Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zondo kommissie verdaag omdat Zuma nie verder vrae wil beantwoord

  • Oudpres. Jacob Zuma het geweier om Woensdagmiddag verder te getuig en het aangevoer hy word kruisondervra. Al sê hy daar is kwessies wat hy nie kan onthou nie, sal die kommissie dit teen hom gebruik, het Zuma gesê
  • Zuma het voor dit getuig daar is kaderontplooiing in die staatsdiens en semistaatsinstellings - dit is nie verkeerd nie.
  • 'n Mens gaan nie jou opposisie aanstel nadat jy 'n verkiesing gewen het nie, want dan gaan jy nie die volgende verkiesing wen nie, het Zuma gesê.
  • Adjunkhoofregter Raymond Zondo lei die ondersoek na die grootskaalse staatskaping in die land, asook Zuma se moontlike betrokkenheid by die mag wat die Guptas gebruik het om hulself te verryk.
17 Jul. 15:44:29

Zondo verdaag tot Vrydag sodat regspanne Zuma se klagtes kan hanteer

Zondo herhaal dat hy gister gesê het hy glo dat alle kante het probeer om oplossings te kry vir hul kwessies met die kommissie.

Zuma se regspan het aangedui hulle sal net oor ernstige sake kapsies maak in Pretorius se ondervraging.

Gister het ek aangedui die regspan van Zuma wil nie hê meneer Pretorius moet oor sy skouer kyk nie wanneer hy vrae vra nie. Daar was nou 'n kwessie, dit is bespreek, en 'n besluit is geneem dat daar tyd gegun word om kwessies te bekyk, en te sien of gemeenskaplike gronde gevind kan word.

Zondo: Ons sal dus Vrydag sit. Ek glo dat 'n verstandhouding bereik gaan word. Ons sal moet wag tot Vrydag. Môre sal albei kante met mekaar in verbinding wees om te sien hoe die voormalige president geakkommodeer kan word.

Tensy daar iets is wat bygelas moet word, verdaag ons tot Vrydag 10:00.


17 Jul. 15:39:32

Zondo sê albei kante het 'n voorstel gemaak waartoe ons ingestem het. Die kommissie moet sover moontlik pogings aanwend om almal te akkommodeer.

Waaroor daar ooreengestem is, is dat die kommissie se regspan sowel as die voormalige president se regspan 'n kans moet kry om na die besware te kyk en te sien of 'n manier gevind kan kry dat Zuma geakkommodeer word sonder dat die kommissie se regspan sy plig versaak.

17 Jul. 15:37:29

Zondo sê hulle het langer vergader as wat hy verwag het, omdat Zuma se regspan sekere vrae het.

Volgens Zondo het hy met die regspanne vir die kommissie en Zuma gesels.

17 Jul. 15:36:00

Die sitting begin weer.

17 Jul. 15:33:35

Zuma self is ook terug en neem sy plek in.

17 Jul. 15:33:02

Zuma se regspan kom die vertrek binne.

17 Jul. 15:28:33

Adv. Veruschka September, 'n ondervraer van die kommissie, wat tot nou in die saal teenwoordig was, vat haar handsak en loop uit.

17 Jul. 15:26:54

Adv. Muzi Sikhakhane, Zuma se regsverteenwoordiger, kom saam met adv. Paul Pretorius by die saal ingestap vanaf die rigting van Zondo se kantoor. Hulle loop deur die saal waar die kommissie plaasvind en loop uit. Hulle lyk nie baie ingenome nie.

17 Jul. 15:09:44

Hoewel adjunk-hoofregter Raymond Zondo die sitting tot 15:00 verdaag het sodat Zuma sy regspan kan konsulteer oor sy voortgesette deelname, is daar teen 15:08 nog geen teken van hom, sy regspan, of Zondo nie.

17 Jul. 14:59:08

Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Regering  |  Politiek  |  Zondo  |  Jacob Zuma  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.