Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Sakeman 'nié betrokke by geldwassery' hoor Zondo
  • Die miljoenêr Vivien Natasen, eienaar van Neo Solutions, getuig voor die Zondo-kommissie oor die staatstenders wat hy bekom het.
  • Natasen se getuienis skakel in by die ondersoek wat die kommissie doen oor korrupsie in die lugvaartbedryf.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek wydlopende bedrog en korrupsie in die staatsdiens.
12 Jul. 16:08:02

Die sitting verdaag.

Natasen sal later terugkeer vir verdere ondervraging en ook om hom die tyd te gee om ekstra dokumente in te dien.

12 Jul. 16:03:47

Sakeman het nie onraad vermoed met R9,9 miljoen-betaling

Hofmeyr sê wanneer daar na die bankrekening van Neo Solutions gekyk word en die oorblywende R2,6 miljoen van die R9,9 miljoen is gebruik, beteken dit die geld is deur Neo Solutions bestee.

Natasen sê dit is 'n lopende rekening; die geld was nie apart gehou nie.

Hofmeyr sê sy gaan nou aan Natasen 'n paar algemene vrae stel. Sy vra of hy weet wat geldwassery is en Natasan sê ja hy weet.

Hofmeyer verwys nou na die betrokke wetgewing oor geldwassery en sê enige persoon wat weet van enige oortreding of betrokke raak by die geldwassery van geld, sal 'n misdaad pleeg.

Hofmeyr stel dit aan Nassen dat in die lig van wat Van Wyk gesê het en wat Natasan geweet of nie geweet het nie, sou hy moes geweet het die geld is die gevolg van 'n oortreding wat begaan word.

Natasan sê hy stem nie saam nie. Hy het vir Van Wyk talle kere gevra of die bron van die geld wettig is. Hy glo nie dat hy wetgewing oortree het nie.

Hofmeyr sê daar is ook wetgewing wat mense verbied om ander te help om geld wat onwettig bekom is, weg te steek.

Natasan as hy terugkyk, kan hy sien wat eintlik gebeur het. Maar in daardie stadium het hy nie gedink daar is enige rede om hom te bekommer nie.

Hofmeyr sê Natasan kon gesê het dat daar die moontlikheid was dat Natasan anders kon besluit het, dat hy bekommerd sou wees dat Van Wyk gesê het hy is bang vir 'n leefstyloudit.

Natasan sê Van Wyk is 'n geoktrooieerde rekenmeester wat in die privaat praktyk opgelei is. Hy het vertroue in hom gehad.

As hy nou terugkyk besef hy dat Van Wyk die geld wou wegsteek.

Zondo sê die feit dat hy gesê het hy wil nie hê SA Express moet weet van die geld nie, moes vrae geskep het. Natasan sê ja dit is waar as hy terugkyk. Van Wyk het gesê hy is op pad uit by SA Express, hy is bekommerd oor die jaloesie daar en dit is die rede waarom hy die R9,9 miljoen by Natasan se besigheid wil inbetaal.

12 Jul. 15:47:30

Sakeman sê hy was nie betrokke by geldwassery van SA Express-geld

Hofmeyr sê die ondersoekers van die kommissie het aan Natasen uitgewys dat die geld wat van Van Wyk ontvang is, as 'n leningsrekening vanaf Natasen in sy besigheid se boeke aangeteken is.

Natasen getuig hy het nie die geld gewas vir Van Wyk nie. Hy het nie geweet dit is geld vanaf SA Express nie. Hy het met sy ondervraging deur die kommissie se ondersoekers die gevoel gekry dat hy as 'n medepligtige beskou word in geldwassery, maar dit is nie so nie.

12 Jul. 15:35:38

Prokureur onderbreek Zondo soveelste keer

Pienaar onderbreek die getuienis en sê aan Natasen hy moenie verdere vrae antwoord oor sy besigheid se finansiële state nie.

Zondo probeer hom onderbreek, maar Pienaar praat net aan.

Zondo vra of hy 'n praktiserende advokaat of prokureur is met verskyningsregte.

Pienaar sê hy is 'n prokureur met verskyningsregte. 

Zondo sê hierna aan Pienaar hy kan nie aan sy kliënt sê hy mag nie vrae verder antwoord nie.

12 Jul. 15:21:10

Pienaar sê hy verstaan nie hoekom die kommissie die finansiële state van Neo Solutions wil hê nie. Die ondersoek na staatskaping gaan net oor die R9,9 miljoen van Van Wyk.

Pienaar sê wat Neo Solutions se betalings en geskenke is wat ontvang is, het niks te doen met die kommissie se ondersoek nie.

Zondo sê dit is baie relevant waarna Pienaar vra of sy kapsie weer deur Zondo verwerp word. Zondo sê ja en hy moet sit.

12 Jul. 14:52:39

Natasen 'weet nie' waarheen geld uit sy besigheid se rekening betaal is nie

Natasen getuig toe Van Wyk die geld wou terughê, het hy nie 'n probleem daarmee gehad nie, want dit was Van Wyk se geld.

Zondo sê moes Natasen nie juis bedag gewees het daarop dat die geld nooit na Van Wyk se persoonlike rekeninge sou gaan nie?

Natasen sê soos hy verstaan het wou Van Wyk sy eiendom opgradeer, so daar was niks verdag vir hom daaraan nie.

Hofmeyr vra of Natasen nie vrae gehad het oor die rekening waarheen Van Wyk se geld vanaf Neo Solutions oorgeplaas is nie.

Hofmeyr vra of hy geen navraag gedoen het oor na watter entiteit of persoon die geld oorbetaal is nie? So hy het nie geweet dat dit na Batsumi Investments Holdings betaal word en dat Van Wyk die eienaar van dié entiteit is nie?

Natasen bevestig dit is reg so ja.

12 Jul. 14:37:06

12 Jul. 14:35:06

Hofmeyr sê so daar is R9,9 miljoen in Neo Solutions se rekening inbetaal en R9,9 miljoen daarvan is uitbetaal. So geen van daardie geld was in daardie stadium nodig vir die boerderyplanne wat hulle gehad het nie.

Natasen sê nee.

12 Jul. 14:31:46

"Sit, sit," sê Zondo

Zuma vra of daar enige rede was waarom Natasen die miljoene rande vir Van Wyk gehou het. Van Wyk het gesê daar word leefstyloudits gedoen, en hy wou nie dit hê nie.

Pienaar kom tussenbeide en sê dit is nou die vyfde keer dat Zondo vra oor die leefstyloudits.

Zondo vra wat die regsgronde is vir sy objeksie.

Pienaar sê Van Wyk se optrede moet met Van Wyk uitgeklaar word.

Zondo sê Pienaar moet sit: "Sit, sit," sê Zondo aan die regsverteenwoordiger.

12 Jul. 14:18:45

Natasen glo die geld 'is skoon'

Natasen getuig dat Van Wyk aangevoer het die geld wat in Neo Solutions se rekening inbetaal is, moet onttrek word want hy wil eiendomme koop.

Natasen sê hy het Van Wyk vertrou en het hom gereeld gesien in die tyd toe hy die geld oorbetaal het.

Zondo vra of Natasen dan wel vrae gehad het oor die bron van die geld, en of hy gewonder het of dit eerlike geld is.

Zondo sê Van Wyk het daarna verwys dat daar leefstyloudits gedoen word en hy wou nie die geld in sy persoonlike rekening inbetaal nie. Het dit nie gevaarligte laat flikker nie?

Natasen sê hy het geglo dit is nie vuil geld nie.

Meer oor:  Sal  |  Politiek  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.