Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Manyi antwoord oor Zuma, Guptas aan Zondo
 
  • Mzwanele "Jimmy" Manyi, wat teruggeroep is na die Zondo-kommissie om vrae te beantwoord oor sy tyd as regeringsbeampte asook sy bande met die Guptas, getuig verder.
  • Manyi het Themba Maseko opgevolg as direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en- inligtingstelsel (GCIS) nadat Maseko uit die pos geskuif is.
  • Maseko het Woensdag aangevoer oudpres. Jacob Zuma het hom laat verwyder uit die pos omdat hy nie wou saamwerk met die planne van Ajay Gupta om die staat se begroting vir advertensies na die Guptas se koerant, The New Age, te kanaliseer nie.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek staatskaping in die tyd toe Zuma president was.
07 Nov. 11:19:17

Die sitting verdaag vir tee.

07 Nov. 10:59:11

Adv. Kate Hofmeyr

07 Nov. 10:56:25

Manyi ontevrede oor vrae voor Zondo.

07 Nov. 10:55:44

Manyi wil nie vrae beantwoord, sê Hofmeyr 'kloof hare'

Manyi sê dit is presies wat hy bedoel, Hofmeyr tree nie in goeder trou op nie. Hy sê hoekom kloof hulle hare oor 'n brief wat onwettig is.

Hy beskuldig Hofmeyr dat sy ''spinning again, spinning again". Hoekom maak sy nie net haar punt nie? sê Manyi. Hy herhaal dit is presies wat hy bedoel.

Zondo sê dit sal help as hy net antwoord, Hofmeyr weet waaroor sy vrae vra en waarheen die vrae lei.

Manyi sê dit is 'n gelaaide vraag, want Hofmeyr wil haar punt bewys.

Hofmeyr wys uit Manyi het nie haar vraag geantwoord nie.

Hofmeyr sê sy gaan nie 'n regsdebat hê met Manyi oor regsake nie. Sy vra aan Manyi of hy enige regsopleiding het. Manyi antwoord nee.

07 Nov. 10:49:45

Manyi hou vol hy het nie self afdankingsbrief gelees

Hofmeyr vra of Manyi se prokureurs die inhoud van 'n brief aan minister Mildred Oliphant opgemaak het.

Manyi sê sien dit is dit, as dit 'n beëdigde verklaring was sal daar woorde daarin wees wat wys dit is onder regsadvies. Hierdie is 'n brief en is nie dit nie.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo val Manyi in die rede en sê hy moet die brief kry en dan kan die vrae direk daaroor gaan.

Hofmeyr sê dit is 'n brief van 5 bladsye wat gerig is aan ministers Oliphant en Baloyi. In die brief staan dat die direkteur generaal se kontrak nie beëindig kan word op grond van vertroue wat verbrokkel nie.

Hofmeyr sê dit is op gronde hiervan dat sy van Manyi wil weet of die prokureurs dan nie Mdladlana se brief gelees het nie.

Manyi sê die prokureurs het die brief gelees en daarom geantwoord. Hy sê vir Hofmeyr vir haar om te sê dat hy wat Manyi self die brief gelees, is vals.

Zondo stel dit aan Manyi sy weergawe is dat hy in Oktober vanjaar vir die eerste keer die brief gesien het. Manyi sê dit is korrek.

Zondo vra of Manyi se prokureurs aan hom genoem het wat die inhoud van die brief is, of deur dit aan hom voor te lees of aan hom te vertel wat die inhou daarvan is.

Manyi sê hy onthou nie, onthou nie spesifiek dat hy en sy prokureurs die brief bespreek het nie.

07 Nov. 10:36:57

07 Nov. 10:35:41

Manyi hou vol hy het nie brief gesien waarin hy afgedank is

Hofmeyr voer aan dat Manyi gelieg het daaroor dat hy nooit die brief gesien het dat hy afgedank is nie.

Sy voer aan dat Manyi ook Woensdag gelieg het toe hy getuig het hy is nooit afgedank nie.

Manyi sê hy wil uitwys 'n minister het nie die mag om 'n direkteur-generaal af te dank nie. Die minister kan dit noem in briewe, maar die enigste keer wat dit geld is wanneer die president dit goedkeur. 'n Minister is nie 'n direkteur-generaal se baas nie.

Hy sê Membathisi Mdladlana, toe minister van arbeid, het foutief opgetree. Dit is nie waar nie, hy het Manyi nooit afgedank nie.

Manyi sê die feit dat hy nog vir die drie maande betaling gekry het, is sy bewys dat hy nie ontslaan het nie.

Hy sê in al Mdladlana se optrede was die president (oudpres. Jacob Zuma) nie betrokke nie. Die afdanking was 'n truuk wat gelyk het of hy afgedank is. Dit was 'n onwettige optrede.

Hofmeyr vra of dit Manyi se getuienis is dat sy prokureurs die brief gesien het maar nie hy nie.

Manyi antwoord dat sy prokureurs dit moes gesien het, maar hy het dit nie gesien nie.

Hofmeyr vra of hy weet wat die inhoud van die brief is.

Manyi antwoord dit gaan oor die sogenaamde afdanking. Hy sê dié woord (afdanking) verskyn nie in die brief nie.

Hy sê die brief gaan oor wat Mdladlana se mening is, maar indien na die groter prentjie gekyk word moet onthou word dat dit die president se taak is om hom af te dank.

Hofmeyr sê dit is 'n lang antwoord, al wat sy vra is of Manyi die inhoud van die brief gesien het.

Manyi antwoord nee.

Hofmeyr sê goed sy beweeg aan.

Manyi sê hy wil iets noem. Hy het 'n brief onderteken en neem volle verantwoordelikheid, maar die inhoud is wat sy prokureurs voorgestel het. Al verwys hy in sy brief na die brief van Mdladlana waarna Hofmeyr verwys, beteken dit nie hy het Mdladlana se brief gelees nie.

07 Nov. 10:22:02

Manyi en Hofmeyr vat mekaar aan voor Zondo

Manyi sê hy het nog betaling gekry vir die maande van November en Desember 2010 asook Januarie 2011 as direkteur-generaal van die departement van arbeid - dit wys hy nie nooit daar afgedank nie.

(Dit is die tydperk kort voordat Manyi as direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en- inligtingstelsel (GCIS) aangestel is nadat Themba Maseko uit die pos geskuif is.)

Manyi voer aan Hofmeyr probeer strikke vir hom stel.

Hofmeyr sê sy het gehoop dat hulle vandag by die feite kan bly, maar sy wil eers Manyi se ernstige aantygings aanspreek. Sy sê Manyi is gister gevra daaroor dat hy in sy vorige getuienis nooit genoem het hy is aangekla en op verlof geplaas deur die departement van landbou nie.

Hofmeyr verwys na Manyi aantyging dat sy nie in goeder trou optree wanneer sy feite voor hom stel oor wat hy in sy vorige getuienis getuig het nie.

Sy sê indien Manyi sy bankstate beskikbaar sal stel om sy salaris te wys vir die drie maande soos wat hy aanvoer, kan hy dit in teetyd doen.

07 Nov. 10:12:15

Manyi beskuldig adv. Kate Hofmeyr daarvan dat sy nie in goeder trou optree in haar ondervraging nie.

07 Nov. 10:10:15

Mzwanele Manyi getuig verder.

Meer oor:  The New Age  |  Politiek  |  Jimmy Manyi  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.