Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zondo kommissie verdaag omdat Zuma nie verder vrae wil beantwoord

  • Oudpres. Jacob Zuma het geweier om Woensdagmiddag verder te getuig en het aangevoer hy word kruisondervra. Al sê hy daar is kwessies wat hy nie kan onthou nie, sal die kommissie dit teen hom gebruik, het Zuma gesê
  • Zuma het voor dit getuig daar is kaderontplooiing in die staatsdiens en semistaatsinstellings - dit is nie verkeerd nie.
  • 'n Mens gaan nie jou opposisie aanstel nadat jy 'n verkiesing gewen het nie, want dan gaan jy nie die volgende verkiesing wen nie, het Zuma gesê.
  • Adjunkhoofregter Raymond Zondo lei die ondersoek na die grootskaalse staatskaping in die land, asook Zuma se moontlike betrokkenheid by die mag wat die Guptas gebruik het om hulself te verryk.
17 Jul. 14:58:27

Foto: Felix Dlangamandla

17 Jul. 14:57:37

Foto: Felix Dlangamandla

17 Jul. 14:41:09

Die verrigtinge verdaag vir 'n halfuur sodat Zuma en sy regspan kan vergader oor of hy verder gaan getuig.

17 Jul. 14:32:24

Zuma se regsverteenwoordiger wil nie hê hy moet verder praat

Adv. Muzi Sikhakhane, Zuma se regsverteenwoordiger, is aan die woord: Ek wil nou 'n pouse vra.

Ek dink my kliënt is hiernatoe gebring met voorbedagte rade.

Ek wil met hom praat en hoor of hy bereid is om gekruisondervra te word. Dit is nou duidelik aan my dat hy gekruisonderva word. Ek kort 'n verdaging om hom te konsulteer.

17 Jul. 14:31:52

Zuma kla oor die antwoorde wat hy moet gee

Zondo: Laat ek verduidelik. Sy maak 'n aantyging dat jy ingemeng het met die aanstelling. Jy sê jy het nooit ingemeng nie en dat dit nie waar is dat ek 'n sê gehad het oor die kandidate nie. In dieselfde asem, sal sy dalk teruggeroep moet word. Aan die einde moet ek bepaal of die vergadering plaasgevind het, en is dit waar wat jy sê. Ek kan nie net daarna kyk nie, want ek moet na 'n verskeidenheid faktore kyk en dit is waar dit relevant is.

Zuma: My probleem is, as sy beweer ek het iets gedoen, en ek het nie. Hierdie sake word oor beslis in die kabinet. Almal het 'n reg oor 'n beskouing in die kabinet. As die kommissie na daardie soort ding soek, as ek paragraaf na paragraaf moet hanteer.

Zondo: Miskien is die paragraaf-na-paragraaf-benadering ietwat oortollig. Miskien moet hy na 'n paar paragrawe kyk en dit opsom. As dit reg is met jou, wil ek hê Pretorius moet dit eerder so benader, en dan kyk ons hoe gaan dit.

Zuma: Ek hoor jou. Ek word baie deeglik gekruisondervra oor die besonderhede. Ek weet nie wat die uitkoms daarvan sal wees nie. As ons na daardie spesifieke aantyging kyk - wat in die konferensie van die ANC gebeur het oor faksies, druk sy haar eie beskouing uit.

Dit is sake wat die algemene ANC-lid beswaar oor sal hê. As ek deur dit gaan en die kommissie aanvaar nie my antwoord nie, watter antwoord kan ek dan gee?

Zondo: Daar gaan 'n tyd kom wanneer die kommissie na al die getuienis moet kyk, en bepaal wat die waarheid is. Net omdat jy sê wat sy gesê het is nie waar nie, kan nie die einde van die saak wees nie. Die kommissie moet soveel kante moontlik van die kwessie belig voordat 'n bevinding gemaak word.

Zuma: Ek kan nie hierdie besonderhede onthou nie, want dit het nie gebeur nie. As ek deur alles gaan, gaan jy dit in elk geval in berekening bring. Dit is hoekom ek bekommerd is.

Pretorius: As Hogan vir Zuma in haar getuienis betrek, het ons 'n plig om dit te stel, en ons het 'n plig om dit te doen. As Zuma nie kan onthou nie, is dit die einde daarvan. Maar as Zuma bevestig hy het die verslag ontvang en gelees, kan sy inhoud relevant wees. Dit moet so gestel word, dat Zuma 'n kans kry om kommentaar te lewer.

Pretorius: Ek verstaan egter die klagte oor besonderhede. Daarom sal ek Hogan se getuienis breedweg opsom.

Zondo: Hou Zuma se besware in gedagte, meneer Pretorius. As ons voortgaan en jy is steeds nie gelukkig nie, noem dit gerus weer.

17 Jul. 14:25:13

Zuma in 'n tirade oor sy ondervraging

Zondo: Ek dink dis regverdig om te sê, as president, is daar sekere dinge waarvan jy nie sal weet nie. 

Daar is egter dinge wat verwag kan word jy sal weet.

Ek dink Pretorius moet meer dink oor wat belangrik is, voordat hy sy vrae stel. In die lig van die beweringe dat Hogan gemaak het, dat jy ingemeng het by die prosesse met die aanstelling van die uitvoerende hoof van Transnet, is dit belangrik dat die kommissie verstaan.

Jy is deur daardie verslag, waar daar aan jou vrae gestel word. Dit is belangrik, want wanneer 'n besluit geneem moet word oor of wat sy sê waar is, of nie, kort ons die volledige prentjie. Maar voel egter vry om te sê jy het nie met daai spesifieke besonderhede te doen gehad nie.

Zuma: Ek hoor jou, voorsitter, maar ek het steeds 'n probleem. Die bewering van die minister dat ek ingemeng het, weet ek nie wat dit beteken nie. As byvoorbeeld daar 'n amptenaar aangestel word, word die president wel gekonsulteer.

Ek verstaan nie wat bedoel word met ek het ingemeng nie.

Zondo: Ons is nou by daardie punt, waar sy sê sy het 'n vergadering met jou gehad oor die aanstelling van die uitvoerende hoof van Transnet. Daar het sy aan jou vertel die raad het 'n spesifieke kandidaat voorgestel. Sy sê sy was geskok om te hoor jy sê, jy het net een keuse, en dit is Gama. As dit waar is wat sy sê, kan dit op inmenging neerkom. Jy sê 'n president sal sulke kwessies hanteer, maar die president sal egter nie sê sy beskouing is die beslissende faktor nie. As jy antwoord, gee jy my 'n ander weergawe.

Wat daardie verslag betref, hy het daardeur gewerk, want hy handel nog met daardie kwessie. Dit is een van die aantygings wat sy maak, wat behoorlik hanteer moet word.

Zuma: Die bewering is dat die president ingemeng het. Ek het gereageer, ek het nooit ingemeng nie. Selfs al het ek met haar gepraat, het ek nie daai saak so bespreek nie. Ek het reeds die vraag beantwoord, dat ek nooit so iets gesê het nie. As ek egter deur die besonderhede gaan het ek 'n probleem, want ek het klaar die aantygings ontken.

17 Jul. 14:12:26

Zuma sê hy is nie 'n sekretaresse

Die sitting duur voort met adv. Paul Pretorius SC wat wil begin praat.

Adv. Paul Pretorius SC, getuienisleier, is aan die woord.

Zuma onderbreek die verrigtinge. Hy sê hy het 'n probleem, want hy "word gedwing om deur die besonderhede van die amptenare te gaan.

"Ek is nie sekretaresse wat notule's neem nie. Ek het nie met die besonderhede gewerk nie. Dit sal die kommissie sy eie gevolgtrekkings laat maak. As jy hierdie dokument neem, sal die direkteur-generaal of die sekretaresse weet wat die besonderhede is. Ek weet nie wat die doel is dat ek die besonderhede moet verskaf nie."

17 Jul. 13:00:39

Die sitting verdaag vir middagete.

17 Jul. 12:59:38

Pretorius wil nog een vraag vra wat met die memorandum verband hou. Daar word verwys na 'n protokol wat die beginsels van bestuur vir openbare ondernemings uiteensit.

Zuma sê hy kan nie die besonderhede oor die protokol onthou nie. Dit lui onder meer dat dit belangrik is dat die raad bestaan uit lede wat onder meer vaardig en betroubaar is.

Pretorius: In verband met die aanstelling van raadslede van staatsbeheerde maatskappy, het jy gesê dit was normaal dat die minister met die president sal ontmoet om kandidate te bespreek.

Zuma bevestig dit en sê dit is ook op departemente van toepassing.

17 Jul. 12:53:45

Zondo: Sou daar rekords van korrespondensie in die presidensie wees?

Zuma: In dié proses skryf ons nie noodwendig aan die ministers nie. Jy vra gewoonlik die ministers om duidelikheid te gee op 'n vergadering. Tensy die kwessie ernstiger is. Dan sal dit gewoonlik in die kabinet bespreek word.

Meer oor:  Regering  |  Politiek  |  Zondo  |  Jacob Zuma  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.