SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Politiek
OORSIG: Onsekerheid of Zuma Woensdag praat

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het op 'n mediakonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg aangekondig pres. Jacob Zuma word herroep. Volg Netwerk24 se regstreekse dekking hier oor hoe die dag verloop het.

Lees ook:

Nie amptelik bevestig Zuma is herroep ná nag van drama

Zuma: Wat nou?

26 Feb. 21:47:07

KabinetTOETS by LerouxPDF on Scribd

13 Feb. 21:48:28

Die presidensie het ontken dat hy 'n SMS uitgestuur het oor 'n nuuskonferensie wat Woensdagoggend 10:00 gehou word.

'n Kommunikasiebeampte sê sy weet nie waar die SMS vandaan kom nie.

Sy sê die presidensie het geen kommunikasie oor 'n nuuskonferensie of 'n tyd uitgestuur nie voeg by as dit gedoen word, sal dit deur die amptelike kommunikasiekanale gedoen word. - Berig Llewellyn Prince

Wag en kyk blyk die beste te wees

Sommige joernaliste sê hulle het 'n boodskap gekry dat daar Woensdag om 10:00 'n mediakonferensie gehou word waar pres. Jacob Zuma sal praat. Ander het weer gehoor daar is nie 'n nuuskonferensie nie.

’n SMS-boodskap wat blykbaar aan sommige joernaliste gestuur is, lui: “Liewe kollegas. Neem kennis môreoggend, Uniegebou, sal pres. Zuma ’n mediakonferensie hou. Stuur asseblief vir my die name van jul spanne. Shadi Baloyi.

Die Mail&Guardian sê Baloyi het bevestig dat die presidensie nié so ’n boodskap gestuur het nie en het bygevoeg die SMS is die jongste in ’n rits fopnuus wat te voorskyn gekom het ten tyde van die ANC se besprekings om Zuma af te dank.

Adriaan Basson van News24 twiet daar is steeds geen duidelikheid van die presidensie se kant nie. Bronne het vroeër bevestig dit is om 10:00, maar die tyd kan verander... “In een stadium was dit vir vanaand geskeduleer,” sê Basson.

Op sy beurt sê Eusebius McKaiser aan “mediakollegas” dat hulle nie mal raak nie. “Die presidensie het aan sommige van ons bevestig daar is môre om 10:00 ’n mediakonferensie, en weer aan ander bevestig daar is nie een nie...

https://twitter.com/Eusebius/status/963487477410553857
13 Feb. 21:21:53

13 Feb. 20:57:31

Gaan Zuma om 10:00 Woensdag praat?

Gewoonlik publiseer die presidensie nuuskonferensies van die president op die presidensie se webwerf. Daar is niks nie.

Maar intussen gons dit op twitter:

- "Môre gaan ubaba die wêreld skok deur almal se name te noem wat by korrupsie betrokke is. Wees sterk. Hy gaan nie alleen nie". @ChirwaMajor

- "Kan ek julle waarsku oor die opgewondenheid oor môre se mediakonferensie. Dit kan niks wees nie, maar net om die land te vertel dat die president sy herroeping oorweeg en analiseer". @malusi_dzanibe

- "Zuma gaan môre met die media praat. Ek vermoed die ou man gaan nie bedank nie". @Mkho_Bandla

13 Feb. 20:27:53

Daar word berig dat pres. Jacob Zuma Woensdagoggend om 10:00 'n mediakonferensie hou. Die mediakonferensie word blykbaar by die Uniegebou gehou.

Meer hieroor as dit amptelik bevestig kan word.

13 Feb. 19:09:23

Die BBC, een van die internasionale nuusagentskappe wat vandag oor die ANC se besluit oor pres. Jacob Zuma berig het, sê Zuma sal tyd gegun word om te antwoord op die ANC se “versoek”.

13 Feb. 18:40:37

Weermag té vervalle om Zuma te help

Dr. Jakkie Cilliers, sekuriteitskenner en voorsitter van die Instituut vir Sekerheidstudies se raad van trustees, sê daar is geen kans dat die veiligheidsmagte gemobiliseer sal word om Zuma te beskerm nie.

Daarvoor is die weermag in ’n te vervalle toestand, terwyl die intelligensiedienste te verdeeld is. Die balans van steun vir Zuma het weggeskuif. Hy skop nou net vas, dit is sy geaardheid. Ek is nie bekommerd daaroor nie.” - Deur Llewellyn Prince

13 Feb. 18:28:05

Abrahams sal sê oor Zuma-aanklagte

Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, belowe in ’n brief aan die DA om voor Donderdag (15 Februarie) te sê of hy pres. Jacob Zuma se voorleggings beskikbaar sal stel in die ondersoek teen hom op aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en afpersing.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, sê dié party is geregtig daarop om Zuma se voorleggings te sien, omdat hy die hoofaansoeker is in die regsaksie om die aanklagte teen Zuma heringestel te kry.

Selfe sê as die DA nie Zuma se voorleggings kry nie, kan hy die hof nader en aansoek doen om ’n bevel daaroor te kry.

Abrahams het in sy brief aan die DA gesê hy sal op 23 Februarie die aanbevelings van sy vervolgingspan kry of daar voortgegaan moet word met Zuma se vervolging.

Hierna sal Abrahams die datum aankondig waarop hy 'n verdere aankondiging oor die besluit van vervolging sal bekend maak.

“Ons wil hê die saak moet voortgaan sodat Zuma sy dag in die hof kry,” sê Selfe.

13 Feb. 18:03:23

Mbeki-stigting is bly Zuma is herroep

Die Thabo Mbeki-stigting verwelkom die ANC se herroeping van pres. Jacob Zuma.

“Baie mense in ons land vra al lank dat mnr. Jacob Zuma as president van die republiek herroep word.

"Dit was, onder meer, omdat hy die moontlikheid van vervolging in die gesig staar vir beweerde kriminele oortredings en direk verbind is met negatiewe gebeure soos die beweerde korrupsie deur verskeie staatsinstellings. Dit sluit in staatsentiteite, die nasionale vervolgingsgesag, staatskaping en ernstige ekonomiese wanbestuur," lui die Mbeki-stigting se verklaring.

Dit was etlike jare duidelik dat dit in die beste belang van die land is sal wees as hy nie meer president van die land is nie, lui die verklaring verder.

Die Mbeki-stigting sê as ’n gedissiplineerde en lojale kader van die ANC en uit respek vir die Grondwet van die land moet Zuma met die speaker van die Nasionale Vergadering in verbinding tree en sy bedanking indien.

Met die resolusie wat die nasionale uitvoerende komitee van die ANC geneem het om Zuma te herroep, gee dit nou aan die ANC die geleentheid om dadelik aandag te gee aan die vele uitdagings en negatiewe ontwikkelings wat in Zuma se jare as president ontstaan het, sê die Mbeki-stigting.

Meer oor:  Politiek  |  Zexit  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.