Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Ajay Gupta weet detail van R600m begroting

  • Vytjie Mentor, voormalige ANC LP, het vandag klaar getuig voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
  • Mentor beweer lede van die Gupta-gesin het haar in 2010 op 'n vergadering in hul woonkompleks in Saxonwold die pos as minister van openbare ondernemings aangebied op voorwaarde dat sy die SAL se vlugte na Indië kanselleer.
  • Volgens Mentor was oudpres. Jacob Zuma self teenwoordig en in ’n ander vertrek toe dié aanbod aan haar gemaak is.
  • Aantygings dat die Gupta-familie 'n onbehoorlike invloed op Zuma gehad het, vorm die kern van die kommissie van ondersoek se werk.
  • Verlede week het Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, ook getuig dat hy op ’n vergadering by die Gupta-woonkompleks die pos van minister van finansies aangebied is. 

29 Aug. 15:59:16

Die kommissie word tot Donderdag uitgestel.

29 Aug. 15:54:41

Maseko: "Daardie tyd was die kwessie van Saxonwold nog nie in die openbare domein nie en ek het toe niks onvanpas daaraan gesien om hom daar te ontmoet nie net soos ek ander redakteurs in hul kantore gaan sien het. Ek wou net presies by Ajay Gupta uitvind wat hulle beplan het."

29 Aug. 15:53:36

Maseko sê hy is bly dat die waarnemende direkteur-generaal van die regering se inligtingsdienste ook voor die kommissie sal getuig, want dan kan hy die datums bevestig asook die inhoud van sy gesprek met Ajay Gupta.

Maleka sê hulle het hulp in dié verband gevra van inligtingsdienste af.

29 Aug. 15:50:10

Ajay Gupta vra om Maseko te ontmoet

Maseko sê hy het geweet van gerugte dat die Gupta-familie 'n mediamaatskappy sou begin.

Verder was daar gerugte dat die Guptas hul kontakte gebruik om staatsgeld na hul projekte te kanaliseer.

Maseko sê hy het gehuiwer om met Ajay Gupta kontak te maak, juis oor hierdie bewering.

Hy het egter wel besluit om met Ajay Gupta te ontmoet tydens hul telefoongesprek.

Maseko sê dit was sy rol om met alle media te ontmoet, verskillende redakteurs en joernaliste en hoofde van nuuskantore, so dit sou onvanpas wees om Ajay Gupta net te ignoreer.

Hy het ooreengekom om Ajay Gupta by die Gupta-eiendom in Saxonwold te ontmoet.

Hy kan nie die datum spesifiek onthou nie want hy het nie toegang tot sy dagboeke by GCIS nie, maar dit kan rondom Mei of Julie in 2010 wees.

29 Aug. 15:45:33

Die Guptas se mediamaatskappy die TNA Mediagroep is op 6 November 2010 gestig.

Maseko sê toe Ajay Gupta hom gebel het, het hy gesê hulle het die steun van die regering nodig.

Maseko sê die koerant is die New Age en die televisiekanaal is ANN7, hy het dit late uitgevind.

29 Aug. 15:41:38

Maseko sê toe Ajay Gupta hom gebel het, het hy gesê dit gaan oor 'n nuwe mediamaatskappy wat gestig gaan word wat belange in drukmedia en die uitsaaiwese het.

29 Aug. 15:40:32

Maseko praat oor Ajay Gupta se planne

Maleka verwys nou na 'n beëdigde verklaring deur Maseko.

In paragraaf 5 sê Maseko hy is deur die Guptas genader. 

Maleka sê in September/Oktober 2010 het hy 'n operoep van Ajay Gupta op sy selfoon gehad oor 'n nuwe projek wat hy en sy maatskappy gaan begin en waarvoor hy die ondresteuning van die regering nodig het.

Maleka vra aan Maseko of hy Ajay Gupta toe geken het.

Maseko sê ja, hy was verantwoordelik vir die bemarkingsraad bekend as Brand SA, hy het deur die lys van die direksie van die bemarkingsraad gegaan en gesien Ajay Gupta se naam is daar. Hy het hom by een of 2 van die vergaderings van die direksie ontmoet.

Maleka vra of hy seker is hy weet wie Ajay Gupta is. Maseko lag en sê ja.

29 Aug. 15:30:11

Wie sou weet van 'n R600 miljoen-begroting?

Maleka verwys ou na die spesifieke jaar 2010 en vra wat die begroting was vir daardie jaar om in die media te bestee.

Maseko antwoord R600 miljoen.

Maleka vra wie sou so 'n bepaalde bedrag geweet het.

Maseko antwoord dit sou intern in die department bekend gewees het, maar dit is nie iets wat na buite geadverteer sou word nie.

Maleka sê die R600 miljoen is die geld wat die regering aan media bestee.

29 Aug. 15:26:06

Maseko verduidelik nou hoekom hy R600 miljoen in sy verklaring genoem het en nou sê GCIS se begroting het tussen R400 en R500 miljoen beloop.

"Indien jy kyk na die GCIS se strategiese plan, sê dit wat oor 12 maande bestee sal word.

“Die R600 miljoen wat ons nou van praat met betrekking tot Ajay Gupta, is die geld wat GCIS namens departement bestee op kommunikasie doeleindes.

“As hulle ‘n veldtog van stapel wil stuur, sal hulle dit ontwerp en dan na GCIS kom om dit vir hulle in lyn met regeringsprogramme te bring. Hulle sal insae van GCIS ook wil hê daarop.

“GCIS het groot kapasiteit in terme van vaardighede en ons kan hulle daarme help. Hulle sê dit is die teikenmarkte en wat die mees gepaste platforms is om die veldtog deur te voer," sê Maseko.

29 Aug. 15:22:28

Ajay Gupta het geweet van R600 miljoen-begroting

Maleka: "Sover as jou loopbaan in die staatsdiens behels, sê jy onder meer dat jy presidensiële perskonferensie hanteer het en 'n begroting van oor die R480 miljoen hanteer het. Kan jy uitbrei?"

Maseko: "In my tyd daar het begrotings van GCIS tussen R400 en R500 miljoen per jaar beloop, gegrondop wat ons van die tesourie kry. Dit dek net GCIS se operasionale begorting en sluit nie verkrygingsprosesse in wat ons vir ander departement gedoen het nie.

Maleka: "Jy sê in jou verklaring dat Ajay Gupta 'n begroting van R600 miljoen genoem het. Jy het gesê jy was verbaas dat hy dit geweet het?"

Maseko antwoord ja.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.