Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: 'Ons sal nie oorgee aan twyfel, wanhoop of verdeling nie'

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand sy vierde staatsrede in die Nasionale Vergadering in die parlement in Kaapstad gelewer. 

13 Feb. 22:14:57

Masondo bedank Ramaphosa vir sy inspirerende toespraak. Hy sê die sitting sal nou verdaag met die amptelike stafdraer wat die prosessie uit die raadsaal sal lei.

Die gesamentlike sitting verdaag.

Ramaphosa en die res van die hooggeplaastes begin uitstap, terwyl LP's die ANC-lied "Unity" sing.

staatsrede, cyril ramaphosa
13 Feb. 22:08:56

Ramaphosa sê: ''Ons sal nie oorgee aan twyfel, wanhoop of verdeling nie". Hy haal aan uit 'n lied van  Joseph Shabalala, stiger van Ladysmith Black Mambazo, wat vandeesweek dood is: 

We may face high mountains,

Must cross rough seas,

We must take our place in history,

And live with dignity,

As we climb to reach our destiny

A new age has begun

Mede-Suid-Afrikaners, ons bevind onsself by 'n bepalende oomblik in ons geskiedenis.

Dis 'n tyd van groot moeilikheid en twyfel, maar ook 'n tyd gelaai met groot geleenthede.

Oor die laaste twee jaar het ons saam gewerk om 'n fondasie vir vordering te bou. Nou is die tyd vir ons om op daardie fondasie bou, om te verenig, te werk, deur te druk.

Ons sal ons nie aan twyfel, wanhoop of verdeling oorgee nie. Ons sal voortgaan om te marsjeer na vryheid. Ons sal verandering omarm. Ons sal lewe koester.  Ons sal niks vrees nie.

Tydens die staatsrede van Februarie 2019 het ek die vyf dringendste take van die oomblik bespreek, waarvan die belangrikste was om die staat se vermoë te versterk om in die mense se behoeftes te voorsien.

Alles wat ons doen, moet onderskryf word deur doeltreffende implementering. Dit is waarom ons die distrikontwikkelingmodel ontwikkel het. Dit is 'n unieke vorm van maatskaplike ooreenkomste wat die sleutelrolspelers in elke distrik betrek sodat ons ontwikkeling kan ontknoop en ekonomiese geleenthede kan ontwikkel.

Daar word wyd in die regering gewerk om die vermoë van plaaslike regering te versterk om sy ontwikkelingsmandaat te bereik om volhoubare maniere te vind om in die sosiale, ekonomiese en materiële behoeftes van gemeenskappe te voorsien en die gehalte van mense se lewens te verbeter.

Daar is by 40 munisipaliteite ingegryp. Dié maatreëls sal die doelwitte van die nuwe distriksgegronde model van ontwikkeling aanvul. Vanjaar sal ons die model uitbrei na 23 nuwe distrikte.

Die Mamusa-munisipaliteit in Noordwes het die benadering reeds in aksie gesien, waar die distriksontwikkelingsmodel effektief gebruik is om onwettige stortingsterreine op te ruim, pompstasies op te knap om rioolstortings in die strate te stop, paaie te bou en waterpype te lê en water en toilette te verskaf aan plaaslike skole.


13 Feb. 21:58:50

Kontrakte vir die kabinet

Ramaphosa verwys weer na kontrakte vir sy kabinetslede sodat hul werkprestasie gemeet kan word. Dit is 'n kultuur waar patronaatskap en staatskaping nie geduld word nie. 

Om die staat se kapasiteit te versterk en aanspreeklikheid te verhoog, sal ek voor die einde vandeesmaand prestasieooreenkomste met alle ministers onderteken.

Só sal Suid-Afrikaners hulle aanspreeklik kan hou. Ons sien die ooreenkomste as die hoekstene van 'n nuwe kultuur van deursigtigheid en aanspreeklikheid waar diegene wat verantwoordelikhede opgelê is om te dien, doen wat van hulle verwag word.

Ons het 'n projektebestuurkantoor, 'n eenheid vir infrastruktuur en 'n beleid- en navorsingsdienste geskep om die regering se dienslewering te verbeter.

Dit is 'n kultuur waar korrupsie, nepotisme en patronaatskap nie geduld sal word nie en opgetree sal word teen diegene wat hul mag misbruik om geld te steel.

13 Feb. 21:54:16

NGV

Ter voorbereiding op die Nasionale Gesondheidsversekering, is meer as 44 miljoen mense reeds by meer as 3 000 klinieke geregistreer op die elektroniese gesondheidstelsel. Dié stelsel word nou na hospitale uitgebrei. 

Ramaphosa: we will formulate policy on the use of #cannabisproducts for medicinal purposes
13 Feb. 21:51:37

Ramaphosa sê die regering sal beleid formuleer vir die gebruik van kannabisprodukte vir medisinale gebruik. 


Ramaphosa: Government stands ready – following the completion of the Parliamentary process to amend section 25 of the Constitution – to table an Expropriation Bill that outlines the circumstances under which expropriation of land without compensation would be permissible. To date, we have released 44 000ha of state land for the settlement of land restitution claims, and will this year release round 700 000ha of state land for agricultural production.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.