Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zondo kommissie verdaag omdat Zuma nie verder vrae wil beantwoord

  • Oudpres. Jacob Zuma het geweier om Woensdagmiddag verder te getuig en het aangevoer hy word kruisondervra. Al sê hy daar is kwessies wat hy nie kan onthou nie, sal die kommissie dit teen hom gebruik, het Zuma gesê
  • Zuma het voor dit getuig daar is kaderontplooiing in die staatsdiens en semistaatsinstellings - dit is nie verkeerd nie.
  • 'n Mens gaan nie jou opposisie aanstel nadat jy 'n verkiesing gewen het nie, want dan gaan jy nie die volgende verkiesing wen nie, het Zuma gesê.
  • Adjunkhoofregter Raymond Zondo lei die ondersoek na die grootskaalse staatskaping in die land, asook Zuma se moontlike betrokkenheid by die mag wat die Guptas gebruik het om hulself te verryk.
17 Jul. 12:51:51

Daar was so baie memorandums, Zuma kan nie mooi onthou

Die raad sal sy plig versuim as die ondersoek na Gama nie voltooi word nie, is een van die bevindinge van die verslag, lees Pretorius voor.

Dit lees verder: Gama was in geen stadium as die tweede voorkeurkandidaat gelys nie, dat die drie voorkeurkandidate die raad se goedkeuring weggedra het, dat die aanstelling so gou as moontlik gemaak word en dat belangegroepe die nuwe uitvoerende hoof moet kan vertrou.

Verder word daar aanbeveel dat die president kennis neem van hierdie verslag en goedkeur dat Sipho Maseko as die uitvoerende hoof aangestel word.

Zuma sê hy dink hy het op die voorstel gereageer.

Zondo onderbreek hom. Aan die einde sien ek dat Hogan jou gevra het om die inhoud van die verslag te lees, en dat jy die aanstelling goedkeur. Vroeër het jy gesê ministers kom na die president om sekere sake te bespreek?

Zuma bevestig dit.

Op 'n vraag van Zondo of hy die spesifieke memorandum onthou, sê hy laggend, ai daar was baie memorandums. Hy kan nie onthou nie

17 Jul. 12:44:03

Pretorius: Om 'n geskikte kandidaat te kry vir sy uitvoerende hoof, in ag genome sy impak op die ekonomie, is 'n moontlike risiko.

Zuma sê hy stem saam met hierdie stelling.

17 Jul. 12:40:26

Gama was nie eers op kortlys vir kandidate om Transnet-hoof te word nie

Pretorius: In die verslag word Gama as kandidaat gelys sowel as ander. Gordhan word deur die raad as die die beste kandidaat voorgestel. Die verslag lui verder dat die raad meen dat Gama nie geskik is vir die pos van uitvoerende hoof van Transnet nie. Hy skiet in verskeie opsigte tekort - een is dat hy groter kognitiewe vermoê benodig om die werk te kan verrig.

Die raad het ook die kortlys bekend gemaak. Luidens die verslag word drie kandidate gelys, waarvan Gama nie een is nie.

Was jy bewus van hierdie voorstel? Zuma sê ja, hy was.

17 Jul. 12:34:25

Pretorius verwys na die verslag wat Hogan aan Zuma gestuur het. Dit lui dat daar altesaam drie kandidate oorweeg word vir die pos van Transnet se uitvoerende hoof - die verkrygingsproses is van stapel gestuur in'n tyd dat baie van die senior personeel ondersoek is.

Pretorius: In enige staatsonderneming is dit belangrik dat daar stabiliteit is, en 'n gesloer in die proses om 'n uitvoerende hoof aan te stel sou onwenslik wees. Stem jy saam?

Zuma bevestig dit.

17 Jul. 12:29:49

Foto: Felix Dlangamandla

17 Jul. 12:25:03

Pretorius verduidelik verder Hogan het getuig dat sy 'n verslag aan Zuma gestuur met aanhangsels wat onder meer die keuringsproses beskryf asook besonderhede oor die tender-onreëlmatighede. Zuma het egter nie gereageer nie.

Zuma bevestig hy het die verslag gekry en dit gelees.

17 Jul. 12:22:16

Zuma word nie aangekla nie, hy moet net help met antwoorde, sê Pretorius

Pretorius: Aan die begin van hierdie kommissie is dit duidelik gestel die taak van die kommissie is om vas te stel wat gebeur het, en hoe dit gebeur het.

Ook om aanbevelings te maak om te sorg dat dit nie weer gebeur nie.

Die aanstellings van persone by staatsonderneming hou verband met die kommissie se volle mandaat. Ek glo die president sal ons help hiermee, en ek glo hy sal bereid wees om dit te doen. Hy word nie aangekla hier nie.

17 Jul. 12:20:31

Zuma sê hoe hy proses interpreteer het

Zuma: Die raad weet dat hul voorstel deur die kabinet goedgekeur kan word, of afgekeur kan word. Die ministers sal in die kabinet oor die saak debatteer.

Zondo: Kan jy onthou in so 'n proses, wanneer 'n minister na die kabinet kom, of hulle inligting sal gee oor kandidate wat nie suksesvol was in die aansoek nie. Of sal hulle slegs met hulle voorgestelde kandidaat kom.

Zuma sê in die bespreking kan die minister gevra word watter ander kandidate oorweeg is.

Adv. Muzi Sikhakhane spreek nou Zondo toe. "Dit is sleg. Hierdie is nie deel van die prosesse nie. Ek dink nie dis regverdig om die voormalige staatshoof te vra oor die proses om mense aan te stel nie. Ek dink nie dis regverdig nie.

Zondo: Partykeer het jy verskillende beskouings oor die proses wat gevolg is. Die vraag is gevra om te bepaal hoe hy die proses verstaan. Wanneer daar beweer word dat hy gesê het hy het net een keuse gehad vir n kandidaat, moet daar bepaal word of hoe hy (Zuma) die proses verstaan, afwyk van die proses wat deur die wet voorgeskryf word.

17 Jul. 12:13:48

Zuma sê hy sou nóóit persoonlik betrokke raak by aanstellings nie

Zondo: Wanneer mens Hogan se verklaring lees, kry jy die indruk, dat met betrekking tot die aanstellings, wil sy eers die president daaroor spreek voordat sy dit met die kabinet bespreek. As sy na jou gekom het met die name, miskien was die idee of jy enige probleem het met name. Is dit iets wat sou gebeur?

Zuma: Nee, maar die ministers het wel met die president kwessies bespreek. Wat ek sê, die president kan nie die minister verhoed om 'n besluit te neem nie.

Pretorius: Hogan gaan voort deur te sê die probleem was dat Zuma en elemente in die ANC en die drie-party-alliansie, insluitend Gwede Mantashe, baie uitgesproke was daaroor dat Gama die pos moet kry ten spyte dat die raad gevoel het Gama was nie 'n geskikte kandidaat nie.

Zuma sê hy weet nie daarvan nie. Volgens hom word sulke sake nie deur die ANC-alliansie bespreek nie.

Zuma: Daar word ook met die unies geraadpleeg. As sy sê mense was uitgesproke, het sy seker met baie mense gepraat. Zuma sê hy kan nie wat Hogan sê erken, of ontken nie.

Zuma word gevra wat sy mening oor Gama se aanstelling was. "Ek dink ek het na die proses gekyk, dat ek my sal berus by die besluit wat aan die einde geneem word," getuig Zuma.

17 Jul. 12:00:49

Zuma sê hy sou nooit sê dat Gama sy 'enigste keuse' is as Transnet-hoof

Pretorius: Dit lyk of 'n memorandum aan die minister voorgelê is, waarin 'n hoogs ervare swart kandidaat, Sipho Maseko aanbeveel word.

Pretorius sê Hogan het aangevoer 'n maand nadat sy aangestel is as minister van openbare werke het sy met Zuma ontmoet en oor die stand van sake ingelig. Sy het hom meegedeel van die vakante poste waarin mense dringend aangstel moet word.

Zuma sê hy onthou die voorval.

Pretorius: Hogan sê toe die volgende, dat Zuma aangedring het dat Gama aangestel word omdat dit sy enigste kandidaat is wat hy self verkies het. Hogan het aan Zuma verduidelik dat sy nie die raad se besluit kan omkeer nie.

Zuma ontken dat hy dit gesê het: Hoe kan ek dit sê. Ek kan nie onthou dat ek daarop aangedring het nie. Ek kon nie hierdie gesê het nie, want dit beteken dat ek die proses sou ondermyn. Die finale besluit moet 'n produk wees van die proses. Ek sou nie dit sê nie, want dit werk nie so nie.

Meer oor:  Regering  |  Politiek  |  Zondo  |  Jacob Zuma  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.