Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: 'Ons wil geen kanse waag nie' – Ntshavheni
Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, het Donderdag terugvoering gegee oor die stand van sake in die land ná verlede week se geweld in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng.
22 Jul. 17:12:40

Amnestie Internasionaal

Oor Amnestie Internasionaal wat sê die regering moes bekend gemaak het wat hy voor die onluste geweet het, sê sy die organisasie oorskry die omvang van sy werk. Sy sê diegene wat verantwoordelik was vir die onluste, sal aanspreeklik gehou word.

Intelligensie kan nie bloot bekend gemaak word nie.

Volgens haar bewaak weermaglede en die polisie sleutelstaatsinstellings, soos polisiekantore, veral waar wapens geberg word. “Ons wil geen kanse waag nie.”

Sy sluit die inligtingsessie af.

22 Jul. 16:51:11

Kuberaanval op Transnet

Oor die kuberaanval op Transnet verband hou met die onluste, sê die minister hulle weet nie, maar hulle stel ondersoek in.

Sleutelrolspelers

Volgens haar is die vier mense wat in verband met aanhitsing tot geweld in die howe verskyn het sleutelrolspelers in die onluste.

Zuma by begrafnis

Volgens haar het korrektiewe beamptes en wetstoepassers oudpres. Jacob Zuma na die begrafnis van sy broer vergesel.

Sy kan bevestig dat hy weer in die Estcourt-gevangenis is.

Na raming is die koste verbonde aan die ontplooiing van die 25 000 SANW-lede vir een maand R615 miljoen.

22 Jul. 16:43:16

Meer as 500 dood in onluste

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, sê die regering verwelkom die besluit van die monetêre komitee van die Reserwebank om die repokoers onveranderd te hou.

Dit impliseer dat vrese oor stygende inflasie op sekere voedselsoorte ongegrond is.

Die aantal sterftes weens die onluste in Gauteng is nou 279 en in KZN 258.

Dit is aangepaste syfers nadat mense wat beseer was intussen oorlede is.

Die wetstoepassingsagentskappe gaan voort met ondersoeke oor onder andere die aanhitsers.

Daar is geen nuwe voorvalle aangemeld nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.