Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: 'Jy sal sien waartoe ek in staat is,' sê JZ glo
Netwerk24 was op die toneel by die Saint George-hotel in Irene, Pretoria, waar die ANC se nasionale uitvoerende komitee oor pres. Jacob Zuma se lot vergader het.

13 Feb. 07:08:08

Parlementêre prosesse sal inskop al sou pres. Jacob Zuma vrywillig bedank óf sou die ANC hom herroep.

Lees hier hoe dit sal werk
13 Feb. 07:02:56

Dit lyk of die rand nie ’n slapelose nag gehad het oor die uitkoms van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se vergadering oor of pres. Jacob Zuma in sy amp moet bly of nie.

Die geldeenheid het vroeg Dinsdagoggend, voor die plaaslike markte begin verhandel het, teen R11,94 teenoor die dollar verhandel.

Lees die volledige berig hier
13 Feb. 06:58:04

13 Feb. 06:56:57

Parlementêre prosesse sal inskop al sou pres. Jacob Zuma vrywillig bedank óf sou die ANC hom herroep.

Lees hier hoe dit sal werk
13 Feb. 06:54:02

Twee moontlike scenarios kan ontvou:

1. Pres. Jacob Zuma bedank. Hy moet die brief by die parlement indien waarna die adjunkpresident, Cyril Ramaphosa, die waarnemende president sal word.

2. 'n Mosie van wantroue in Zuma slaag. Zuma en sy hele kabinet moet bedank. Hierna sal Baleka Mbete, speaker, ingehuldig word totdat 'n nuwe president binne 30 dae aangewys word.


13 Feb. 06:46:20

Zuma het in die verlede ook verskeie mosies van wantroue in die parlement oorleef nadat die ANC-meerderheid nie ten gunste van die mosies gestem het nie.

13 Feb. 06:32:22

Vandag se spotprent in Beeld.

13 Feb. 06:29:54

'n Onlangse spotprent van die Business Times.

13 Feb. 06:25:23

13 Feb. 06:14:00

'n Aankondiging oor die uitkoms van die NUK-vergadering word vanmiddag om 12:00 by Luthuli-huis gemaak. Suid-Afrikaners sal tot dan moet wag vir die amptelike verklaring van die ANC.

Meer oor:  Politiek  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.