federale uitvoerende raad in Johannesburg vergader het. 

  • Helen Zille, voorsitter van die federale raad het die bedankings as 'n skok bestempel.
  • Maimane sal tot die einde van die jaar as die DA se parlementêre leier aanbly.
  • Maimane en Trollip se bedankings volg op die verslag van die beleidshersieningskomitee wat ondersoek gedoen het na die party se afname in steun in die nasionale en tussenverkiesings.
  • Die verslag, saamgestel deur Tony Leon, ’n voormalige DA-leier, die strateeg Ryan Coetzee en die voormalige bankbaas Michiel le Roux het voorgestel Maimane moet die tuig neerlê.
  • Die verslag het ook aanbeveel James Selfe moet as voorsitter van die federale raad bedank, en so ook Paul Boughey, uitvoerende hoof van die party.
  • Selfe, wat die pos vir 19 jaar lank beklee het, en Boughey het gevolglik bedank en Zille is verlede Sondag tot nuwe voorsitter van die federale raad verkies.
  • Die verslag het bevind daar is “beduidende interne verdeling oor ras” onder partylede.
23 Okt. 18:23:45

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking. 

23 Okt. 18:04:08

Helen Zille, voorsitte van die DA se federale raad, spreek die media toe. Foto: Simon Sonnekus

23 Okt. 17:59:51

Zille: Mmusi, Athol en ek het almal 'n bydrae gelewer. Ek weet tot die dag van ons dood sal ons werk aan een Suid-Afrika vir almal. Ons bedank Mmusi en Athol vir hul samewerking. Dankie. 

23 Okt. 17:58:57

Zille: Mense sal wil weet wat nou gaan gebeur. As ons leier bedank, sal die federale voorsitter oorneem as partyleier. Hy (Trollip) het nou ook bedank. Ons sal regsadvies inwin om te bepaal hoe ons 'n nuwe leier sal aanstel. Ons sal Donderdag daaroor praat. 

23 Okt. 17:57:45

Zille: Ek en Athol het jare lank saamgewerk aan demokrasie. Mmusi is nog jonk en het nog 'n lang loopbaan voor hom. Ek hoop ons vriendskap en debatte sal bly voortduur. 

23 Okt. 17:56:08

Mmusi Maimane en Helen Zille. 

23 Okt. 17:55:45

Zille: Ons het 'n uitdagende pad vorentoe. Almal weet die geskiedenis van my ondersteuning aan Mmusi. Ons het met tye ons verskille gehad, maar dis nie ongewoon nie. Dit het nooit my respek vir hom geraak nie. 

23 Okt. 17:54:44

Zille: Mmusi en Athol het nadat ons versoeke gemaak het, met hul families gaan praat. Dit is met groot hartseer dat die federale uitvoerende raad hul besluit aanvaar het. 

23 Okt. 17:53:19

Zille: Wat vandag gebeur het was 'n skok vir lede van die federale raad. Ons sou wou hê dat Maimane en Trollip sou bly ten minste tot die volgende kongres. 

23 Okt. 17:51:17

Helen Zille is nou aan die woord. 

Meer oor:  Bruma  |  Johannesburg  |  Da  |  Mmusi Maimane  |  Helen Zille
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.