Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Nxasana hou vol hy wou nie bedank as NDOV, hoor Zondo

  • Mxolisi Nxasana, voormalige direkteur van openbare vervolging (NDOV), getuig verder voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
  • Oudpres. Jacob Zuma wou Nxasana afdank omdat hy nie gelukkig was dat Nxasana klagte teen die omstrede adv. Nomgcobo Jiba (NDOV in 2012 totdat Nxasana by haar oorgeneem het) heringestel het nie, is vroeër voor die Zondo-kommissie getuig.
  • Nxasana het vandag getuig hy wou nié as NDOV bedank nie.
  • Die Zondo-kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek korrupsie en bedrog in die staatsdiens.
19 Aug. 17:46:26

Die sitting verdaag.

Dinsdag se sitting begin om 8:30 en gaan verder handel oor die Vrede-melkplaas.

Nxasana sal sy getuienis op 'n latere datum voltooi.

19 Aug. 17:44:53

Pretorius vra dat daar ter afsluiting van vandag se getuienis verwys word na die wetgewing oor die aanstelling van die NDOV.

19 Aug. 17:14:49

Die sitting gaan voort.

19 Aug. 16:42:19

Die sitting verdaag vir 15 minute waarna die sitting tot 18:00 kan aangaan, sê Zondo.

19 Aug. 16:35:47

Nxasana hou vol hy het nié versoek om te bedank nie

Nxasana sê hy het nooit versoek om te bedank nie.

Zondo sê maar as daar 'n ontmoeting tussen hom en Zuma was, gee dit 'n sekere geur aan die gebeure. Maar as daar nie 'n ontmoeting was nie, is dit iets anders.

Zondo sê daar was gesprekke hieroor, verstaan Nxasana dit. Hy sê dat hy dit verstaan.

Pretorius sê indien daar so 'n ontmoeting was, sou dit kon beteken dat onderhandeling deur die mat geval het.

Pretorius verwys na 'n brief vanaf Zuma se regsverteenwoordiger, daar word nie genoem dat daar enige ontmoeting was nie, en dus ook nie 'n ontmoeting waarin Nxasana gevra het dat hy kan bedank nie.

Nxasana sê dit wys daar was geen vordering met 'n skikking nie, en dat die presidensie gesê het daar sal voortgegaan word met 'n ondersoek.

Nxasana sê indien hy versoek het om te bedank, sou hy mos nie versoek het dat hy sy salaris ontvang vir die tydperk wat sy kontrak sou geld nie.

19 Aug. 16:10:57

Nxasana sê hy was verlig dat Radebe verskuif is na die kantoor van die minister in die presidensie nie. Hy het gehoop dat met Masutha as minsiter, sal daar 'n vars bries inwaai. Hy was egter ook teleurgesteld met die manier hoe Masutha sy kwessie hanteer het.

19 Aug. 16:06:46

Nxasana kla nou oor oudminister Jeff Radebe se optrede teen hom

Nxasana getuig die dokumente waarin hy kon aandui dat die versoek van Zuma afgekom het dat hy bedank, het weggeraak. Dit is vir hom vreemd dat dié lêer weggeraak het uit sy prokureur se kantoor, maar gelukkig het hy altyd kopieë gemaak en hy kon die kommunikasie tussen hom en Zuma rekonstrueer - daarom kon hy bewys dit was nie hy wat wou bedank nie.

Pretorius sê dit raak meer duidelik in 'n brief gedateer 12 Desember 2014 vanaf Bonisiwe Makhene, regsadviseur in die presidensie. Dit lui onder meer dat enige ''onderhandelde ooreenkoms'' die rol van die minister is van justisie en korrektiewe dienste is. Maar in der waarheid is dit die president se verantwoordelikheid.

Pretorius vra of Nxasana dit kan verduidelik. Hy getuig dat hoewel dit die verantwoordelikheid was van die minister om te handel met sy kwessie, moet dit die president self wees wat die finale besluit neem oor sy posisie.

Nxasana sê hy het ontevredenheid uitgespreek met die manier waarop eers Jeff Radebe en toe Masutha hom behandel het.

Alvorens Radebe verskuif is van die posisie van minister van justisie af, het hy Nxasana in 'n vergadering in Pretoria beskuldig van alles wat daar teen Nxasana beweer word. Onder meer dat hy nie staatsekuriteitsklaring gekry het wat nodig is om sy pos te vul nie.

Nxasana sê hy het aansoek gedoen vir daardie klaring en daar is nie aan hom aangedui dat hy nie dit sou kry nie.

19 Aug. 15:40:46

Dit was Zuma wat wou hê Nxasana moet gaan, hou hy vol

Pretorius vra oor Nxasana se verklaring aan Zuma dat hy sal bedank as hy die res van sy salaris volgens sy kontrak kry - is dit nie 'n bedanking nie?

Nxasana sê nee, dit is nie.

Pretorius sê die NDOV-wetgewing het nie 'n impak op sy ooreenkoms nie.

Nxasana sê dit is korrek, want dit was die president wat wou hê hy moet gaan, dit was nie sy eie wil nie. Die NDOV-wetgewing maak voorsiening vir die proses en voorwaardes wanneer 'n NDOV self, om welke redes ook al, bedank

19 Aug. 15:32:21

Nxasana sê hulle wou van hom ontslae raak, so hulle moes betaal

Nxasana sê hy het volgehou daarmee dat daar geen rede was vir hom om die pos van NDOV te verlaat nie. 

Zondo sê die een scenario was dat daar gesprekke kon wees of Nxasana wel bevoeg is om sy werk te doen. 

Nxasana sê dit het duidelik geword tydens sy gesprekke met Zuma dat hy mislei is met die inligting wat aan hom gegee is. Nxasana sê maar hy weet nie wie druk op Zuma geplaas het nie. Hy het die gevoel gekry dat Zuma onder druk was om hom af te dank. Daar was nie 'n kwessie soos dat hy nie bevoeg is om sy werk te doen nie.

Zuma het aangehou dat Nxasana moet bedank - hy het besluit as hulle hom so graag uit die kantoor wil hê, moet hulle hom betaal.

Nxasana verwys weer daarna dat Zuma aangevoer het hy het met Ncguka ontmoet het.

"Hy is mislei. Daar is al daardie verkeerde inligting aan hom gegee. Daar was iewers druk op hom dat hy die besluit moes neem," sê Nxasana.

Pretorius vra nou oor die regsgronde vir die ooreenkoms wat op 8 Desember met hom gemaak is.

Nxasana sê hy het gesê hy sal gaan as hy sy salaris vir sy volle kontrak tydperk sou ontvang. Hy getuig dat die kontrak met hom verbreek is, daarom moes hy betaal word.

Nxasana sê hy het nooit die president gevra dat hy sy pos kan verlaat nie. Die skikkingsooreenkoms met hom was ingevolge die NDOV-wetgewing, volgens Nxasana.

19 Aug. 15:17:09

Zondo sê hulle moet weer teruggaan na die vergadering van 8 Desember. Hy wil weet wie se voorstel dié vergadering was.

Nxasana sê die idee van die vergadering sou die gevolg gewees het van hulle regsverteenwoordigers (Zuma en Nxasana s'n) se samesprekings.

Zondo vra voor hierdie vergadering het enige iemand van die presidensie, die president self of iemand wat namens hom opgetree het, gesê hulle wil hê dat Nxasana sy posisie moet ontruim.

Nxasana sê dit het van Zuma self gekom dat hy wil hê Nxasana moet sy pos ontruim. Hy is seker daarvan.

Meer oor:  Ndov  |  Politiek  |  Nomgcobo Jiba  |  Mxolisi Nxasana  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.