Zondo verdaag tot Vrydag sodat regspanne Zuma se klagtes kan hanteer
Zondo herhaal dat hy gister gesê het hy glo dat alle kante het probeer om oplossings te kry vir hul kwessies met die kommissie.
Zuma se regspan het aangedui hulle sal net oor ernstige sake kapsies maak in Pretorius se ondervraging.
Gister het ek aangedui die regspan van Zuma wil nie hê meneer Pretorius moet oor sy skouer kyk nie wanneer hy vrae vra nie. Daar was nou 'n kwessie, dit is bespreek, en 'n besluit is geneem dat daar tyd gegun word om kwessies te bekyk, en te sien of gemeenskaplike gronde gevind kan word.
Zondo: Ons sal dus Vrydag sit. Ek glo dat 'n verstandhouding bereik gaan word. Ons sal moet wag tot Vrydag. Môre sal albei kante met mekaar in verbinding wees om te sien hoe die voormalige president geakkommodeer kan word.
Tensy daar iets is wat bygelas moet word, verdaag ons tot Vrydag 10:00.