Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Hoe nou met Zuma?

Netwerk24 het 'n verslagspan in Nkandla in KwaZulu-Natal wat berig oor die jongste verwikkelinge rakende die lot van oudpres. Jacob Zuma, nadat die konstitusionele hof hom verlede Dinsdag tot 15 maande tronkstraf gevonnis het vir minagting van die hof.

Volg die jongste gebeure soos berig deur Dennis Delport (joernalis) en die fotograwe Lulama Zenzile en Mlungisi Louw hier. 

  • Oudpres. Jacob Zuma het Sondagaand ’n mediakonferensie by sy Nkandla-woonkompleks gehou.
  • Die konstitusionele hof het Saterdag ingestem om Zuma se aansoek, waarin hy aansoek doen dat sy vonnis heroorweeg word, op 12 Julie aan te hoor.
  • Zuma se regspan het Vrydag ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien om die lasbrief vir sy inhegtenisneming op te skort, hangende bogenoemde hofaansoek.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het in hofdokumente gesê Zuma se jongste aansoek in die konstitusionele is niks anders as ’n “swak vermomde” poging om die howe weer eens te ondermyn nie.

6 dinge wat ons weet van Zuma se jongste aansoek in die konstitusionele hof

LEES OOK: Zuma nie bang vir tronk, wil ‘ongeregtigheid’ ontbloot

05 Jul. 12:34:58

Stil soos die graf buite Nkandla

Behalwe vir ’n trop beeste wat op ’n grasperk wei, is dit doodstil buite oudpres. Jacob Zuma se woning in Nkandla in KwaZulu-Natal. Daar is geen MK-veterane voor die hoofhek nie, maar hulle sit wel onder ’n tent ’n entjie verder weg.

Netwerk24 verstaan dat Zuma steeds hier is. ’n Polisievoertuig is op patrollie. Behalwe vir Netwerk24 en News24, is daar geen ander media buite Nkandla nie.

Die stilte kom ná die storm. Honderde mense het Sondag op Nkandla toegesak om hul ondersteuning aan die voormalige staatshoof te betoon. 

Foto: Dennis Delport

05 Jul. 11:12:29

Paaie na Nkandla onbegaanbaar

Paaie wat lei na oudpres. Jacob Zuma se Nkandla-woning is onbegaanbaar weens swaar reën Sondagaand.

Foto: Dennis Delport

05 Jul. 09:54:13

05 Jul. 09:52:54

05 Jul. 09:28:45

05 Jul. 07:53:38

Geen woord oor Zuma in Cyril se nuusbrief

Pres. Cyril Ramaphosa het geen woord oor die naweek se gebeure in Nkandla in sy weeklikse nuusbrief gerep nie.

Sy fokus in die brief is die tekens van ekonomiese herstel te midde van die Covid-19-pandemie.

Hy het die sterk herstel van grondstofpryse benadruk, veral platinum, goud en ystererts, en dat werkers en gemeenskappe hierdeur bemagtig moet word.

Lees die nuusbrief hier.
05 Jul. 07:25:43

Meer oor:  Nkandla  |  Demokrasie  |  Zuma-Vonnis  |  Partypolitiek  |  Politiek  |  Korrupsie  |  Koalisie  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.