Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: 'Ons sal nie oorgee aan twyfel, wanhoop of verdeling nie'

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand sy vierde staatsrede in die Nasionale Vergadering in die parlement in Kaapstad gelewer. 

Grondonteiening

Die regering is gereed om wanneer die parlementêre proses voltooi is waarmee art. 25 van die Grondwet gewysig gaan word, onteieningswetgewing voor te lê wat sal uitstippel wat die omstandighede sal wees wanneer onteiening sonder vergoeding toelaatbaar sal wees. 


13 Feb. 21:43:12

Meesterplanne

Ons het ook belangrike vordering gemaak met die afhandeling en inwerkingstelling van meesterplanne vir belangrike sektore van die ekonomie soos die Auto-meesterplan wat daartoe gelei het dat ons meer motors aan die res van die wêreld verkoop het verlede jaar as ooit vantevore, wat werk vir jong mense in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verskaf het.

13 Feb. 21:41:23

Koop Suid-Afrikaans

Ramaphosa sê hy sal vanjaar ook sy veldtog om beleggings na die land te lok versterk en dat daar in die eerste twee jaar hiervan gesamentlik R664 miljard se beleggingsverbintenisse verkry is.

Meer belangrik is dat hierdie beleggings 'n ware impak maak. Daar is reeds projekte van sowat R9 miljard voltooi en 27 projekte van meer as R250 miljard is tans in die implementeringsfase, met meer wat vanjaar aan lyn sal kom.

Hy moedig ook almal aan om Suid-Afrikaanse produkte te koop en verwys na sy pak, wat nuut is, maar in Kaapstad gemaak is. 

13 Feb. 21:37:23

Hulp vir entrepreneurs

In die volgende drie jaar sal 100 000 jong entrepreneurs gehelp word met toegang tot sakevaardigheidsopleiding, finansiering en markfasilitering. Ons sal ook die SheTradesZA-platform bekendstel om ondernemings wat deur vroue bestuur word, te help. 

13 Feb. 21:34:37

Nuwe tuiste vir duisende

'n Nuwe slimstad is aan die vorm aanneem in Lanseria, wat tussen 350 000 en 500 000 mense oor die volgende tien hul tuiste sal noem. Die proses word gelei deur die kantoor vir beleggings en infrastruktuur in die presidensie in samewerking met Gauteng en Noordwes en die stede van Johannesburg, Tshwane en Madibeng.

13 Feb. 21:32:26

Werkskepping vir die jeug

Ramaphosa sê daar sal uit die begroting geld opsygesit word om te help om werk vir jeugdiges te skep. 

Hy sê tweederdes van die 1,2 miljoen jeugdiges wat verlede jaar die werkmark betree het, nie werk of opleiding kry nie.

Meer as die helfte van alle jeugdiges is werkloos. Ons moet die land laat werk vir die jeug. Die oplossing moet tweeledig wees. Ons moet geleenthede skep vir jeugindiensneming en entepreneurskap.

Mboweni sal die grootskeepse skepping van werk vir jeugdiges prioritiseer en detail in sy begrotingsrede verskaf.  

13 Feb. 21:29:34

OBK

Ramaphosa sê hy het ‘n verslag van die Zondo-kommissie oor die Openbare Beleggingskorporasie ontvang en sal dit binnekort uitreik, maar met ‘n plan oor aanbevelings.  

13 Feb. 21:29:27

Bendegeweld

Teenbende-eenhede sal ook versterk en uitgebrei word na die Oos-Kaap, Gauteng en die Vrystaat, hoewel die Wes-Kaap steeds prioriteit sal wees. 7 000 nuwe polisie-rekrute sal vanjaar die polisiemag versterk. 'n Universiteit vir misdaadopsporing sal ook in Hammanskraal gestig word om die gehalte van algemene en gespesialiseerde polisie-ondersoeke te verbeter. Ons sal nie opgee met die stryd teen korrupsie en staatskaping nie. Ons moet saamwerk om dit uit te roei en die oppergesag van die reg te versterk. Ons sal nie korrup wees nie.  


13 Feb. 21:27:24

Verlede jaar het ek die nasie gevra om by my aan te sluit om hulle te verbeel oor 'n nuwe slim stad wat 'n ware post-apartheidstad wat sal opskiet om die maatskaplike en ekonomiese apartheidsdorpsbeplanning-argitektuur te verander.

13 Feb. 21:26:09

Nuwe universiteit

Ons het ook besluit om 'n nuwe universiteit van wetenskap en innovering in Ekurhuleni te stig. Ekhurhuleni is die enigste metro in die land wat nie 'n universiteit het nie.

Toerisme

Ramaphosa sê reserwe-polisiekapasiteit sal ingespan word om toeriste-aantreklikhede te beveilig.  


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.