Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zondo kommissie verdaag omdat Zuma nie verder vrae wil beantwoord

  • Oudpres. Jacob Zuma het geweier om Woensdagmiddag verder te getuig en het aangevoer hy word kruisondervra. Al sê hy daar is kwessies wat hy nie kan onthou nie, sal die kommissie dit teen hom gebruik, het Zuma gesê
  • Zuma het voor dit getuig daar is kaderontplooiing in die staatsdiens en semistaatsinstellings - dit is nie verkeerd nie.
  • 'n Mens gaan nie jou opposisie aanstel nadat jy 'n verkiesing gewen het nie, want dan gaan jy nie die volgende verkiesing wen nie, het Zuma gesê.
  • Adjunkhoofregter Raymond Zondo lei die ondersoek na die grootskaalse staatskaping in die land, asook Zuma se moontlike betrokkenheid by die mag wat die Guptas gebruik het om hulself te verryk.
17 Jul. 11:52:21

Zuma gevra oor Transnet-hoof se aanstelling

Pretorius verwys nou na Hogan se getuienis, wat spesifiek oor Transnet handel. Hogan verwys na die bedanking van Maria Ramos as uitvoerende hoof van Transnet.

Hogan het uitgewys Pravin Gordhan is toe as kandidaat voorgestel. 'n Week later het hy sy kandidatuur onttrek en later minister van finansies geword. Hogan voer aan in daardie stadium was daar 'n verstandhouding dat daar 'n lys van gunsteling-kandidate was, en dat Siyabonga Gama tweede op die lys was vir die Transnet-pos. Hogan beweer daar was nie so lys nie.

Zuma: Ek weet Gama het aansoek gedoen sowel as Gordhan. Toe Gordhan homself onttrek het... Gama het reeds lank daar gewerk en is geken. Volgens diegene wat betrokke was by die proses het hy sal die werk goed kan doen. Die kabinetskomitee het dit bespreek.

(Voorheen is berig Gama is geskors en toe afgedank nadat hy betrek is by bewerings van die omstrede kontrak van 2014 om 1 064 nuwe lokomotiewe teen meer as R50 miljard te bestel.)

17 Jul. 11:44:09

Hulle moet lojaal wees... Lojaliteit is nie so groot faktor nie, sê Zuma.

Zondo: Beskou jy dit dat lojaliteit aan 'n party 'n faktor moet wees wanneer dit by aanstellings kom?

Zuma: Nee, dis nie wat ek sê nie. Hulle moet egter die beleid van die regerende party toepas. Hulle moet lojaal wees.

Zondo herhaal weer die vraag of lojaliteit aan 'n party 'n faktor moet wees. Wat sou verwag word van die ministers, die president, en die adjunkpresident, wat voorsitter van die ontplooiingskomitee is, is lojaliteit aan die party 'n faktor wat hulle in berekening moet bring?

Zuma: Nee, die faktor word nie in ag geneem nie. Al wat ek sê is dat alle partye in die wêreld, wanneer hulle verkiesings wen, bring hulle mense in wat hulle vertrou. Lojaliteit is nie so groot faktor nie.

Zondo herhaal weer die vraag aangesien Zuma homself klaarblyklik weerspreek.

Zuma: Lojaliteit speel nie noodwendig 'n rol nie. Wanneer advertensies geplaas word, doen hulle aansoek en gaan deur die proses. In die onderhoud brei hulle nie uit oor hulle politieke beskouings nie.

17 Jul. 11:37:14

Zuma getuig verder nadat teetyd verby is.

17 Jul. 11:15:46

Die kommissie verdaag vir tee.

17 Jul. 11:15:36

Zuma: Hierdie ontplooiingsproses is baie deeglik.

Wanner die minister deur die proses is... eerstens is daar 'n komitee wat onderhoude voer en punte toeken. Jy kan nie sê dat iemand wat slegte punte behaal het, aangestel kan word nie.

Hierdie komitee se voorstel word na die kabinetskomitee geneem wat 'n groot komitee is. Die president en adjunk-president neem deel aan gesprekke.

Die kabinet sal die kandidate bespreek en die finale besluit neem. By tye sal die kabinet sy voet neersit en se ons aanvaar nie die kandidaat nie.

17 Jul. 11:14:03

17 Jul. 11:11:54

Zuma nie lus om ANC-beleid te verduidelik

Zuma: Daar was sekere gebeure in die party en Hogan se beskouing is nie akkuraat nie. Nou moet ons ANC-politiek praat. Met die ontplooiingskomitee, as voorbeeld, kan dit nie wees dat almal op die komitee van 'n gegewe faksie kom nie. Daar is 'n werkskomitee en die nasionale uitvoerende komitee (NUK) wat die komiteelede aanstel. Ek is nie seker ons moet in hierdie gesprekke tree nie.

Zondo: Miskien moet ek dit so stel, die ANC is die regerende party sedert 1994. Dit kan wees dat sekere dinge wat hy doen, of nie doen nie, 'n impak op die regering het. In die lig daarvan is daar sekere kwessies wat party-kwessies is. Die ANC moet daarna kyk, omdat hulle 'n invloed oor hoe die regering funksioneer.

17 Jul. 11:06:33

Zuma herken daar was faksies in ANC na Polokwane

Pretorius sê hy weet nie of dit behoorlik is om in 'n debat te tree oor die kwessies wat Hogan belig hier nie - maar ter opsomming - wat sy sê is dat na die Polokwane-konferensie (in 2007) was daar faksies in die ANC.

Volgens haar het die faksiegevegte 'n invloed gehad op wie aangestel word. Dit het baie skade aan staatsondernemings en die ekonomie veroorsaak.

Ek dink wat Hogan hier sê, is dat daar faksies was in die ANC in Polokwane, en dat lidmaatskap aan een faksie 'n faktor was van aanstellings by staatsondernemings, sê Pretorius.

Zuma: Ek weet nie hoe diep delf ons nou in hierdie kwessies nie. Ek weet nie of ek haar beskouings moet debatteer nie. Dis nie waar dat daar faksies na Polokwane was nie. Sy druk bloot haar beskouing uit.

17 Jul. 11:03:19

Ander sal jou regering saboteer, sê Zuma

Zuma: Ek dink dit is baie duidelik dat Hogan sekere beskouings het. Hoekom sal jy nie mense neem wat lojaal aan die party is nie? As hulle die nodige vaardighede het.

Zondo: Jy kan dalk sê dit is verkeerd as hul slegs op gronde van lojaliteit aangestel word. As lojaliteit egter deel is van 'n verskeidenheid faktore wat in ag geneem is, sal dit dalk aanvaarbaar wees.

Zuma: Daar is geen party in die wêreld wat 'n verkiesing wen en na ander mense kyk nie, want hulle sal dalk jou werk saboteer en dan verloor jy die volgende verkiesing.

17 Jul. 10:58:42

Meer oor:  Regering  |  Politiek  |  Zondo  |  Jacob Zuma  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.