Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Duduzane ontken rol in enige 'misdadigheid' - Zondo
  • Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun en 'n sakevennoot van die Guptas, het Maandag voor die Zondo-kommissie vrae beantwoord oor die moontlike rol wat hy gespeel het in staatskaping.
  • Duduzane het erken dat Rajesh (Tony) Gupta 'n hegte vriend van hom is, maar sê hy was nie by enige misdadigheid betrokke nie. Hy ontken ook van die getuies voor die kommissie se bewerings dat hy by die Guptas se huis in Saxonwold teenwoordig was toe daar pogings was om hulle om te koop.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek onder meer die rol wat oudpres. Jacob Zuma in staatskaping gespeel het.
07 Okt. 16:14:16

Die sitting verdaag tot Dinsdag om 10:00 om Duduzane se getuienis af te handel.

07 Okt. 16:13:27

Die sitting gaan voort. Adv Mike Hellens SC het 'n paar vrae aan Duduzane.

Hy sê daar word verwys na die "misdaadtoneel" oftewel vergaderings waar Duduzane was.

Hellens vra of hy 'n mening het oor die kommissie se rol om hierdie aantygings te ondersoek.

Duduzane sê dit is beslis die werk van die kommissie.

Hellens vra of Duduzane 'n aandeel het in enige myn in Jagersfontein. Hy antwoord nee.

Hellens vra of hy weet of die Guptas, wat hy goed ken, 'n myn het in Jagersfontein. Duduzane antwoord nee.

Hellens sê so 'n ondersoek is nie deur die kommissie gedoen nie. Duduzane sê hy stem saam.

Hellens sê in ag genome Dukwana se getuienis, indien daar so 'n myn is nie, kan dit wees dat Dukwana se aantygings in geheel verkeerd kan wees.

Duduzane sê hy stem saam met Hellens.

Wat Booysen se getuienis betref, indien dit so is dat Duduzane nie 'n mede-klaer in die saak is waarna Booysen verwys nie, kan dit wees dat Booysen leuens vertel of verkeerd is. Duduzane sê dit is korrek.

Hy sê dit kan wees dat Booysen deurmekaar is.

Hellens sê Duduzane sien dit dat hulle vriende geword het, maar Booysen sien nie hul verhouding as 'n vriendskap nie.

Oor die besoek aan die Guptas se huis, en dat Booysen aanvoer hy het nie vooraf geweet hulle gaan soontoe nie, is dit verkeerd?

Duduzane sê dit was die rede waarom hulle die dag ontmoet het, om na die Guptas se huis te gaan.

Hellens sê die kommissie moet ondersoek of Duduzane 'n mede-klaer is in die saak.

Hellens sê wat Sundaram se getuienis betref was Duduzane slegs toevallig op plekke waarna Sundaram verwys.

Hellens se vrae is klaar.

Duduzane sê daar is 'n kwessie uitgelaat, naamlik die getuienis van Vytjie Mentor, wat nie genoem is nie. Zondo antwoord dit sal Dinsdag hanteer word.

07 Okt. 15:43:55

Duduzane sê hy moet weer badkamer toe gaan.

Die sitting verdaag tot 16:00.

07 Okt. 15:41:49

Zondo sê hy het nog 'n paar vrae.

Jonas het aangevoer dat die Gupta-broer wat met hom gepraat het by die huis in Saxonwold het gesê hulle het Duduzane 'n miljoenêr gemaak en hy het 'n huis in Dubai gekoop.

Duduzane sê hy weet nie waar Jonas daaraan kom nie.

07 Okt. 15:36:38

Duduzane word gevra oor 'n lys van maatskappye en of hy daarby betrokke is.

Duduzane sê hy sal daardeur gaan en antwoorde gee aan die kommissie.

Mokoena sê sy ondervraging van Duduzane is afgehandel.

07 Okt. 15:25:44

'Hy is my ou,' sê Duduzane van Rajesh Gupta

Zondo vra aan Duduzane hoe sy verhouding was met die Guptas, aan watter Gupta was hy die naaste.

Duduzane sê Rajesh (Tony) Gupta is sy ou, meer as sy ou."That's my guy," in Duduzane se woorde.

Hy sê hy en Rajesh Gupta is meer as "besonder naby aan mekaar", hy is 'n nabye en geliefde vriend en hulle is ook sakevennote.

07 Okt. 15:19:30

Duduzane se Rolls Royce was wit

Duduzane word deur Mokoena gevra of hy 'n swart Rolls Royce het. Hy antwoord nee.

Nadat Zondo vir hom vra of hy in daardie stadium 'n Rolls Royce gehad het, antwoord Duduzane ja, maar dit was 'n wit Rolls Royce.

"Ek het goed gevaar, voorsitter. Ek het goed gevaar," sê Duduzane terwyl Zondo en Mokoena lag.

Mokoena verwys na Booysen se beëdigde verklaring dat Duduzane hom na die Guptas se huis geneem het in die Rolls Royce.

Daar het Tony Gupta verwys daarna dat Booysen aansoek gedoen het vir die pos van hoof van die Valke.

Hy vra of Duduzane ook nie by dié vergadering oftewel ''misdaadtoneel" was nie. Duduzane sê wag, wag hy wil hierop antwoord.

Dudzane sê hy en Booysen het heelwat sosiale geleenthede saam gehad. Hulle het vreemde en wonderlike gesprekke gehad. Hy is nuuskierig soos enige speurder sal wees.

Duduzane het gesê hy sal Booysen na die Guptas neem om te ervaar. Hy sê Booysen se verklaring hieroor is baie deurmekaar, hy verstaan nie wat Booysen bedoel nie.

Mokoena sê so hy het vir Booysen by die Gautrein ontmoet, hy het hom na die Guptas geneem en daar was een van die Gupta-broers teenwoordig. Duduzane sê dit is korrek.

"Dit is my ou daai, ek het 'n goeie verhouding met hom," getuig Duduzane. Hy sê sy verhouding met Booysen het gegroei. Booysen is die een wat aangedui het hy wil die Guptas graag ontmoet.

Ons het 'n goeie verhouding, as hy kyk hoop ek hy stem nog saam daarmee.

Die Guptas was 'n groot gesprekspunt, so dit was 'n volgende stap dat hy vir Booysen na hulle geneem het om te sien hoe hulle is.

Zondo sê so het Booysen dit voorgestel.

Duduzane sê Booysen het soos baie ander mense vrae gehad oor die Guptas, hy het gesê as daar 'n geleentheid is, sal hy hom na hulle toe neem. Die Guptas is baie oop mense.

Mokoena sê Booysen voer aan hy het nie geweet dat hulle na die Guptas se huis sou gaan nie.

Duduzane sê hulle het op 'n Saterdag mekaar ontmoet, Booysen was in Gauteng. Hulle het mekaar by die Gautrein ontmoet en toe na die Guptas se huis gery.

07 Okt. 15:01:21

Duduzane stem nie saam met Zondo

Mokoene vra Duduzane nou oor die getuienis van Johan Booysen dat hulle vele kere ontmoet het en dat Duduzane hom uitgevra het oor 'n saak wat hy ondersoek.

Duduzane sê hy en Booysen het mekaar slegs by sosiale geleenthede ontmoet en hy het nie vir Booysen uitgevra oor enige ondersoeke nie.

Booysen het in 'n verklaring gesê Duduzane was die mede-klaer in 'n bedrogsaak van beweerde aanlyn dobbelary.

Duduzane sê wat beteken 'n mede-klaer. Zondo antwoord dit is iemand wat saam met iemand anders 'n klaer was. Die dokument moet verkry word, dit sal dit antwoord.

Zondo sê die tema gaan nie daaroor of hy 'n mede-klaer is nie, maar wat gebeur het in sy vergaderings met Booysen.

Duduzane sê inteendeel, en met apologie, hy is aangedui as 'n kern in die saak.

Zondo sê vir die kommissie se onthalwe is dit nie noodwendig die fokus nie.

07 Okt. 14:53:05

Duduzane só betrokke by Guptas

Mokoena sê wat hy wil uitwys, is dat Duduzane aandele gehad het in Infinity wat aandele gehad het in ANN7.

ANN7 het weer gebaat by regeringsadvertensies.

Duduzane sê soos ander TV-kanale.

Mokoena sê Duduzane het ook aandele gehad in Optima Coal Holdings wat die Optima myn besit het en wat kontrakte met Eskom gehad het.

Zondo sê Sundaram het aangevoer oudpres. Zuma was baie meer betrokke by ANN7 as wat Duduzane was. Van die vier vergaderings waar Zuma was, was Duduzane wat die aandeelhouer was in ANN7 slegs by een van die vergaderings.

Duduzane sê daar is 'n narratief oor staatskaping, korrupsie, invloed van buite die regering oor die aanstelling van minister. Hy het besluit om nie betrokke te wees by ANN7 nie. Indien hy by al die vergaderings was en die verkeer gereguleer het, sou daar vandag vrae aan hom gestel word oor sy betrokkenheid en as aandeelhouer het hy redaksioneel ingemeng. Hy sal eerder sit waar hy nou sit en nié betrokke gewees het nie.

Hy het sy rol probeer beperk, sê Duduzane.

Zondo sê dit is baie belangrik wat hy sê, hy wil die saak van albei kante af hoor.

07 Okt. 14:39:26

Duduzane was ook nie by dié vergadering

Duduzane sê hy weet nie hoe Mokoena kan verwag hy moet kommentaar lewer oor 'n vergadering waar hy nie teenwoordig was nie. Hy het gesê hy was nie by die vergadering nie, so hy kan nie daaroor kommentaar lewer nie. (Dit was 'n vergadering oor ANN7 by die amptelike woning van oudpres. Jacob Zuma.)

Dit gaan oor 'n bewering deur Sunharam dat Ajay Gupta in 'n ontmoeting aan hom gesê het "Dudu" daar is 'n verrassing vir jou, daar is 'n hele bulletin saamgestel.

Mokoena sê hy stel dit bloot aan Duduzane om hom die geleentheid te gee om sy kant te stel.

Mokoena vra of hy in die geval ook net op die misdaadtoneel geplaas is, maar dat hy nie daar was nie?

Duduzane sê dit is korrek.

Meer oor:  Guptas  |  Politiek  |  Duduzane Zuma  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.