Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Magashule se aanstelling van Gupta-man bevraagteken deur Zondo

  • Peter Mbana Thabethe, 'n voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, het Donderdag voor die Zondo-kommissie getuig.
  • Hy moes bontspring om talle vrae te beantwoord oor die manier waarop daar besluit is 'n suiwelprojek gaan in Vrede begin word, asook oor 'n besoek aan Indië.
  • Die Zondo-kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek die erge korrupsie in die staatsdiens wat veral onder die leierskap van oudpres. Jacob Zuma hoogty gevier het.
15 Aug. 14:41:01

Amptenaar gee lang antwoord, maar nie op vrae wat gevra word

Gcabashe vra nou oor die landboudepartement se voorstel vir die aanstelling van die vennootskap wat met die Indiese suiwelmaatskappy, Paras, voorgestel is.

Gcabashe sê Thabethe het nie toegang tot al die dokumente wat nou by die kommissie ingedien is nie, want daar is op dié dokumente beslag gelê.

Dit sluit 'n beëdigde verklaring in wat Thabethe afgelê het, maar waarvan die oorspronklike en sy afskrif met verskillende klopjagte in beslag geneem is.

Thabethe gevra hoekom 'n Indiese maatskappy juis betrek is.

Hy antwoord dat stelsel van produksies ondersoek is en dat die model wat die naaste is aan dié wat hier gepas is, is van die Paras-maatskappy.

Thabethe sê hy het die navorsing (desktop research) gedoen - hy het al daarmee begin toe hy by die nasionale regering betrokke was. Suiwel is landwyd 'n probleem en dit is kwessie waarna nog altdyd gekyk moes word.

Zondo vra bedoel hy suiwel of melk, was die belang in melkproduksie of in die suiwelbedryf.

Thabethe sê dit is albei. Die navorsing oor melkproduksie is op nasionale vlak gedoen, wat die neigings is.

Met melkproduksie, daar is melk in verskillende provinsies vervaardig en daar is ook die verwerking van melk in verskillende provinsies gedoen. Met betrekking tot die Vrystaat, in ag genome dat melkproduksie kleiner geword het, is uitgevind dit is die kleiner melkery wat gesluit het want dit is nie winsgewend nie.

Die probleem is die vervoerkoste, daarom het die Vrystaats landboudepartement besluit daar moet in plaaslike suiwelaanlegte belê word.

Die land sal opeindig in 'n situasie waar suiwel ingevoer sal moet word.

Thabethe sê melk sou van die Vrystaat af kom, na Gauteng gestuur word om verwerk te word, en dan weer terug in die Vrystaat versprei word.

Gcabashe sê sy het gevra oor Paras. Sy stel belang in Paras. Sy verwys na David Maree, landbou-ekonoom, se getuienis dat Paras nié die grootste melkprodusent in Indië is nie.

Waarom is Paras gekies?

15 Aug. 14:17:41

Mbana Peter Thabethe, voormalige departementshoof van die Vrystaats landboudepartement, getuig verder. Adv. Leah Gcabashe SC lei sy getuienis.

Thabethe word gevra oor 'n opdrag-kennisgewing wat belangrik is want dit verwys na 'n verkrygingsplan. HY word gevra of hy is hoof van die departement daarvan geweet het alvorens dit na die tesourie gestuur is.

Gcabashe sê in ag genome dat Thabethe 'n senior amptenaar is, behoort hy al die regulasies te ken vir die verkryging van goedere en dienste (tenderprosedures).

15 Aug. 14:06:48

Die sitting gaan voort na middagete.

15 Aug. 13:04:38

Die sitting verdaag vir middagete.

15 Aug. 12:26:35

Gcabashe verwys nou na die stelsel waar die hoof van 'n departement saam met amptenare vergader om te besluit of daar afgewyk sal word van die tenderproses. Sy sê indien die hoof van 'n departement deel  is van daardie groep, kan die stelsel misbruik word. Dié hoof sal sy eie wil kan afdwing om die besluit te beïnvloed.

15 Aug. 12:16:43

Thabethe getuig nou oor die uitsonderings wat gemaak mag word om uitgawes van hoër as R500 000 goed te keur - soos in noodgevalle.

15 Aug. 12:09:12

Thabethe getuig oor tenderbeleid

Gcabashe sê Roy Jankielsohn, DA-lid van die Vrystaatse Wetgewer, het reeds voor die kommissie getuig die idee van Mohama Mobung het in November 2011 begin, is dit reg?

Thabethe sê dit is reg.

Gcabashe sê sy wil weet wie die span is wat Thabathe betrek het by die strategie.

Thabethe sê die mense wat daar was, het vanaf openbare werke gekom na die departement van landelike ontwikkeling. Hulle het met sekere ampte gekom.

Gcabashe vra nou direk of dr. Takisi Masiteng daar was en of Selpate Dlamini daar was.

Thabethe bevestig dit.

Gcabashe verwys nou na 'n dokument met Thabethe se handtekening daarop. Dit is die tenderbeleid van die Vrystaatse landboudepartement.

Thabethe was in April 2012 die hoof van die Vrystaatse landboudepartement toe dié tenderbeleid deur hom onderteken is.

Hy verduidelik aan die einde van die 2011-'12-boekjaar, einde Maart 2012, het hy verskuif vanaf sy pos as die hoof van die departement van landelike ontwikkeling na die posisie van rekeningkundige beampte van die departement van landbou. Toe hy die tenderbeleid op 1 April 2012 onderteken het, het hy die erns van die beleid besef, getuig Thabethe op 'n vraag van Gcabashe.

Hy lees uit die dokument dat 'n mededingende tenderproses vir alle bedrae hoër as R500 000 gevolg moet word.

15 Aug. 11:47:52

Meer oor Vrystaatse regering se strategie vir landelike ontwikkeling

Thabethe word gevra oor 'n dokument oor die sogenaamde ''Mohama Mobung"-strategie wat deur die Vrystaatse regering gevolg is.

Thabethe antwoord dit kan gesien word as 'n strategie, raamwerk, konsep - afhangend wie daarna verwys.

Gcabashe sê sy gaan meer algemene vrae aan Thabethe vra. Onder watter departement sal 'n melkplaas, ongeag of dit die Vrede-melkplaas is of nie, val?

Hy antwoord dit val onder landelike ontwikkeling en landbou.

Gcabashe vra die plan van die melkplaas, watter departement het daarmee vorendag gekom?

Thabethe sê die melkplaas het sy ontstaan by landelike ontwikkeling. Daar moes 'n strategie wees om mense se lewe te verbeter met projekte in die platteland.

Die Mohama Mobung-strategie is hiervoor geformuleer.

Thabethe sê hy het die konsep van die strategie help saamstel. Die melkplaas was maar een van daardie strategieë. Daar moes klein dorpies ontwikkel word, en die algemene standaard van mense se lewe op die platteland moes verbeter word.

Daar was planne vir agri-dorpe. 'n Mens kan byvoorbeeld nie net 'n plaas stig nie, maar daar moet allerlei projekte daarby inskakel om mense se lewe te verbeter.

15 Aug. 11:34:51

Thabethe getuig verder.

15 Aug. 11:15:01

Die sitting verdaag vir tee.

Meer oor:  Estina  |  Vrystaatse Regering  |  Politiek  |  Raymond Zondo  |  Kaapstad  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.