Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: 'God, seën Afrika' - Cyril

  • Pres. Cyril Ramaphosa word Saterdag as die vyfde demokratiese president van Suid-Afrika ingehuldig.
  • Die verrigtinge vind op Loftus Versfeld in Pretoria plaas en nie soos gewoonlik by die Uniegebou nie.
  • Sowat 200 busse van oor die hele land, maar veral uit Limpopo, Noordwes, Mpumalanga en die res van Gauteng, sal mense na die inhuldiging bring. Sowat 32 000 mense word verwag.
25 Mei 13:42:09

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking van die president se inhuldiging. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

25 Mei 13:34:29

News24 berig ‘n valskermsoldaat wat Saterdag tydens die inhuldiging van pres. Cyril Ramaphosa met ‘n harde slag op Loftus Versfeld geland het, is hospitaal toe geneem om ondersoek te word.

Die valskermspringer is een van vier wat in die stadion geland het om die aanhef tot die Grondwet aan Ramaphosa te oorhandig.

Die valskermspringer het teen ‘n mortierpyp voor die verhoog geland.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, het aan News24 gesê die soldaat is nie ernstig beseer nie, maar hy is na die 1 Militêre hospitaal in Pretoria geneem vir ‘n ondersoek.

25 Mei 13:27:31

Pres. Cyril Ramaphosa dans saam met 'n kulturele groep op die veld van Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

25 Mei 13:26:29

'n Groep dans op Loftus Versfeld se veld ná pres. Cyril Ramaphosa se inhuldiging in Pretoria. Foto: Felix Dlangamandla

25 Mei 13:00:05

Sisulu word ook nou uitgevra of sy dalk die nuwe adjunkpresident sal wees.

Sy sê daar is reeds 'n adjunkpresident in David Mabuza en dat daar geen aankondiging gemaak is dat hy sal uittree of oor sy onmiddellike toekoms nie.

Sy sê dit is net spekulasie dat hy deur 'n vroue-adjunkpresident in Ramaphosa se nuwe kabinet vervang sal word.

25 Mei 12:57:50

Minister Lindiwe Sisulu beskryf op eNCA die vliegtuigvertoning as "skouspelagtig". Sy sê dit is nie dat pres. Cyril Ramaphosa teenoor ander Afrika-leiers wil spog nie, maar dat hy wou uitstal wat die land in sy gewapende magte het.

25 Mei 12:51:44

Baleka Mbete vra vir teenwoordiges om hul hoede af te haal terwyl die volkslied en lied van die Afrika-Unie (AU) gespeel word.

25 Mei 12:51:10

Twee Airbus-vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vlieg saam met die Silwer Valke oor Loftus Versfeld in Pretoria, waar pres. Cyril Ramaphosa vroeër ingehuldig is. Foto: Deaan Vivier

25 Mei 12:49:49

Twee Airbus-vliegtuie vlieg in 'n formasie saam met die Silwer Valke oor Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Felix Dlangamandla

25 Mei 12:48:23

Gripen-vegvliegtuie vlieg vir oulaas oor die stadion.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.