Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Opod-hoofde getuig oor inmenging met ondersoeke - Zondo
  • Hoofde van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Woensdag voor Zondo getuig oor inmenging in hul ondersoeke.
  • Matthews Sesoko, hoof van ondersoeke by Opod, het eerste getuig.
  • Innocent Khuba, hoof van Opod in Limpopo, het begin getuig en sal Donderdag voortgaan.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping fokus op die korrupsie binne die misdaadintelligensie-eenheid asook hoe ondersoeke daarna gekortwiek is.
25 Sep. 17:15:59

Zondo sê vandag se verrigtinge verdaag.

Donderdag sit die kommissie om 11:00.

25 Sep. 17:07:09

Zondo wil weet wat Dramat, Sibiya onwettig gedoen het?

Zondo vra te midde van Khuba se ondersoek, wat het hy gedink het Dramat en Sibiya onwettig gedoen.

Wat presies is dit wat gesê is hulle onwettig gedoen het?

Khuba sê daar is 'n kort verduideliking. Eerstens die persoon wat die Zimbabwiese polisie gehelp het, was 'n lid van die Valke waar Dramat die hoof was. Die optrede was in Gauteng waar Sibiya die provinsiale hoof van die Valke was.

Zondo vra maar wat was onwettig wat hulle na bewering gedoen het?

Khuba sê daar was niks wat hulle regtig kon sê Dramat of Sibiya onwettig gedoen het nie. Hulle kon slegs verbind word omdat hulle in daardie stadium in die Valke was.

Zondo vra is dit beweer dat Dramat en Sibiya betrokke was by die moorde van sommige van die Zimbabwiërs, of dat hulle onwettig aan die Zimbabwiese polisie oorhandig is, of dat hulle toestemming gegee het aan die Zimbabwiese polisie om in Suid-Afrika te kon inkom oor die grens, maar dat dit onwettig was? Wat was gesê is die misdaad?

Khuba sê daar is gesê hulle het Zimbabwiese beamptes gehelp om die mense te kry wat hulle wou hê en die land uitgeneem het sonder dat hulle uitgelewer is.

Khuba sê dit nie wat hyself verstaan het nie, dit is aan hom gesê dit het so gebeur.

25 Sep. 16:31:01

Khuba getuig op 23 Oktober 2012 het Sesoko hom ingelig die Zimbabwiese saak moet ondersoek word.

Hy het die dossier ontvang waarin daar verskeie verklarings was, onder meer van die familie van die Zimbabwiese mans wat aan Zimbabwe uitgelewer is.

In sy ondersoek het Khuba bevind lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid was by die uitlewering saak betrokke.

25 Sep. 16:20:44

Khuba betrokke by hoëprofiel-ondersoeke

Khuba getuig hy was die ondersoeker van die beweerde Cato Manor-moordbende.

Khuba sê hy is ingelig dat daar doodsdreigemente teen hom is. Hy het teruggegaan na Limpopo.

In 2011 is hy ingelig dat hy die Zimbabwiese-uitleweringsaak moes ondersoek.

Hy is ook getaak om die Gautengse hoof van die Valke, Shadrack Sibiya, te ondersoek. Dit was meesal klagtes van aanranding. Sibiya is voor Khuba se ondersoek maar die besluit deur die kantoor van openbare vervolging was dat hy nie vervolg gaan word nie.

Wat die Zimbabwiese-uitleweringsaak aanbetref, is Khuba ingelig hy moet dit ondersoek, maar die minister wil eers hê hy moet wag daarmee.

25 Sep. 16:11:20

Innocent Khuba, hoof van Opod in Limpopo.

25 Sep. 16:06:22

Agtergrond: Khuba was die hoofondersoekbeampte in die Zimbabwiese immigrante-ondersoek en was volgens die getuienis van Robert McBride, voormalige hoof van Opod, na bewering gevra om hom en Sesoko valslik te impliseer.

Khuba is op 21 Mei 2015 saam met McBride en Sesoko geskors en hulle is daarvan beskuldig dat hulle die ondersoekverslae in die Zimbabwiese immigrante-ondersoek aangepas het.

25 Sep. 15:58:39

Zondo sê daar is môre oggend eerstens die aansoek deur kol. Dhanajaya Nadidoo, voormalige lid van die polsie se misdaadintelligensie-eenheid, om sy getuienis in camera te doen.

Vandag se getuienis deur Khuba sal tot 17:00 aangaan om tyd op te maak.

25 Sep. 15:55:10

Khuba begin met sy getuienis.

25 Sep. 15:40:49

Die kommissie verdaag vir 10 minute om gereed te maak vir die getuienis van Innocent Khuba, hoof van Opod in Limpopo.

25 Sep. 15:38:32

Sesoko het klaar getuig.

Zondo bedank hom dat hy voor die kommissie getuig het.

Sesoko sê hy sal die kommissie help waar hy kan om sy mandaat na te kom.

Meer oor:  Regering  |  Opod  |  Sapd  |  Politiek  |  Raymond Zondo  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.