Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Duduzane nou bereid om voor kommissie te getuig

  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping ondersoek onder meer die aantygings dat die Gupta-familie 'n onbehoorlike invloed op oudpres. Jacob Zuma gehad het.
  • Ajay Gupta wil nie na Suid-Afrika terugkeer om voor die kommissie te getuig nie, maar is bereid om dit met 'n video-uitsending te doen.
  • Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê veral Ajay Gupta word ernstig geïmpliseer en hy wil baie graag hê dat Ajay sy saak voor die kommissie kom stel.
10 Sep. 13:45:33

Die Vrystaat is los voor met betalings aan die Guptas. 

10 Sep. 13:26:58

Die kommissie se sitting word verdaag tot Woensdag om 10:00.

10 Sep. 13:25:26

Zondo sê hy wag nog vir die beëdigde verklarings van Ajay en Rajesh Gupta oor hul aansoek vir kruisondervraging van die getuies.

Wanneer hy dit gekry het, kan hy sy besluit finaliseer oor of hulle van die getuies mag kruisondervra.


10 Sep. 13:23:36

Pretorius sê Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, sal die volgende getuie wees. Sy sal Woensdag getuig.


10 Sep. 13:19:35

Duduzane Zuma sê hy sal voor kommissie getuig

Adjunkhoofregter Raymond Zonda verskoon die getuie.

Adv. Paul Pretorius SC gaan nou die kommissie toespreek oor onlangse nuwe verwikkelings.

Pretorius sê Duduzane Zuma se prokureurs het 'n brief geskryf aan die kommissie.

Die inhoud daarvan word op rekord geplaas.

Pretorius sê voorheen is dit aan die kommissie gestel dat Duduzane Zuma nie voor die kommissie sal getuig nie, omdat hy saam met die kommissie se ondersoek ook deur kriminele klagte in die gesig gestaar word wat verband hou met die werkinge van die kommissie.

Duduzane Zuma het intussen die aangeleentheid heroorweeg en hy sê hy is bereid om voor die kommissie te getuig, spesifiek oor die kwessies waaroor Mcebisi Jonas getuig het.

10 Sep. 13:06:10

Maleka verwys nou na die tydperk toe Themba Maseko uit die GCIS verwyder is omdat hy nie betalings aan die Guptas wou goedkeur nie.  

Maseko is op 2 Februarie 2011 weg by GCIS en in daardie maand het die betalings van GCIS aan die Gupta se mediamaatskappye begin en al hoe groter geword.  

Die eerste betaling was vir sowat R300 000.  

Maleka verwys nou na die verskillende maande se betalings daarna. In Januarie 2012 was die betaling R500 000.  

Die groot sprong was in Maart 2012 toe 'n betaling van meer as R5 miljoen gemaak is.  

Gilliland bevestig die bedrae soos wat Maleka dit uitwys.

10 Sep. 12:58:48

Wanneer die betalings verder opgebreek word wat aan die Guptas se media-entiteite betaal is en daar spesifiek na die kantore van die provinsies se onderskeie premiers gekyk word, wys dit dat die Vrystaat se Ace Magashule die meeste betaal het. 

10 Sep. 12:54:31

Volgens dié inligting het die kantoor van die Wes-Kaapse premier nié geld aan die Guptas se media-entiteite betaal nie.

10 Sep. 12:53:24

Só het die Vrystaatse premier se kantoor heelwat meer bestee aan die Guptas se media-entiteite as ander premierskantore. Foto: Twitter/eNCA

10 Sep. 12:48:18

Meer oor:  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.