Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Motsoeneng wou Guptas se vliegtuie, helikopters gebruik hoor Zondo
  • Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, het verder voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig oor hoe hy die openbare uitsaaier bestuur het.
  • Motsoeneng het getuig hoekom hy die opdrag gegee het wat SAUK-joernaliste verhoed het om beeldmateriaal van protesoptrede uit te saai - hy wil Suid-Afrika 'n beter plek maak met 'n beter beeld daarvan wat na die publiek uitgestuur word.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek die staatskaping en korrupsie in die staatsdiens.
11 Sep. 16:06:23

Die sitting verdaag en sal Donderdag om 09:00 voortgaan

11 Sep. 16:01:03

Motsoeneng verduidelik 'ooreenkoms' met MultiChoice

Motsoeneng word gevra oor die ooreenkoms tussen die SAUK en MultiChoice en wat hy daarvan weet.

Motsoeneng sê MultiChoice en SAUK het saamgewerk as dit kom by sport-uitsaairegte en ander goed, maar die kwessie wat 'n bron van kommer was, is hoekom het die SAUK nie 'n 24 uur nuuskanaal het nie. Waarom het etv 'n 24-uur nuuskanaal?

Hy getuig na druk vanaf die publiek asook die portefeuljekomitee is MultiChoice genader en gesê hulle het baie kanale, hoekom kan die SAUK nie een van daardie kanale gebruik as 'n nuuskanaal nie.

Die SAUK-direksie het die kanaal goedgekeur. Die enige uitstaande kwessie was die SAUK se finansiële state wat uitstaande was.

Motsoeneng getuig daar is besluit MultiChoice sal jaarliks R50 miljoen bydra om die kanaal te kan bekostig totdat die SAUK dit onafhanklik kan behartig met 'n voldoende inkomste uit advertensies. Dit was nadat die SAUK na die regering gegaan het om geld te probeer verseker. Pravin Gordhan het gesê daar is nie geld nie.

Motsoeneng sê hy het self na MultiChoice toe gegaan om die geld te probeer verseker. Die hoof van MultiChoice het gesê hy dink soms Motsoeneng is gek. Motsoeneng se antwoord was dit is 'n goeie gek, want daaruit word nuwe idees gebore, volgens sy getuienis.

Hy sê die vergadering het doodgeloop toe die MultiChoice-hoof uitgeloop het.

Motsoeneng sê hy het nie opgegee nie. Hy het teruggegaan en verduidelik daar is baie ooreenkomste tussen hulle wat in ag geneem moet word.

11 Sep. 15:35:18

Motsoeneng wou Guptas se helikopters, vliegtuie "kaap"

Motsoeneng: "Ek wou die Guptas kaap. As media moet ons ook goeie berigte skryf oor Suid-Afrika.

"Ons het die vennootskap gehad met The New Age.

"Ek het gesien die mense het 'nice' vliegtuie (jets) en helikopters. Ek wou sien dat ons ook baat by die vennootskap," getuig Motsoeneng.

Zondo vra wou hy self ook die private vliegtuie gebruik het.

Motsoeneng sê gewoonlik betaal hulle. "Dit is duur om Kaapstad en orals heen te vlieg. Ons kon hul vliegtuie gebruik, dalk net petrol betaal. Dan kon die SAUK geld spaar."

11 Sep. 15:29:42

Motsoeneng vaar uit teen SAUK-direksie

Motsoeneng sê hy dink sommige van die SAUK-direksie het gedink hy is 'n man wat nie matriek het nie, so hy sal maklik gemanipuleer kan word as bedryfshoof.

Hy getuig toe hy waarnemende bedryfshoof was, kon hulle nie die SAUK-direksie aanvat nie - hulle was bang dat hulle afgedank word.

Sommige van die SAUK-direksielede het in die parlement gesê met die digitalisering van die SAUK sal daar 18 kanale wees. Hy sê hoe is dit moontlik as hulle skaars 3 kanale kan handhaaf.

Motsoeneng sê hy was by 'n vergadering van die SAUK-raad waar daar sakelui genooi is om voorstelle te maak oor tenders. Hy het by die vergadering gesê jy as sakeman, selfs al praat ons hier, kan jy dit nie as 'n gegewe sien nie, dit is die uitvoerende bestuur van die SAUK wat die besluite neem.

Motsoeneng sê verkeerd is verkeerd. As hy 'n opdrag kry wat verkeerd is, sal hy sê nee, hy kan dit nie doen.

Op die direksievergadering van 1 Julie 2011 is gesê dat Motsoeneng nie meer direksievergaderings bywoon nie. Hy en Rob Nicholsen sal saam probleme veroorsaak. Verder is genoem dat Motsoeneng 'n struikelblok is. "Hulle kon daarin slaag om van Nicholsen ontslae te raak,maar nie van my nie," sê Motsoeneng.

Hy sê toe die SAUK-direksie besef hulle kan hom nie boelie nie, toe het hulle besef sy aanstelling was verkeer vir hulle doel.

11 Sep. 15:06:05

Motsoeneng kap openbare beskermer

Motsoeneng sê sommige mense in Suid-Afrika is gestraf.

Die openbare beskermer is 'n kritieke pos en baie belangrik vir almal. Wanneer sy kom met 'n mening en jou straf, dan is sy reg, want sy is die openbare beskermer.

Mens moet jouself vra hoekom verwoes sy 'n mens se lewe en selfs jou kinders se lewe.

Die geld wat hulle eis, hulle gaan dit nie kry nie. Ons weet wat die resolusies van die direksie was.

Hulle mors staatsgeld.

Zondo vra of hy in die geval verwys na die vorige openbare beskermer, nie die huidige een nie.

Motsoeneng sê dit is reg, hy praat van die vorige openbare beskermer (Thuli Madonsela).

Zondo sê ja, hy was in baie moeilikheid by die vorige openbare beskermer, hy wil nie in die moeilikheid beland met die nuwe een ook nie.

11 Sep. 14:48:56

Motsoeneng 'wou nie sienings beperk'

Motsoeneng sê omdat hy 'n apartheidsprogram soos Editors' Forum gekanselleer het, beteken dit nie dat hy mense se siening beperk nie.

Hy sê dat hy glo in die stem van die gewone mense van Suid-Afrika, dit is waarin hy glo.

11 Sep. 14:45:11

Motsoeneng getuig nou oor sy verhouding met oudpres. Jacob Zuma. Hy sê hy is nie 'n spesiale vriend van Zuma nie.

Motsoeneng sê hy is die president van die African Content Movement. Hy verstaan hoe dit werk.

11 Sep. 14:43:03

RSG is op sy eie eiland, sê Motsoeneng

Norman vra nou vir Motsoeneng oor die getuienis van Foeta Krige (veteraanjoernlias) waar Motsoeneng gesê het hy het nie sy besluit gegrond op 'n wetenskaplike ondersoek nie.

Motsoeneng sê mens kan jouself afvra, hoekom is daar 'n program wat bestaan van nog voor 1994 af. 

Moetsoneng sê hy was uitgesproke oor RSG en sê dit is 'n eiland wat optree buite die SAUK. Hy sê Jimmy Matthews en ander wat na RSG luister, het gesê dit blyk of hulle nie deel is van Suid-Afrika nie. Hulle dryf 'n ander agenda.

"Ek het gesê ons moet RSG monitor.

"My mening oor RSG is gegrond op inligting. Die kwessie hier is, mense praat oor die program Editors Forum..

"My mening was dat mens nie koerante kon adverteer in die program nie. Ek het aan joernaliste gesê ek soek joernaliste op die straat om nuusmakers te volg. Die SAUK moes nie koerante volg nie, koerante moet die SAUK volg.

"Hoekom moet mens met analiste van buite die SAUK praat as daar analiste binne die SAUK is. Ek het gesê hulle kan nie net een stem gebruik nie. Elke oggend as mens wakker word dis dit die stem van een mens.

"Ek het gesê ek soek 'n vrou se stem.

"Waarom is die program so onaantasbaar?

"In die uitsaaiwese kan mens selfs 'n program vervang wat goed doen, want die nuwe program sal dalk beter vaar.

"Wat aanbetref SAfm is dat hulle koerante bevorder, maar die koerante bevorder ons nie. Dit is "Rau Rau" getuig Motsoeneng.

Zondo vra wat is dit.

Motsoeneng sê dit is chaos. Hy sê die joernaliste het baklei daarvoor dat die koerante bevorder word.

"Ek is nie 'n rassis nie. Maar ek kan nie toelaat dat daar 'n program wees wat nog voor 1995 al bestaan het. Hoekom kan RSG optree as 'n eiland?"

Ons moet ook mense se agtergrond ondersoek, wat is hulle agenda, waarvoor hulle staan? Dit is nie om aan mense te dikteer nie. Ek is verantwoordelik, ek moet verantwoordelikheid vat, sê Motsoeneng.

11 Sep. 14:30:21

Motsoeneng word gevra of hy gesê het oudpres. Jacob Zuma moet spesiale tyd kry op die SAUK.

Motsoeneng sê hy het nooit met die persoon gepraat wat dié aanklag teen hom maak nie. Al wat hy kan doen is om dit te ontken.

11 Sep. 14:29:24

Motsoeneng sê hy is nie gevrees nie

Zondo sê daar is mense wat gesê het Motsoeneng was gevrees.

Motsoeneng sê Zondo moet die opnames kyk wat hy gebring het, dan sal hy verstaan wat binne die SAUK aangegaan het.

Motsoeneng sê dit is waar, hy is baie streng oor die besluite wat hy neem, maar hy word nie gevrees nie.

Wat kan mens doen as iemand vrees het vir jou, deur nie in 'n plek in te loop.

Zondo sê mense kan 'n sekere houding hê oor jou nie oor iets wat jy gedoen het nie, maar oor wie jy is.

Motsoeneng sê hy was nie gevrees nie, hy het in debat getree met werknemers van die SAUK.


Meer oor:  Sauk  |  Politiek  |  Raymond Zondo  |  Hlaudi Motsoeneng  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.