Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zondo vir eers klaar vir vanjaar
  • Ace Magashule se assistent in die dae toe hy die Vrystaatse premier was, beantwoord vrae oor sy dae as "blesser".
  • Die assistent, Moroadi Cholota, se naam is een van 'n paar van die amptenare wat in Magashule se kantoor gewerk het wat geld gevra het van 'n tenderaar wat die omstrede asbes-tender gekry het.
  • Igo Mpambani, die sakeman wat die tender van R255 miljoen gekry het, is in Junie 2017 op teregstellende manier in Sandton doodgeskiet.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek verdagte tenders van die Vrystaatse regering as deel van die groter ondersoek na staatskaping in die land.
06 Des. 11:04:46

Cholota is bereid om te help sodat meer stawende dokumente gesoek kan word vir haar getuienis.

Sy sê dat sy haar bes sal doen om te help.

Haar getuienis is klaar.

Zondo sê Cholota is die laaste getuie vir vanjaar. Sittings sal weer in 2020 op 13 Januarie voortgaan.

Die sitting verdaag.

06 Des. 10:56:59

Amptenaar 'weet niks' van e-pos op haar rekenaar waar bedrag van R51 miljoen genoem word

Rangata verwys na 'n e-pos wat op 3 Februarie 2015 gestuur is. Dit sluit die naam van die sakeman Mpambani en ene John Clarks in. Bedrae hierin sluit in R31 miljoen asook R20 miljoen. En die totaal is R51 miljoen. Dit is op Cholota se rekenaar gekry.

Cholota sê sy weet niks van die e-pos nie. Sy het nie daarna gekyk of eens daaraan gedink nie.

Rangata sê so dit was net op haar rekenaar. Sy het nie vir Mpambani hieroor gevra nie.

Cholota sê die ondersoekers van die kommissie het haar ook daaroor gevra, sy het gesê sy weet niks daarvan nie.

Zondo sê daar sal verder oor hierdie en ander sake ondersoek gedoen moet word. Hy sê van die e-posse moet verder ondersoek word en daar sal verder met Cholota hieroor gesprekke moet wees. Haar regsverteenwoordigers is ook by die kommissie, hulle kan betrek word.

06 Des. 10:49:09

06 Des. 10:47:53

Sakeman wat Vrystaatse tenders wen, beloof skootrekenaars

Zondo sê dit is belangrik om seker te maak of die versoeke wat Cholota ontvang het, haar naam genoem het by daardie versoeke omdat dit deel was van haar amptelike take.

Hy sê van die bedrae is taamlik hoog. Een bedrag is vir R470 000, ook R30 000 wat R500 000 saam is vir studente wat in Kuba studeer. Waarom so 'n groot bedrag?

Cholota sê sy het dit nagegaan, daar was 'n besoek aan Kuba. Mpambani het beloof hy sal skootrekenaars koop vir die mediese studente. 200 skootrekenaars sou met die R470 000 betaal word. 

Daar is egter goedkoper skootrekenaars gekry en Mpambani het R300 000 betaal. Die bedrag is van hom gevra omdat hy beloof het dat hy skootrekenaars vir studente sou koop.

Die voorsitter van 'n studenteraad het ook R30 000 nodig gehad vir 'n Afrika-dag en het dit gevra. Dit is ook betaal.

Cholota sê sy gaan oorsee en vertrek die 13de op 'n vraag van Zondo of sy sal kan help om die nodige dokumente te verskaf om haar getuienis te staaf.

06 Des. 10:37:31

Zondo vra of die lys van mense diegene was wat sake gedoen het met die Vrystaatse regering?

Cholota sê sy sal nie weet nie.

06 Des. 10:35:46

Magashule het amptenare gevra om skenkings van sakemanne te kry

Zondo vra of Choloti die versoeke sou rig en of dit Magashule self is wat die versoeke sou rig aan die sakemanne.

Choloti sê nadat hulle die versoeke kry vir skenkings sal hulle na Magashule gaan. Hy sal vra of hulle al ander maniere probeer het om die geld te kry. Hy sal dan vra of hulle met sakemanne gepraat het.

Choloti sê dit was die aanduiding dat Magashule goedkeuring gegee het dat die geld verkry word van private sakemanne. Choloti sou in ander gevalle, wanneer Magashule nie beskikbaar is nie en die geld dringend nodig is, voortgaan om die sakemanne self te kontak.

Choloti getuig dit is sy wat self besluit na watter sakemanne die versoeke gestuur word. Sy stuur die versoeke na verskillende mense, totdat sy die geld kry.

Adv. Rangata vra hoe kies sy die sakemanne?

Choloti sê daar is 'n lys. Indien iemand al vantevore gehelp het, sal sy weer dieselfde mense kontak. Dit is vanaf 'n "databasis" soos mense wat genooi is na die funksies van die premier.

Volgens Choloti sê dit was nie net 'n groep name wat sy gekontak het nie. Dit is nie regverdig om dieselfde sakeman of sakevrou dag na dag te kontak nie. Daarom het sy verskillende mense gevra.

Rangata sê Mpambani was een van die mense wat die meerderheid betalings geskenk het, hoe het dit gebeur? Was hy bloot die een wat graag gehelp het?

Choloti sê Mpambani is nie die enigste sakeman wat sy gekontak het nie. Sy het 'n lys van sakemanne wat sy gekontak het.

06 Des. 10:23:30

Só deel Magashule geld uit van sakemanne

Choloti getuig oor 'n versoek vir geld wat vanaf die premier se kantoor na die sakeman, Igo Mpambani, op 28 Junie 2016. Dit was 'n versoek vir R250 000 wat aan 'n reisagent, Astra Travel, betaal moes word.

Choloti getuig Mpambani was 'n sakeman.

Sy bevestig dat sy die versoek gestuur het. Sy het verskeie e-posse aan verskeie mense gestuur. Sy kan nie sê waarvoor dit was nie, die boodskap in die e-pos.

Adv. Rangata verwys nou na 'n e-pos van Magashule se kantoor waarin Mpambani bedank word vir die betaling wat gemaak is.

Choloti moet nou antwoord hoekom 'n private persoon gevra word vir geld vir reisplanne.

Sy getuig indien daar versoeke is wat niks te doen het met die regering nie, sal Magashule private mense vra om dit te betaal.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê is dit Choloti se getuienis dat indien die versoek aan 'n privaat persoon is, is dit nie vir die premier nie, maar vir iemand anders, maar dit is wel op versoek van die premier en sy (Choloti) sou namens die premier die versoek rig.

Choloti antwoord dit is korrek. Sy sê in meeste indien nie al die gevalle nie, is dit versoeke vanaf studente. Soos 'n groep kunstenaars wat wil gaan optree maar nie geld het nie.

Dit is versoeke wat aan die premier gerig word vir geldelike hulp, maar indien die direkteur-generaal sê dit kan nie deur die kantoor van die premier betaal word nie, sal Magashule vra dat private mense moet help.

Choloti sê in 80% van die gevalle sal dit studente wees, kunstenaars of atlete, wat vra vir geld.

06 Des. 10:08:12

Moroadi Cholota getuig.

06 Des. 10:05:50

Magashule se assistent getuig

Adv. Baitseng Rangata lei Cholota se getuienis.

Cholota getuig sy het in Augustus 2013 in die kantoor van die Vrystaatse premier begin werk. Sy het tot 30 Junie vanjaar daar gewerk.

Cholota verwys na Magashule as "Tata" Magashule.

Sy het in die kantoor gewerk as administratiewe hoof van die kantoor.

Cholota het al die oproepe en e-posse hanteer wat die kantoor van die premier gekry en uitgestuur het. Sy het ook die dagboek en reisplanne behartig.

06 Des. 10:00:34

Cholota is een van die getuies wat deur die kommissie gedagvaar is om te kom getuig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.