Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Dag van hoogdrama in Brackenfell
  • Die geweld wat verlede Maandag naby Hoërskool Brackenfell uitgebreek het toe ’n groot groep ouers van die skool en inwoners buite die perseel ’n groep EFF-betogers ingewag het, het die aanvanklike rasseherrie wat ontstaan het oor die skool se “wit matriekafskeid” verder aangeblaas.
  • Pres. Cyril Ramaphosa het daarna in die parlement gesê die “rasseverdeeldheid” wat dié voorval gekenmerk het, wys hoe diepgewortelde rassisme in Suid-Afrika weer blitsvinnig in krisistye kan kop uitsteek.
  • Die debakel het ontstaan nadat ’n video van 'n funksie wat deur matrieks bygewoon is op sosiale media gedeel is. Die EFF het dit bestempel as 'n "matriekafskeid" en beweer slegs wit kinders is uitgenooi. Die skool en die provinsiale onderwysdepartement het intussen telkemale ontken dat dit 'n amptelike skoolfunksie was. 

LEES OOK:

Brackenfell: Ouers het al oor diversiteit gekla

Hier volg die jongste verwikkelinge oor vandag se betoging:


20 Nov. 17:05:01

Dit is die einde van hierdie regstreekse dekking.

20 Nov. 16:09:59

Terwyl die skare uiteen begin beweeg het deur die strate van Brackenfell, is private voertuie asook ondernemings in die gebied beskadig.

Betogers het klippe gegooi toe die polisie hulle uiteen begin jaag, is bevestig. Die meeste betogers het teen 17:00 uiteen beweeg, maar die polisie bly op gereedheidsgrondslag in die gebied.

Volg Netwerk24 vir die volledige dekking later.

20 Nov. 15:28:40

Van die rubberkoeëls wat gebruik is. Foto: Ané van Zyl

20 Nov. 15:21:05

Daar is glo EFF-ondersteuners in hegtenis geneem, maar in dié stadium is dit onseker hoeveel mense dit is en wie hulle is.

20 Nov. 15:01:09

Die betogers beweeg nou na die sakegebied, terwyl die polisie ook daarheen gaan – vermoedelik om te keer dat skade aangerig word.

20 Nov. 14:57:49

Intussen is 'n TV-joernalis se toerusting is van haar lyf geruk deur EFF-ondersteuners. Die vrou is baie ontsteld.

20 Nov. 14:57:29

20 Nov. 14:56:51

Lt.kol Walter Prins sê die EFF-ondersteuners het enkele minute om uiteen te gaan. Hulle het toestemming om net tot 15:00 te betoog.

20 Nov. 14:51:53

’n Man het glo probeer om uit die optog te breek, toe skokgranate gevuur is. Dit was nadat klippe na die polisie gegooi is.

’n Waterkanon is ook ingespan om die groep mense uiteen te jaag.

’n Vrou word behandel nadat sy traangas ingeasem het. Dit lyk of sy sukkel met asemhaling.

Nog ’n vrou word behandel vir skok.

20 Nov. 14:41:37

'n Man met gesigbeserings word in hegtenis geneem.

Meer oor:  Kaapstad  |  Hoërskool Brackenfell  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.