Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Jiba veroorsaak drama by Zondo-kommissie

  • Mxolisi Nxasana, voormalige direkteur van openbare vervolging, het vandag getuig.
  • Oudpres. Jacob Zuma wou Nxasana afdank omdat hy nie gelukkig was dat Nxasana weer klagte teen die omstrede adv. Nomgcobo Jiba heringestel het nie, is vroeër voor die Zondo-kommissie getuig.
  • Die Zondo-kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek korrupsie en bedrog in die staatsdiens.
12 Jun. 16:07:08

Die sitting verdaag.

Donderdag se sitting begin om 09:30.

12 Jun. 16:05:18

Pretorius sê al wat nou oorbly van Nxasana se getuienis, is vir hom om terug te kom en te getuig oor die omstandighede wat geheers het in die kantoor van die nasionale vervolgingsgesag.

12 Jun. 16:01:47

Adv. Paul Pretorius SC lees die uitspraak van die grondwethof in die rekord voor die kommissie.

12 Jun. 15:53:50

Pretorius sê die manier waarop Nxasana sy kantoor moes verlaat, was nie volgens die regulasies soos vervat in die Grondwet nie.

Nxasana sê dit is korrek.

Pretorius lees nou oor die uitspraak waarin genoem is dat Zuma alles in sy vermoë sou doen om van Nxasana ontslae te raak. Daar was sprake dat hy selfs vir Nxasana die keuse gegee het om self die bedrag te noem wat dit sal kos vir hom om die kantoor van die NVG te verlaat.

Indien Zuma dan bewyse gehad het dat Nxasana nie gepas is vir sy werk nie, waarom het hy nie sy presidensiële mag uitgevoer en Nxasana afgedank nie? Waarom was hy bereid om groot bedrae geld aan te bied vir Nxasana om te bedank?

12 Jun. 15:43:12

12 Jun. 15:41:44

Pretorius vra nou vir Nxasana oor die omstandighede toe hy by die NVG gewerk het.

Nxasana het 'n ooreenkoms bereik toe hy die NVG verlaat het. Daardie kwessie was voor die hof en uiteindelik voor die grondwethof.

Die grondwethof het die bewyse in ag geneem voor dit, en sy eie bevinding gemaak.

Pretorius sê van die algemene kommentare van die meerderheid van die grondwethof sê die gebeure wat die kern van die saak vorm, is in die openbare domein - sedert September 2007 was die omstandighede by die NVG 'n verlammende onstabiliteit.

Nxasana bevestig dit.

Pretorius verwys na oudpres. Zuma se besluit om 'n ondersoek te laat doen om Nxasana se bevoegdheid te bepaal. En dat hy tydelik geskors moes word hangende die ondersoek.

Die kwessie was Nxasana se gewelddadige geskiedenis.

Pretorius sê dat Nxasana gevra het dat Zuma die besonderhede moes gee en dat sy tydelike skorsing nie kan plaasvind totdat Zuma daardie besonderhede gee nie.

Daarna het Zuma voorgestel dat hulle in mediasie gaan.

Nxasana het toe gesê hy gaan nie bedank nie, behalwe as hy ten volle vergoed word vir die tydperk wat hy die NDV sou wees.

Nxasana getuig nou hy het nooit aan Zuma voorgestel dat hy sal bedank nie.

Nxasana het gesê Zuma moet bewys waarom hy nie gepas is vir die kantoor nie.

12 Jun. 15:29:43

Nxasana getuig nou oor sy skorsing.

12 Jun. 15:28:53

Pretorius gaan voort met Nxasana se getuienis.

12 Jun. 15:28:11

Nxasana sê hy het sy eie regspraktyk wat hy alleen bestuur. 

Zondo sê hy verstaan as Nxasana nie daar is nie, is daar niemand wat sy werk doen nie.

Hy sê daar is iets soos getuiefooie. Hy weet nie hoe dit werk met die kommissie nie. 

Dit kan dalk nie Nxasana se uitgawes alles dek nie, maar dit kan as 'n moontlikheid ondersoek word.

12 Jun. 15:25:24

Pretorius sê dat Nxasana aan hom genoem het hy is daar op eie koste. Noudat die getuienis oor meer as een dag strek, sal dit vir hom 'n verdere onkoste wees.


Meer oor:  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.