Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: ‘ANC nie perfek, maar leer uit sy foute’ sê Mbalula

  • 'n Debat vind in die Nasionale Vergadering (NV) oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede plaas.
  • Altesame 454 minute, oftewel 7,5 uur, is opsy gesit vir dié debat.

  • Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep en eerste spreker in die debat, lewer haar nooienstoespraak in die NV.
  • Ramaphosa is ná sy staatsrede verlede week gekap onder meer oor sy "dromery" en sy uitlatings oor Eskom.
  • Al die leiers van politieke partye, onder wie Mmusi Maimane, DA-leier, Julius Malema, EFF-leier, dr. Mangosothu Buthelezi, IVP-leier, dr. Pieter Groenewald, leier van die VF-Plus, eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, is oudergewoonte geskeduleer om deel te neem.
  • Verskeie ministers en adjunkministers gaan ook deelneem.
  • Ramaphosa kry Woensdag ‘n kans om op die debat te reageer.
25 Jun. 20:15:35

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

25 Jun. 20:14:03

Lucas verdaag die sitting. Sy sê die president sal Woensdag om 14:00 'n repliek op die debat lewer.

25 Jun. 20:13:30

Mbalula sluit sy toespraak af. 

25 Jun. 20:13:20

Mbalula gaan voort.

Mbalula: Ons basiese menseregte is waarvoor ons almal hier is.

Ons wil al ons jeugdiges, swart en wit, bemagtig, mnr. Mulder.

Droom groot of gaan huis toe.

Die fokus van die sesde administrasie sal daarom op die bespoediging van implementering wees.

Ons het ons mense gehoor. Ons weet die taak wat voorlê is enorm. Hulle het ons Thuma Mina-oproep as 'n mantra aanvaar.

Laat ons streef na 'n Suid-Afrika wat vry is van honger en wat vooruitstrewend is.

25 Jun. 20:11:37

'n EFF-LP maak kapsie en sê Mbalula is polities verward.

Mbalula antwoord deur te sê die EFF is polities verward. Hulle het geen ideologie nie. 

Hy gaan dan voort met sy toespraak.

Mbalula: Floyd Shivambu, die ANC het reeds besluit op 'n soewereine rykdomsfonds.

Shivambu maak nou 'n punt van orde. Hy sê kinders kyk ook na die debat.

Sylvia Lucas, voorsitter, sê dit is nie 'n punt van orde nie.

25 Jun. 20:10:12

Fikile Mbalula, minister van vervoer, is tans aan die woord. Foto: Jaco Marais

25 Jun. 20:07:43

Mbalula gaan voort met sy toespraak.

Mbalula: Ons is diep nederig oor kiesers wat ons herverkies het sodat ons armoede kan uitwis.

25 Jun. 20:07:25

Malema maak 'n punt van orde.

Malema: Ek wil net verstaan dat hy sê ons gaan slaap met een ideologie en opstaan met 'n ander. Maar hy kan gaan slaap as ondersteuner van Zuma en opstaan as een van Ramaphosa.

25 Jun. 20:06:11

Mbalula: Ons manifes word misbruik deur die opposisie in die huis. Hulle verander daagliks van ideologie. Die ANC-regering het in 2012 'n Prasa-plan goedgekeur wat die bou van 'n blitstrein voorgestel het van Johannesburg na Durban. Ons sal in dié termyn 'n volhoubaarstudie daaroor doen. Dit is 'n belangrike ding.

Ons sal ons spoornetwerk landwyd prioritiseer. Dit moet die verkose vervoermiddel vir alle mense wees. Prasa sal reggeruk word.

25 Jun. 20:04:51

Mbalula gaan voort.

Hy sê Ramaphosa se plan vir tablette vir skole moet ondersteun word.

Ons hoor baie oor donkerheid. Maar ons kan nie hedendaagse probleme die hoof bied deur nie na die verlede te kyk nie.

Ons is hier deur die wysheid van die massas. Die ANC het goed na die debat geluister. Daar is opposisielede wat lyk asof hulle na die ANC verlang, want dit is net ANC-beleid waaroor hulle praat. Hulle verlang na die ANC en sy besluite. Ek wil julle ook herinner aan die bloed wat deur die ANC vloei. Die ANC is nie 'n Afrikanistiese, sosialistiese, kapitalistiese of rassistiese party nie. Ons erken SA is 'n klassegegronde samelewing wat uit 'n diep rasverdeelde geskiedenis kom.

Moet nie jul ideologie op ons probeer afdwing nie. Ons het foute gemaak en daaruit geleer.

Ek is nie perfek nie. Die ANC is nie perfek nie. Maar ons verrys uit ons foute.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.