Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Kabinet bespreek glo nie Maseko se oorplasing

  • Die oudminister van arbeid, Mildred Oliphant, getuig oor die gebeure rondom die oorplasing van Mzwanele Manyi van die departement van arbeid na die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS).
  • Manyi het in 2011 Themba Maseko, voormalige direkteur-generaal van GCIS, vervang nadat Maseko glo nie ’n opdrag van die Guptas wou uitvoer nie.
  • Richard Baloyi, oudminister van openbare dienste en administrasie, sal ná Oliphant sy getuienis lewer. 
03 Des. 17:32:58

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking. 

03 Des. 17:32:31

Zondo verdaag die kommissie. Woensdag se sitting sal 09:00 begin. 

03 Des. 17:32:02

Baloyi word verskoon. 

03 Des. 17:31:51

Zondo vra Baloyi om die kommissie te kontak as hy belangrike dokumente in die hande kry. 

03 Des. 17:27:24

Volgens Baloyi volstaan hy by sy weergawe. Hy sê niemand het hom gedwing om Manyi oor te plaas nie. 

03 Des. 16:31:12

Baloyi sê dit is nie 'n kabinetmemorandum nie. 

03 Des. 16:29:27

Baloyi sê hy kan die dokument vaagweg onthou. Hy sê die soort dokumente word deur amptenare opgestel. 

03 Des. 16:25:30

Volgens Hofmeyr kon die kommissie 'n soort memorandum by die departement van openbare dienste en administrasie kry. Dit is 'n verduidelikende memorandum. Hoe dit ook al sy, daar is nie enige memorandum wat sy pad tot by die kabinet gemaak het nie, sê Hofmyer. 

Baloyi sê eers hy het nie kans gehad om die dokument te lees nie, want hy het dit eers Woensdag gekry. Zondo sê as hy dit Woensdag gekry het, sou hy wel kans gehad het.

Baloyi sê nou hy het wel op die skerm gelees, die dokument, maar dat hy nie mooi verstaan het waaroor dit gaan nie. 

03 Des. 16:18:47

Zondo: Maseko sê hy is deur Chabane gebel, dat Chabane 'n oproep van Zuma gekry het waarin Zuma gesê het hy moet Maseko by GCIS verwyder. Zuma het gesê teen die tyd wat hy terug in die land is, moet Maseko nie meer by GCIS wees nie. 

Baloyi sê hy het nie destyds daarvan geweet nie. 

03 Des. 16:01:16

Zondo: Is dit moontlik dat jy die presidensiële minuut geteken het al was daar geen kabinetmemorandum nie? 

Baloyi sê as dit die geval sou wees dat daar geen papierwerk was nie, en hy dit geweet het, sou hy nie die minuut onderteken het nie. 

 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.