Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zuma 'staak ondersoek' oor R600 miljoen vir geheime projek - Zondo
  • Die oudspioenbaas Mo Shaik, wat in 2011 deur oudpres. Jacob Zuma gekeer is om die Guptas te ondersoek, het sy getuienis voor die Zondo-kommissie voltooi.
  • Gibson Njenje, oudhoof van staatsveiligheid, het ook getuig en genoem dat Zuma 'n ondersoek na die geheime PAN-projek gestaak het. Met dié projek is daar glo 300 voertuie en talle eiendomme gekoop vir 'n bedrag van R600 miljoen.
26 Nov. 16:50:31

Njenje se getuienis is afgesluit.

Pretorius sê daar was 'n derde getuie wat sou getuig, daar is administratiewe kwessies wat uitgestryk moet word.

Woensdag word getuienis aangehoor van 'n kundige oor Transnet-transaksies.

26 Nov. 16:48:39

Njenje 'weet van geen komplot teen Zuma nie'

Njenje word gevra of hy weet van enige komplot voor 1995 waarvan Zuma die teiken was.

Njenje sê nee.

Pretorius vra of hy van so iets sou geweet het. Njenje antwoord ja.

Pretorius vra hoe was sy verhouding met Zuma nadat hulle uit ballingskap na Suid-Afrika teruggekeer het.

Njenje sê hy en Zuma het goed saamgewerk, veral in die tydperk sedert 1980. Zuma sou aan hom moes genoem het indien sy lewe bedreig was, sodat daar opgetree moes word.

Njenje sê nee, Zuma het nie so iets genoem nie.


26 Nov. 16:43:50

Pretorius wys uit dat die ondersoek na die PAN-projek weer begin is.

Njenje sê ja dit is weer in 2018 oopgestel.

26 Nov. 16:43:17

Ajay Gupta 'hiet en gebied' in Zuma se studeerkamer

Njenje getuig hoe hy op 'n ander keer by Zuma se presidensie ontvang is deur Ajay Gupta.

Gupta het hom verwelkom en na Zuma se studeerkamer geneem.

Die persoon wat die deur oopgemaak het, as 'n werknemer by die presidensie. Ajay Gupta het hom kom haal en na die studeerkamer geneem.

Ajay Gupta het 'n stemtoon gehad asof hy afgepraat het na minister Susan Shabangu, toe minister van minerale hulpbronne, wat ook daar was.

Njenje het tussenbeide getree en gesê die is 'n minister, jy moet ordentlik met haar praat. Ajay Gupta het gesê jammer, jammer, jammer.

Pretorius sê so Gupta het sekere eise gehad aan Shabangu oor minerale regte en dit in die huis van die president. Zuma was nie teenwoordig nie.

Njenje sê Gupta wou wys hoeveel mag hy het deur iemand na die president se studeerkamer te ontbied, selfs al is die president nie daar nie.

26 Nov. 16:31:51

Njenje getuig dat Fraser drie jaar later deur Zuma heraangestel as die direkteur-generaal van die staatsekerheidsagentskap.

26 Nov. 16:29:07

Ondersoek oor geheime projek 'in opdrag van Zuma' gestaak

Njenje getuig oor 300 voertuie wat gekoop is met die Principal Agent Network (PAN)-projek. Dit was 'n ondergrondse projek.

Hy het 'n ondersoek daaroor gedoen en het 'n verslag hieroor aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oorhandig vir vervolging. Dokumente is ook aan die spesiale ondersoekeenheid oorhandig.

* Daar is verskeie eiendomme gekoop, oral in Gauteng, as deel van die PAN-projek.

* Daar R600 miljoen aan die PAN-projek bestee, getuig Njenje.

Pretorius sê dit is getuienis wat nou gelei gaan word.

Njenje het 'n oproep gekry dat hy Cwele moet ontmoet by die OR Tambo-lugawe.  Cwele het daar gesê die ondersoek oor die projek (en Arthur Fraser se betrokenheid daarby) moet gestaak word.

Cwele het gesê daar kan nie met die ondersoek aangegaan word nie, dit is die president se besluit dat daar nie met die ondersoek voortgegaan word nie want dit sal nasionale veiligheid benadeel.

Njenje het gesê hier gaan dit oor strafregtelike optrede, hier is nie enige staatsveiligheid betrokke nie.

Njenje sê die ondersoek is juis gedoen omdat Zuma daarvoor gevra het. Dit kan nie nou gestaak word nie, dit is dan juis deur die president aangevra en hy is deurentyd ingelig oor die vordering met die ondersoek. Cwele het gesê dit is die besluit van Zuma dat die ondersoek gestaak word.

Njenje het daarna na die ondersoekspan teruggegaan en gesê die ondersoek is afgelas. Hy het gesê dit was nie 'n maklike taak nie, mense het vir maande en lang ure gewerk. Hulle het hul lewens in gevaar gestel. Die dokumente is hierna teruggekry vanaf die NVG.

Njenje het gewag dat daar 'n ontmoeting met Zuma hieroor sal wees, hy is na Kaapstad maar na twee dae was dit duidelik die ontmoeting gaan nie gebeur nie. Cwele het aan hom gesê dat hy gereël het dat Njenje as ambassadeur in Rwanda aangestel word.

Njenje het gesê dit is nie Cwele se werk om hom as ambassadeur aan te stel nie. Hy was daar omdat hy as hoof van staatsveiligheid aangestel is, nie om 'n ambassadeur te word nie.

26 Nov. 15:51:04

Njenje sê hy het baie interaksie gehad met Zuma. Zuma sou gewoonlik sê dit is reg, gaan doen jou ondersoek en bring 'n verslag. Nie in die geval met die Guptas nie.

Met die ondersoek wat beplan is teen die Guptas het Zuma net die lang verhaal vertel van watse goeie mense die Guptas is.

26 Nov. 15:41:49

Njenje getuig nou oor die vergadering wat hy, Shaik en Maqetuka met Zuma gehad het.

Zuma het lank verduidelik wat sy bande is met die Guptas.

26 Nov. 15:30:07

Mense het geweet Ajay Gupta is vriende van Zuma - gee hul aandele

Njenje getuig Mtshali en Luhlabo het op Ajay Gupta geskree.

Uiteindelik het hulle geskik dat hulle die aandele 50/50 sou deel.

Zondo vra wat het hulle oortuig om die aandele wel te verdeel.

Njenje sê hy het Ajay Gupta later ontmoet en gesê hy wil hom sien. Toe hulle gaan sit het, het Ajay Gupta gesê hy het dit goedgekeur dat Njenje as mediator sou optree, want hy het vir Zuma gebel en Zuma het gesê hy is 'n goeie ou vriend wat dit sou kon uitstryk.

Zondo vra wat het Mtshali en Luhlabo oortuig om hul aandele net so aan Ajay Gupta te oorhandig.

Njenje sê hy dink in daardie stadium het mense geweet dit is vriende van die president.

26 Nov. 15:23:44

Ajay Gupta dring aan op 90% aandele in mynmaatskappy

Njenje sê vir hom was dit baie onregverdig wat Ajay Gupta geëis het.

ICT het al die soekwerk gedoen en AJay Gupta het net eenvoudig daarop aangedring.

Pretorius sê daar was 'n hofsaak hieroor en uiteindelik het ICT die aandele verloor. Dit is deel van die groter prentjie.

Njenje getuig hoe hulle na Saxonwold toe is. Ajay Gupta het hom op en af gekyk en grappies gemaak. Njenje sê dit was die eerste keer dat hy Gupta ontmoet het. Hy het homself voorgestel en Gupta het gesê ja, hy ken hom en weet waar hy werk.

Volgens Njenje het Ajay Gupta gesê die feit dat hy 90% wil hê is nie gierigheid nie, daar is baie mense na wie hy moet kyk met daardie 90%.

Njenje sê Mtshali en Luhlabo was baie duidelik en het gesê hulle gaan dit nie toelaat nie.

Zondo sê so Ajay Gupta het net van nêrens gekom en die aandele geëis, hy het aangevoer hy het die politieke ondersteuning. Hierdie is 'n situasie waar iemand net besluit jou maatskappy het mynregte en ek wil 90% daarvan hê. Dit is wat ek wil hê.

Njenje sê Ajay Gupta het laat blyk hy was in kontak met ArcelorMittal en dat daar 'n ooreenkoms is.

Njenje het gevra wat was Mtshali en Luhlabo bereid om aan te bied, sal hulle die aandele verkoop. Hulle wou nie die aandele verkoop nie.

Zondo sê so hy sou niks betaal nie, hy sou dit nie koop nie?

Njenje sê hy sou dit nie koop nie, maar allerhande probleme laat verdwyn omdat hy invloed en geld het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.