Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Adviesraad vergader Sondag oor inperking
Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, het die media Woensdag om 16:30 toegespreek. Sy het besonderhede verskaf oor die regering se ingrypings om die ekonomie te herbou en aan verskeie kwessies ná verlede week se geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng aandag gee.
21 Jul. 17:21:48

Steel van ammunisie

Volgens haar is die grondslag daarvan dat die regering sê daar was ’n plan om die gesag van die staat te ondermyn dat ’n ammunisie-depot geteiken is.

Die ondersoek oor die gesteelde ammunisie gaan aan. Wanneer inhegtenisnemings gedoen word van diegene wat ammunisie gesteel het, sal dit gekommunikeer word.

21 Jul. 17:12:59

Toestand van David Mabuza

Sy wil nie uitwei oor die gesondheidstoestand van die adjunkpresident, David Mabuza, nie, omdat dit volgens haar sy eie saak is.

Al wat glo in die openbare belang is, is dat hy gesondheid genoeg is om te lei. In daardie opsig het sy reeds gesê Mabuza sal gou terugkeer na Suid-Afrika nadat hy in Rusland behandel is. 

Oudpres. Jacob Zuma en sy seun Duduzane het destyds op ’n podsending beweer dat Mabuza jare gelede vergif is en toe na Rusland moes gaan vir behandeling.

21 Jul. 17:08:01

Spesiale Covid-19-toelae

Volgens haar word verskeie ingrypings bespreek vir arm gemeenskappe.

Sy wil nie sê of die spesiale Covid-19-toelae weer ingestel sal word nie.

Die kabinet moet eers die kwessie oorweeg. 

Spioenasie
Oor pres. Cyril Ramaphosa, wat na bewering deel was van die Pegasus-skandaal waar daar glo op hom gespioeneer is, sê die minister hulle is uiteraard nie gelukkig dat hulle geteiken is nie.

Dit skend nie net die privaatheid van die president nie, maar die soewereiniteit van die land. 

Ander lande kan dalk die besluite van die land beïnvloed.

Volgens haar sal die SVA ondersoek instel of daar met die president se foon gelol is, maar ons is nie gelukkig nie. Dit is jammer dat die verslag kom nadat betrekkinge in die streek begin verbeter het.

Hulle vra ander lande om die soewereiniteit van lande te respekteer en om diplomatieke kanale te gebruik om inligting oor Suid-Afrika te bekom.

21 Jul. 17:03:01

Covid-adviesraad vergader Sondag oor inperking

Die nasionale koronavirus-bevelsraad sal Sondag vergader oor moontlike inrypings en om te besluit of hy regulasies gaan verslap of nie.

Sy wil nie die kwessie vooruitloop nie.

Sy wil nie haar oor alkoholverkope uitlaat nie.

21 Jul. 17:01:30

Covid-situasie in KZN tans onbekend

Volgens die minister is Covid-19-toetsing in Gauteng aan die gang.

In KwaZulu-Natal was dit weens die omstandighede egter moeilik om verlede week toetse te doen. 

Dit kan ’n rol speel in die laer getalle. Dit kan wees omdat die syfers van KZN nie deurkom nie.

Die minister dink nie vir KZN is die syfers die weerspieëling van die werklikheid nie.

21 Jul. 16:55:48

20 Sassa-kantore en 20 poskantore gevandaliseer, afgebrand

Wetstoepassingsagentskappe stel ondersoek in na die beweerde mobilisering van Suid-Afrikaners teen buitelandse vragmotorbestuurders. Dit hou nie met die onlangse onluste verband nie. 

Kabinetsministers is in gesprekke oor hoe die situasie hanteer kan word. 

Altesaam 20 Sassa-kantore en 20 poskantore is in die onluste gevandaliseer en afgebrand. In Gauteng is een Sassa-kantoor, in Alexandra, afgebrand. 

Dit is vir die regering kommerwekkend omdat dit ’n groot impak het op maatskaplike ondersteuning. 

Die skole heropen nog op 27 Julie.

Altesaam 143 skole is in die onluste gevandaliseer.

Die minister van basiese onderwys sal Sondag ’n mediakonferensie hou oor die gereedheid van skole.

Die waarnemende minister van gesondheid sal Vrydag almal op die hoogte bring oor inentings en die pandemie.

21 Jul. 16:48:33

Situasie in Gauteng, KZN bly stabiel

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, sê die situasie in Gauteng en KwaZulu-Natal bly stabiel. 

Sy lees die name voor van vier vermeende aanhitsers van geweld wat in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het.

Volgens haar is 234 sterftes in KZN aangemeld en 42 in Gauteng.

Daar is ook kommer oor voedselsekerheid in die Suider-Afrika-streek weens die geweld, maar volgens die minister is maatreëls in plek om voedselsekerheid vir die streek te verseker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.