Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Magashule se aanstelling van Gupta-man bevraagteken deur Zondo

  • Peter Mbana Thabethe, 'n voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, het Donderdag voor die Zondo-kommissie getuig.
  • Hy moes bontspring om talle vrae te beantwoord oor die manier waarop daar besluit is 'n suiwelprojek gaan in Vrede begin word, asook oor 'n besoek aan Indië.
  • Die Zondo-kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek die erge korrupsie in die staatsdiens wat veral onder die leierskap van oudpres. Jacob Zuma hoogty gevier het.
15 Aug. 16:32:51

Die sitting verdaag vir vandag.

Vrydag se sitting begin om 10:00.

15 Aug. 16:28:33

Zondo sê waarom dan Indië besoek alvorens die voorafstudies voltooi is om te bepaal of die projek haalbaar is nie?

Thabethe antwoord daar is gesoek na voorbeelde van beste praktyk in die bedryf.

15 Aug. 16:20:21

Voorafstudies vir Vrede-melkplaas kos R17 miljoen, hoor Zondo

Zondo wil weet wat so dringend was aan die besoek alvorens die geld behoorlik deurgekom het.

Daar was nie geld toegeken vir die besoek nie?

Thabethe sê die geld was klaar daar. Dit is in 'n aansuiweringsbegroting toegeken en het by provinsiale tesourie gelê.

Zondo sê so sodra mens die goedkeuringsbrief het, is dit so goed as dat die geld in jou eie departement is.

Gcabashe vra nou oor voorafstudies wat R17 miljoen gekos het.

Gcabashe sê so hier word aangedui daar is R17 mlijoen begroot? Vir die voltooiing van drie planne?

Thabethe sê ja.

Zondo sê ja, watter planne is dit. Watter planne kos so duur?

Thabethe sê dit ontwikkeling van 'suiwelplanne' is duur. Mens moet 'n omgewingsimpakstudie, haalbaarheidstudie, besigheidsplan, 'n analise van 'n water-allokasieplan, ontwerpe wees vir die melkery, vir alles moet daar spesialiste wees. Op die einde het jy dan 'n suiwelplan.

Zondo sê so dit is 'n noodsaaklike plan. Jy wil weet of dié projek of besigheid wat onderneem gaan word, haalbaar sal wees en die antwoord is op wat gesoek word.

Thabethe sê dit is korrek. Nie net in suiwel nie, maar in ander projekte ook.

Gcabashe sê sy wil meer vrae stel oor die R17 miljoen vir die planne. Sy wil weet of daar vooraf 'n beraming gemaak is wat die uiteindelik kostes sal wees van begin tot einde om die drie suiwelprojekte daar te stel?

Thabethe sê mens kan 'n plan hê. Dit is soos om 'n huis te bou vir R1 miljoen. As jy daarna 'n plan optrek wat die koste sal wys. Dan kan jy besluit of jy sal aangaan met die projek.

Gcabashe sê so jy sal R17 miljoen betaal vir iets wat dalk nie gaan gebeur nie, net omdat iemand 'n blink plan gehad het om melkerye in die Vrystaat te vestig.

Thabethe sê mens doen 'n voorafstudie, dit is 'n akademiese studie. Of jy doen 'n omgewingsimpakstudie. Jy moet vir die studie betaal, al wys dit dat die projek nie sal kan voortgaan nie. Mens moet jou beramings maak en jy moet daarvoor betaal.

Dan kry jy die antwoord ja jy kan dit doen, of nee jy kan dit nie doen nie.

15 Aug. 16:04:05

Is dit miljard of miljoen?

Zondo wys nou na 'n dokument waar Thabethe die bedrag skryf as R1000 miljoen. Dit is R1 miljard.

Thabethe sê dit moet R1 miljoen wees.

Zondo lag en sê daar is nog 3 nulle by, so dit is nie miljoen nie dit is R1000 miljoen.

Gcabashe wys aan Thabethe uit hy is die skrywer van die dokument.

Thabathe sê dit moet R1 miljoen wees.

15 Aug. 16:00:53

Zondo vra hoekom belastingbetalers se geld gebruik is om private sakeman na Indië te neem

Zondo vra so Thabathe het nie 'n antwoord waarom hy belastingbetalers se geld gebruik het vir iemand anders se besoek terwyl hy nie weet wat die waarde van daardie persoon sal wees nie.

Thabethe sê hy het nie 'n antwoord nie.

Zondo vra so stem Thabethe saam dat hy verkeerd opgetree het.

Gcabashe sê sy wil byvoeg dat Narayan 'n privaat persoon was. Hy was nie 'n amptenaar van die landboudepartement nie. Hy kon tog seker self betaal het?

Thabethe sê daar was voorheen gevalle waar die landboudepartement vir ander mense betaal het wat nie vir die regering werk nie, soos boere.

Gcabashe sê Narayan is 'n besigheid wat 'n voorsitter van maatskappye is?

Thabethe sê hy moes dit bevraagteken het, soos wat Zondo dit aangedui het, maar hy het nie vrae gevra nie.

Zondo sê so as hy terugkyk, aanvaar hy dat hy verkeerd was.

Thabethe sê dit is so.

Zondo sê daar word 'n aantal kwessies ondersoek, soos tot watter mate in vele ander gevalle belastingbetalers se geld is gemors is. Indien daar vrae gevra is, sou belastingbetalers se geld nie gemors gewees het nie. Hy vra of Thabethe dit verstaan.

Thabethe sê hy verstaan dit.

Zondo vra of Paras toe al 'n strategiese vennoot was van die Vrystaatse landboudepartement. Hoekom het hy in sy motivering genoem dat die ontmoeting met 'n strategiese vennoot gaan wees, as Paras nog nie een was nie.

Thabethe sê dit is omdat daar bedoel is dat ondersoek gaan doen word na 'n potensiële strategiese vennoot.

Zondo sê hy verstaan dit nie. Dan moes genoem word dat 'n potensiële strategiese vennoot besoek gaan word. Hy vra of daar dalk 'n vooraf proses was van skakeling met Paras?

Thabethe sê dalk is dit nie die regte woord nie. Waar mense in die bedryf is, is dit 'n strategiese vennoot. In die Vrystaat is daar byvoorbeeld Graan Suid-Afrika, wat 'n strategiese vennoot is, omdat hulle ook in die landboubedryf is.

15 Aug. 15:49:41

Magashule-man se reiskoste deur staat betaal 'nog voor hy aangestel is'

Zondo wys uit dat Magashule vir Narayan as spesiale raadgewer aangestel het op 29 Februarie 2012. Die versoek wat Thabethe gestuur het om Indië te besoek, is skriftelik op 24 Februarie 2012 gedoen.

So dit beteken dat Narayan nog nie eers as spesiale raadgewer deur Magashule aangestel is, toe daar besluit is hy (Narayan) moet nou namens die premier se kantoor saam na Indië gaan om 'n suiwelmaatskappy te gaan besoek nie.

Gcabashe vra hoekom moes Thabethe fisies self na Indië gaan, daar is 'n hoë kommissaris in Indië wat die taak kon verrig.

Thabethe sê as landboukundige is daar sake wat ondersoek moes word.

Gcabashe vra wie vir Narayan se vliegtuigkaartjie betaal het.

Thabathe sê dit was sy departement wat Narayan se vliegtuigkaartjie betaal het.

Zondo sê dan is Gcabashe se vraag soveel te meer belangrik. Volgens Thabethe was dit net nodig vir hom om na Indië te gaan, nou gaan daar iemand saam en sy departement moet daardie persoon se reiskoste betaal. Moet hy nie vra wat is die waarde wat hierdie persoon toevoeg om saam na Indië te gaan.

Thabathe sê dit is nie so maklik om in te gaan en vrae te vrae nie?

Zondo sê dit mag nie maklik wees nie, maar hoekom nie? Daar het dinge in die land verkeerd gegaan en mense het gesê dit was nie maklik om vrae te vra nie, want dit was nie maklik nie. Hoekom was dit nie maklik nie?

Thabethe sê soos hy dit verstaan het, moes daar iemand van protokol saamgaan. En soos hy verstaan moet die departement wat die besoek aanvra vir daardie protokol-persoon se reiskoste betaal.

15 Aug. 15:39:00

Zwane sê Gupta-man moet saam na Indië gaan om melkprodusent te besoek

Gcabashe vra hoekom het Thabethe aan Magashule geskryf en nie aan die LUR vir landbou nie om Indië te besoek nie.

Thabethe antwoord die mag is nie na LUR'e gedelegeer nie, maar die goedkeuring moet deur die premier gemaak word.

Zondo sê maar sou hy nie aan die LUR gaan vir toestemming en dan sou die LUR na die premier gaan nie? Of sou hy direk aan die premier skryf?

Thabethe sê daar is 'n templaat wat ingevul word waar die premier die toestemming gee en wat die LUR ook onderteken.

Gcabashe sê in die versoek om na Indië te gaan, word verwys na 'n melkplaas nié 'n buffelplaas nie. Sy vra wie Ashok Arayan is.

Thabathe sê 'n  melkplaas bly 'n melkplaas, of die melk nou afkomstig is van beeste, buffels, of bokke afkom.

Gcabashe sê in Botswana kry mense melk vanaf donkies, maar dit kan jy nie 'n melkplaas noem nie.

Thabathe sê maar daar is melkerye waar die melk van bokke afkom, dit gaan oor die melk.

Gcabasve vra wie Narayan is, hoekom het hy saam na Indië gegaan.

Thabathe sê Narayan was 'n raadgewer aan die premier en hy het Thabathe vergesel.

Gcabashe vra hoekom spesifiek dié individu, is hy 'n kenner van melkerye?

Thabathe sê hy lan dit nie antwoord nie. Zondo vra of hy Narayan gekies het?

Thabathe sê Zwane, in daardie stadium die LUR vir landbou en landelike ontwikkelling, Mosebenzi Zwane, het gesê Narayan moet saamgaan.

Thabathe sê vir protokol doeleindes moes iemand van die premier se kantoor saamgaan. Die verskillende departemente het nie protokol-beamptes nie. So dit was daardie amptenare se verantwoordelikheid om na protokol te kyk.

Zondo vra wat het protokol hiermee te doen, want hy het 'n privaat maatskappy gaan besoek. Thabathe sê dit is hoe dit is, hy kan nie dit antwoord nie.

Gcabashe sê Narayan was skaars 'n maand daar, hy was slegs op raadgewer vlak, hoekom is hy gekies?

Thabathe sê hy kan nie sê nie.

Zondo vra of hy vir Narayan geken het.

Thabathe sê hy het hom in ander vergaderings gesien, maar het nie direkte kontak met hom gehad nie.

15 Aug. 15:25:26

Oud-landbouhoof erken hy het verkeerd getuig

Gcabashe sê die geld wat uitgegee is, het nooit die eindresultaatverkry wat verwag is nie.

Thabethe om klein melkerye te begin en hulle te los, sou nie help nie. Hulle sou net inplof.

Gcabashe sê daar was suiwelaanlegte in Harrismith, Frankfort en Standerton (Standerton het egter gesluit).

Dit sou nie meer as R250 miljoen kos oor 'n twee jaar tydperk om te gaan kyk na hierdie aanlegte nie.

Thabethe sê daar is private aanlegte in Frankfort en Harrismith, ja hy stem saam daar was hierdie aanlegte, maar hulle kon nie help met die probleem by Vrede nie.

Zondo vra of hy dan vroeër getuig het daar is nie 'n suiwelaanleg in die Vrystaat of in die omgewing van Vrede nie. Nou aanvaar hy daar was ten minste twee suiwelaanlegte, so Gcabashe is korrek.

Thabethe sê dit is korrek.

Gcabashe sê sy wil weer fokus op Paras, en dat Ashok Narayan as raadgewer van die premier (Ace Magashule) vir Thebathe na Indië vergesel het.

15 Aug. 15:16:51

Vrae oor waarom Indiese model gekies word

Thabethe getuig oor die rede waarom hy die Paras-maatskappy verkies het.

Hy sê die belangrikste deel was dat hulle melk gaan haal het by klein produsente, asook die sukses wat hulle het oom dié melk te verwerk. Dit sou die ideale stelsel wees vir die Vrystaatse model.

Zondo sê so die hoofrede waarom Thabethe Paras verkies het, was omdat hulle melk ingevorder het van kleinboere. Waarom was dit aanloklik vir Thabethe?

Hy antwoord die Paras-model sou die antwoord wees vir al die probleme wat hulle het.

Zondo sê hy antwoord nie, hoe het Thabethe gesien dit sal help met die Vrystaats projek.

Thabethe sê indien daar 'n melkery in die Vrystaat begin kon word wat die melk kon insamel, sou hulle ook kleiner melkerye kon stig wat aan die groter aanleg melk kon verskaf.

Zondo sê soos hy verstaan het die melkproduksie in die Vrystaat gedaal. So wat die Vrystaatse landboudepartement wou gehad het is om melk te verwerk, nie net wat op die plaas verkry is nie, maar ook vanaf kleinboere.

Thabethe sê Paras het 'n stelsel om melk te gaan haal by kleinboere en dan na een groot aanleg te neem om dit te verwerk. So die volumes kan vergroot word van melk wat van die kleinboere verkry word, en dit kan ook help om kleinboere te vestig.

Gcabashe sê sy het 'n dokument wat Maree ingedien het en wat wys dat Indië se maatskappy wat die meeste melk invorder 18de lê op die internasionale mark. DIt terwyl maatskappye van Frankryk, Nieu-Seeland bai beter presteer. Moet sy bekommerd wees oor die studie wat Thabethe gedoen het?

Thabethe sê dit is groot maatskappye, die Vrystaatse landboudepartement wou nie so groot gaan nie, die plan was om mense soos kleinboere op grondvlak te help. Daarom is daar na 'n land gekyk wat dieselfde is as Suid-Afrika met dieselfde tipe boere.

15 Aug. 14:50:38

Buffels is dieselfde as beeste, sê oud-landbouhoof van Vrystaat

Thabethe sê die rede waarom die Paras-model gekies is, is omdat dit 'n werksmodel het waar melk by kleiner boere gaan haal word, na die aanleg geneem word, en daar verwerk word.

Dit is die rede waarom daar op die Paras-model besluit is, sê Thabethe.

Zondo vra of Thabethe kan sê wat die probleme was waarom die Vrystaatse landboudepartement besluit het 'n suiwelplaas sal die oplossing voor wees.

Thabethe sê kleiner produsente het gesluit, in die Vrystaats was daar geen verwerkingsaanleg om melk te verwerk nie - die werksgeleenthede wat deur melk geskep kon word, was elders.

Verder het swart boere nog nie deel geword van die suiwelbedryf nie, hulle was in die vleisbedryf maar nie in die suiwelbedryf nie.

Gcabashe sê sy sal môre verder vra oor die navorsing wat gedoen is om te besluit waar die melkplaas geleë sal wees. Sy sal môre daaroor vra.

Gcabashe sê sy wil weer op Paras fokus, want Paras het meesal op melk gefokus wat van buffels afkomstig is, 57% van die melk wat verkry word, is buffels (waterbuffels) in Suid-Afrika is daar nie sulke buffels nie. So Thabethe het 'n produsent bekyk wat nie heeltemal dieselfde is nie.

Thabethe sê hy stem nie saam nie, die kwantiteit en volumes en model is dieselfde, of jy nou melk van 'n buffel of 'n bees kry. In Indië word daar buffels gebruik en in Suid-Afrika beeste, maar dit is dieselfde.


Meer oor:  Estina  |  Vrystaatse Regering  |  Politiek  |  Raymond Zondo  |  Kaapstad  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.