Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: McBride getuig oor ’n gekonkel by Opod

  • Robert McBride, voormalige uitvoerende bestuurder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het Maandag verder voor die kommissie van ondersoek na staatskaping, onder leiding van adjunk-hoofregter Raymond Zondo, getuig. 
  • McBride het verlede week getuig hoe daar in 2014 en 2015 doelbewuste pogings was om staatsinstellings wat korrupsie in Suid-Afrika bestry te verswak deur hul hoofde weens vals bewerings te verwyder en hulle met ja-broers te vervang. 
  • Maandag het hy getuig dat minstens agt senior bestuurders van Opod, in die 18 maande sedert sy skorsing in 2015, bedank het of “vervang” is. McBride is later in sy posisie heraangestel en het die pos tot in 2019 beklee. 
  • McBride gaan waarskynlik later onder kruisverhoor geneem word omdat hy sowat 50 hooggeplaaste politici en amptenare impliseer.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek omvangryke korrupsie in die staatsdiens, asook die betrokkenheid van politici en amptenare by staatskaping.
15 Apr. 17:07:57

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking.

15 Apr. 17:07:43

Die kommissie verdaag tot dan.

15 Apr. 17:07:36

Zondo sal môre omstreeks 09:30 uitspraak lewer in die aansoek van Tom Moyane (om Pravin Gordhan) te kruisondervra. Daarna sal McBride se getuienis hervat.

15 Apr. 17:06:49

Pretorius: Jy sal Dinsdag vir die kommissie sê dat Opod 'n aantal polisiebeamptes ondersoek het en dat die polisie in reaksie 'n teenondersoek teen Opod-amptenare begin het. Ook dat daar 'n hofuitspraak daaroor was. Ons sal dit môre bespreek.

15 Apr. 17:04:34

Die ander is Nkabinde wat ook genader is in 'n stadium om sy getuienis te verander. Toe hy weier, is hy glo uit die taakspan geskop.

15 Apr. 17:03:55

Pretorius sê hy wil met die laaste vraag vir die dag begin. Hy sê Mahlangu noem in die bandopname homself, die uitvoerende bestuurder (McBride), Paul en ander name. Wie is hulle?

McBride: Die enigste persoon wat ek nie ken nie, is Prince.

15 Apr. 16:59:26

McBride: Litigasie tussen ons en Phahlane en die Mabula-span verbied sulke planne.

15 Apr. 16:58:43

Dit was 'n rookskerm of plan om Opod se ondersoek teen Khomotso Phahlane (voormalige waarnemende polisiekommissaris) teen te werk, sê McBride.

15 Apr. 16:57:52

McBride: Ek is nie seker nie, maar ek dink hulle praat van Sesoko se skootrekenaar.

15 Apr. 16:57:38

Pretorius: Mahlangu sê aan Kgomo dat hy ook vir Sesoko moet insluit. Kgomo sê dat Sesoko sover niks verkeerd gedoen het nie. En dat die skootrekenaar gevind moet word. Wie se skootrekenaar?

Meer oor:  Johannesburg  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.