Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Dag van skokke oor moorde, vrese oor Estina by Zondo

  • 'n Kleinboer van Vrede, Ephraim Dhlamini, het Woensdag getuig as 'n mens in Vrede praat oor Mosebenzi Zwane, voormalige LUR vir landbou in die Vrystaat, is jou lewe in gevaar.
  • Hy het getuig dat hy gedreig is met die dood omdat hy vrae gehad het oor die Estina-projek en daaroor begin praat het.
  • Dhlamini het selfs vir hom 'n vuurwapen aangeskaf en vir sy kinders gesê as hy moet doodgaan op sy plaas, gaan hy nie alleen nie.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping fokus op die Estina-projek en die Guptas asook Vrystaatse amptenare en politici se betrokkenheid daarby.
24 Jul. 17:50:36

Vandag se sitting is klaar.

Die kommissie verdaag tot Donderdag om 10:00. 

24 Jul. 17:21:23

Zondo vra of daar sedertdien stappe gedoen is om die Vrede-projek te verbeter.

Masiteng sê die departement van landbou bestuur nou die projek met die nodige kundigheid om dit te hanteer.

24 Jul. 17:16:31

Zondo vra waarom 'n IT-onderneming suiwelprojek sou bestuur

Gcabashe sê daar is 'n brief aan Paras gestuur oor of dit met Estina verbind is. Dit is al drie weke terug. Daar word nog gewag op antwoorde.

Ondersoekers doen verder navraag of iemand van Paras in die tyd van Estina se betrokkenheid by die projek in Suid-Afrika was.

Masiteng is gevra of hy vir Kamal Vasram, direkteur van Estina, ontmoet het. Hy antwoord in die hof op 14 Februarie 2018.

Gcabashe word gevra of hy vir Chandrama Prasad ontmoet het.

Masiteng sê op besoek aan die projek het hy vir Prasad daar gesien. (Prasad het geen kennis gehad van die suiwelbedryf nie).

Zondo sê daar is getuig Estina was eintlik 'n IT-maatskappy en het niks te doen gehad met die suiwelbedryf nie.

Masiteng sê hy het niks daarvan geweet nie.

Zondo vra of dit Masiteng as waarnemende hoof in die Vrystaatse landboudepartement nou sal skok as 'n IT-maatskappy die werk kry om 'n projek soos Estina te bestuur.

Masiteng sê as 'n projek aan 'n entiteit toegeken word, moet dit die versekering gee dat kundiges geraadpleeg sal word.

Zondo sê maar 'n mens moet sekerlik voorkeur gee aan iemand wat kennis in die bedryf het.

Hy vra weer aan Masiteng of hy kan sê of dit geregverdig is dat die suiwelprojek aan 'n IT-maatskappy soos Estina gegee sou word.

Masiteng sê die feit dat dit (Estina) self 'n belegging inbring en 'n strategiese vennootskap het met Paras, was 'n moontlike rede vir oorweging. Hy kan egter nie antwoord nie, want hy was nie betrokke by die projek nie.

24 Jul. 17:03:00

Indiese suiwelmaatskappy by Estina betrek

Masiteng word gevra oor die rol van 'n implimenteringsagent. Wat is dit?

Hy sê as daar byvoorbeeld 'n projek is van R$60 miljoen en die implimenteringsagent sê dit kan R200 miljoen instoot in die projek, is dit goeie gronde om die projek saam te doen.

Zondo sê hoekom gaan 'n mens nie na 'n onafhanklike party en vra om die vennootskap en projek te ondersoek, het die vennoot werklik die kundigheid wat hy sê, sal die projek uitwerk. 'n Mens vat nie sommer net iemand se woord nie?

Masiteng sê dit is hoekom daar vooraf 'n ooreenkoms aangegaan word.

Zondo vra of daar enige dokumente is met betrekking tot Estina, wat die Indiese suiwelmaatskappy Paras en Estina verbind. 

Gcabashe sê daar is 'n memorandum tussen Estina en Parras wat vir 'n jaar geldig was.

Zondo vra of die dokumentasie noem dat Paras en Estina 'n vennootskap vorm ten opsigte van die Vrede-projek.

Gcabashe sê die dokumentasie noem as Estina kundigheid nodig het, sal Paras betrek word.

24 Jul. 16:47:01

24 Jul. 16:42:36

'n Groot deel van begroting gaan aan Estina

Die totale begroting vir die Vrystaatse landboudepartement se omvattende landbou-ondersteuningsprogram die betrokke boekjaar (2013/14) was R140 miljoen. Daarvan sou R53 miljoen na die Vrede-projek gaan, meer as 'n derde.

Gcabashe sê die projek se uitvoerbaarheidstudie wys dat daar vir die eerste paar jaar 'n verlies gemaak sou word met die projek. Sy vra of daar nie vrae hieroor moes gevra gewees het nie oor of die projek die geld werd is nie teen die agtergrond van die beperkte begroting wat daar was.

Masiteng sê behalwe die sakeplan sou daar waarskynlik ander dokumentasie ook in ag geneem word. Maar hy kan net spekuleer hieroor.

24 Jul. 16:28:42

Miljoene vir ander projekte in Vrystaat is na Estina verskuif

Masiteng word gevra oor 'n dokument, 'n raamwerk vir sakeplanne wanneer aansoek gedoen word vir projekte in die Vrystaatse landboudepartement.

Die Vrede-suiwelprojek was een van die projekte waarvoor daar by die nasionale regering vir geld gevra word. Daar is gevra vir R114 miljoen. Dit was in die 2013/'14-boekjaar.

Op die dokument staan daar R53 miljoen, maar die totale bedrag van R114 miljoen is oor 'n tydperk van drie jaar beplan.

'n Bedrag van R60 miljoen, wat vir ander infrastruktuur en projekte sou gaan, is na die Estina-projek verskuif.

Adv. Leah Gcabashe sê wat dit beteken is dat die begroting van ander projekte na Estina geskuif is, omdat Estina as 'n megaprojek geïdentifiseer is.

24 Jul. 16:22:18

Dr. Takisi Masiteng getuig verder.

Vandag se sitting sal tot 17:00 aangaan.

24 Jul. 16:04:31

Die sitting verdaag vir 10 minute.

24 Jul. 15:57:31

Gcabashe sê die voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, het al vantevore op 'n vraag geantwoord dat die wetgewing vir verkryging 'n wye klomp moontlikhede kan insluit, is dit so.

Masiteng sê hy kan nie hieroor spekuleer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.