Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Manyi antwoord oor Zuma, Guptas aan Zondo
 
  • Mzwanele "Jimmy" Manyi, wat teruggeroep is na die Zondo-kommissie om vrae te beantwoord oor sy tyd as regeringsbeampte asook sy bande met die Guptas, getuig verder.
  • Manyi het Themba Maseko opgevolg as direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en- inligtingstelsel (GCIS) nadat Maseko uit die pos geskuif is.
  • Maseko het Woensdag aangevoer oudpres. Jacob Zuma het hom laat verwyder uit die pos omdat hy nie wou saamwerk met die planne van Ajay Gupta om die staat se begroting vir advertensies na die Guptas se koerant, The New Age, te kanaliseer nie.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek staatskaping in die tyd toe Zuma president was.
07 Nov. 14:43:21

Vandag se getuienis is klaar.

Manyi sal verdere vrae met beëdigde verklarings beantwoord.

Daar is nie Vrydag of volgende week enige sittings van die kommissie nie.

Volgende week was opsygesit vir Zuma se getuienis, maar hy het aangedui dat hy siek is.

07 Nov. 14:02:49

Manyi se getuienis gaan voort. Hy word gevra hoe werk die sirkulasie van verskillende koerante, asook The New Age.

07 Nov. 13:36:04

Die kommissie wil vandag klaarmaak met Manyi se verdere ondervraging. Hy moet later vanmiddag Kaapstad toe vlieg.

Die sitting verdaag vir 'n paar minute, waarna Manyi verder ondervra sal word.

07 Nov. 13:10:43

Manyi gevra oor The New Age-koerant

Hofmeyr sê sy wil nou aangaan met 'n ander onderwerp wat meer fokus op die koerant The New Age en die getuienis daaroor deur Phumla Williams van die GCIS.

Hofmeyr sê die sirkulasie en leserskap van koerante is verskillende kwessies. Manyi sê hy stem saam.

Hofmeyr verwys na die ABC-syfers en sê The New Age was nooit 'n lid nie. Manyi sê dit is korrek. Hierop vra Manyi of hy staatgemaak het op die interne oudits van The New Age oor die leserskap.

Manyi antwoord daar was nie 'n dag dat hy gesê het dit gaan soontoe en dit gaan na 'n ander plek nie.

Hofmeyr sê sou Manyi bekommerd gewees het om te weet dat The New Age se leserstal nie geoudit is nie. Manyi sê die ABC-syfers behoort aan die kartel van die vier hoof deelnemers in die media.

Hy sê indien daar 'n nuwe speler is, en jy het nie 'n groot genoeg sirkulasie om deel te wees van die groep nie, word jy uitgesluit. Die kopers (adverteerders) belê net in die elite spelers.

Manyi sê die regering is ernstig oor die verteenwoordiging van die media en belê daarin dat mense se stemme gehoor word.

Hofmeyr vra of Manyi navraag gedoen het oor die syfers van The New Age wat geoudit is nie. Manyi sê dit is 'n operasionele kwessie en hy sou nie daarby betrokke wees nie.

Hofmeyr sê sou Manyi geskok wees om te weet dat daar nooit navraag gedoen is oor the New Age se syfers wat geoudiy is nie. Manyi sê ja, dit sal 'n probleem wees.

Manyi sê die aantal koerante wat gedruk word is dieselfde as die sirkulasie van die koerante.

Hofmeyr vra of Manyi bewus is daarvan dat koerante wat verniet uitgedeel word nie gesien word as deel van die sirkulasiesyfers nie.

Manyi sê die idee was dat die boodskap versprei word, dit is deur koerante wat uitgedeel word op die straathoeke, in die strate, oral versprei word.

Hofmeyr sê koerante is verniet uitgedeel in departemente. Manyi antwoord dit is nie so nie, hy weet wat die doodskoot gegee het vir The New Age - dit was toe die Vrystaat (Vrystaatse regering) opgehou het om die koerant te koop. SO dit wys die koerant is nie verniet weggegee nie, dit is gekoop.

Manyi sê dit maak nie saak of koerante verniet uitgedeel is nie, dit beteken nie dat dit nie verder in die gemeenskap versprei word nie.

07 Nov. 12:45:48

Manyi en Hofmeyr verskil steeds oor sy 'afdanking'

Hofmeyr vra of dit Manyi se getuienis is dat dit die president is wat direkteur-generaals skuif.

Manyi antwoord dit is korrek.

Hofmeyr sê sy wil vra oor die getuienis dat wyle minister Collins Chabane deur Zuma opdrag gegee is om Themba Maseko te skuif. Sy vra of Manyi enige inligting het of hierdie getuienis verkeerd is.

Zondo sê hy weet nie of dit 'n vraag is wat Manyi op sal kan antwoord nie.

Zondo sê miskien moet Manyi gevra word of hy enige inligting het oor wie Maseko se skuif voorgestel het. Manyi antwoord nee.

Hofmeyr sê vir Manyi om na die GCIS geskuif te word, moes daar 'n besluit geneem word dat Mdladlana se besluit oor sy afdanking omgekeer word.

Manyi sê hy aanvaar dat sy voorlopige skorsing omgekeer moes word.

Hofmeyr vra of hy aktief besig was om sy afdanking te probeer omkeer.

Manyi verwys weer na die term as "tydelike skorsing" en sê dat hy aktief hard gewerk het om sy voorlopige skorsing om te keer.

07 Nov. 12:32:57

Manyi se verhouding met Zuma, Guptas

Hofmeyr vra oor Manyi se verhouding met oudpres. Jacob Zuma en met die Guptas.

Manyi antwoord dat Zuma 'n goeie mens is, hy kom oor die weg met baie mense.

Oor die Guptas sê Manyi "verhouding" is 'n sterk woord, hy het van hulle geweet.

Hofmeyr vra of hy by 'n bepaalde funksie van die koerant The New Age was. Manyi antwoord ja, in sy kapasiteit as voorsitter van die Black Management Forum (BMF).

Manyi sê hy het Woensdagaand in die lêer met dokumente wat deur die kommissie aan hom gegee is, gesien hy was by die funksie in sy kapasiteit as voorsitter van die BMF.

Manyi sê hy wil net noem daar is tafels vir baie belangrike persone by die funksie, hy was nie by daardie tafels nie. Manyi sê hy was onder die kategorie "ander". Hy was nie een van die mense wat deur die Guptas geteiken is nie.

07 Nov. 12:19:33

07 Nov. 12:18:27

Kommissie gaan Manyi se salaris verder ondersoek

Hofmeyr sê daar is 'n brief wat wys nadat Manyi heraangestel is, hy die betaling moet kry vir twee maande waarvoor hy nie betaal is nie.

Hofmeyr sê sy wil graag na die punt verwys omdat Manyi noem dat sy salarisbetalings wys dat hy nié afgedank is nie. Hy is betaal vir November en Desember 2010 asook Januarie 2011, het Manyi weer uitgewys aan die kommissie. Hy het ook bankstate wat dit wys.

Hofmeyr sê die kommissie sal die kwessie van Manyi se salaris verder ondersoek.

07 Nov. 12:00:47

Manyi het Zuma se hulp gevra dat hy nie afgedank word

Manyi erken hy het Hofmeyr vra Manyi oor 'n vergadering wat hy met oudminister Mildred Oliphant gehad het. Manyi erken hy het deur kontakte uitgevind Oliphant gaan die nuwe minister van arbeid word en hy wou 'n goeie woordjie by haar inkry.

Dit is nadat oudminister Mdladla hom afgedank het as direkteur-generaal van die departement van arbeid.

Manyi getuig dat in 'n volgende gesprek met Oliphant sy voorgestel het hy moet appèl aanteken teen sy afdanking.

Hofmeyr wys uit dat Oliphant in haar getuienis genoem het dit was Manyi wat na haar gekom het en aangedui het hy gaan appèl aanteken en die departement van arbeid hof toe vat.

Manyi sê dit is korrek, hy sou nie net aanvaar dat hy afgedank is nie en sou nie net met sy hande gevou bly sit nie.

Hofmeyr vra of Manyi enige kontak met Zuma gehad het oor sy situasie.

Manyi antwoord hy kon waarskynlik 'n brief aan Zuma geskryf het om hom te vra om tussenbeide te tree.

Manyi sê die president is na alles sy werknemer.

Hofmeyr verwys na dokumente en sê die kommissie het van die begin van die jaar af die dokumente in die hande probeer kry wat verband hou met Manyi se afdanking maar kon nie daarin slaag nie.

Daar is wel afgekom op 'n dokument onderteken is deur oudminister Richard Baloyi.

Hofmeyr vra of Manyi tussenbeide probeer tree het in die saak. Manyi antwoord nee.

07 Nov. 11:37:13

Die sitting gaan voort met Manyi wat verder getuig.

Meer oor:  The New Age  |  Politiek  |  Jimmy Manyi  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.