Zuma wil 'absoluut niks' byvoeg nie
Zondo: Wanneer alles klaar is, sal ek sekere bevindinge moet maak uit die getuienis wat ek aangehoor het.
Maseko het na die kommissie gekom en gesê hy was hoof van die GCIS en dat hy sy pligte goed nagekom het. Nie een van sy seniors het probleme met hom gehad nie. Hy sê oudminister Chabane het gesê Maseko was 'n goeie amptenaar.
Hy sê hy het nooit gevra om oorgeplaas te word nie. Die enigste rede hoekom hy sê hy verwyder is, is die rede wat Chabane aan hom verduidelik het, dat Zuma aan Chabane gesê het teen die tyd dat Zuma terugkom in die land, moet Maseko nie meer by GCIS wees nie omdat hy nie met die Guptas wou saamwerk nie. Wil jy enigiets bylas, vra Zondo.
Zuma antwoord daar is absoluut niks wat hy wil byvoeg nie. Absoluut niks nie.
Zuma: Want DG's handel met ministers, nie met presidente nie. Ministers, as hulle enige oorweging het, kom praat hulle met die president. Dit begin nooit by die president nie.