Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
REGSTREEKS: EFF gaan appelleer teen uitspraak
  • Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, slaag in sy aansoek om 'n interdik te verkry teen die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, se aanbeveling van dissiplinêre stappe teen hom.
  • Mkhwebane het in 'n verslag oor Gordhan bevind hy het die Grondwet en die etiese kode van die uitvoerende gesag oortree deur die parlement te mislei.

29 Jul. 12:26:38

EFF gaan appelleer 

Die EFF sê hulle neem kennis van die hooggeregshof se uitspraak tussen die OB en Gordhan.

Dr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, sê in 'n verklaring dat hulle nie verras is met die uitspraak nie.

"Ons sal konstitusionele hof toe gaan, want ons het besef hoe geïrriteerd regter Potterill was, toe die swart prokureurs met die wit prokureurs begin argumenteer het. Die regter was bereid om na die wit prokureurs te luister."

Nlozi sê hulle sal die uitspraak appelleer. 


29 Jul. 11:23:55

29 Jul. 11:16:44

Die OB gaan nié bedank nie

Oupa Segalwe, OB-woordvoerder:

Dit is 'n teleurstellende uitspraak. Ons het verwag dat die regter haar sterk sou uitspreek teen wat Gordhan in sy verklaring gesê het, onder meer dat sy onbevoeg is.

Dit tas haar eer aan. Volgens die grondwet het staatsinstellings 'n plig om die OB se kantoor te beskerm. Daarom is dit teleurstellend dat die hof bevind het sy uitlatings is irrelevant vir die interim bevel.

Ons stem nie saam dat die regter haar nie oor die taalgebruik van die minister uitgelaat het nie, want ons glo dis van toepassing op deel A en deel B.

Die OB gaan nie bedank nie. Ons is bewus van beroepe om dit te doen, maar sy gaan nie bedank nie. Sy sal haar kant van die saak stel.

Wat ons moet verstaan is dat dit nie die hersieningsaansoek was nie, slegs die aansoek om die interim bevel, hangende die hersieningsaansoek. Ons het die aansoek om die interim bevel teengestaan, weens die taalgebruik van die minister.

29 Jul. 11:00:41

OB kry bloedneus

Potterill: Ek maak die volgende beslissings:

Die remediërende optrede in die OB se verslag word opsy gesit hangende die uitkoms van deel B van die aansoek (die hersieningsproses).

Die kostebevel word ook toegestaan ten gunste van Gordhan.

Die hof verdaag.

29 Jul. 10:59:07

Potterill: Die koste volg die uitkoms. Daar is aangevoer dat die OB en EFF nie die regskoste in die saak moet dra nie.

Deel A van die aansoek is 'n interim bevel. Om aan te voer dat die hierdie aansoek die OB se grondwetlike plig in gedrang bring, is nie geldig nie. Daar moet gelyke beskerming onder die reg wees.

'n Tydelike opsysetting van die OB se aanbevelinge skend nie haar kantoor nie.

29 Jul. 10:56:57

Gordhan voldoen aan vereiste om interim bevel te kry

Potterill: Gordhan steun op 'n deel van die Wet op die OB wat sê elke persoon moet die geleentheid kry om sy kant van die saak te stel.

Daar is geen dringendheid dat die OB se bevindinge uitgevoer moet word nie.

Daarteenoor kan Gordhan onherroeplike skade aangerig word as daar dringend opgetree word.

Hy voldoen hier aan die vereiste om 'n interim bevel te kry.

29 Jul. 10:53:03

Daar kan onherroeplike skade aangerig word teen Gordhan, veral as sy hersiening van die OB se verslag suksesvol is.

Die OB kan steeds haar grondwetlike plig uitvoer, selfs al word daar teen haar aanbevelinge bevind.

29 Jul. 10:49:18

"OB se remidiërende optrede is vaag en onsinnig"

Potterill: Hierdie hof het nie bevindinge gemaak oor die OB se beweerde partydigheid omdat dit nie nou van toepassing is nie. Die aanbeveling teen Gordhan het ernstige gevolge en kan sy politieke loopbaan beïnvloed.

Hierdie hof wil kommentaar lewer oor die remediërende optrede, wat vaag en soms onsinnig is.

Daar is gesê dat die president binne 30 dae 'n plan moet opstel oor hoe hierdie remediërende optrede kan gebeur, en dan toegepas word - dit is onverduidelikbaar.

Die kommissaris van polisie word ook aanbeveel om Gordhan te ondersoek. Dit is ook vaag uiteengesit in die OB se verslag.

29 Jul. 10:47:53

Potterill: Die president kan nie gekritiseer word dat hy nie nou wil optree nie, hangende die hersieningsproses.

29 Jul. 10:46:18

Potterill: Gordhan voer aan dat die OB nalatig is en onbekwaam, maar in hierdie uitspraak word nie aandag daaraan gegee nie, want dit is nie relevant vir hierdie deel van die aansoek nie, het Gordhan aangevoer.

Meer oor:  Said  |  Ob  |  Pravin Gordhan  |  Busisiwe Mkhwebane  |  Pretoria  |  Pravin Gordhan Teen Ob  |  Politiek  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.