Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Geheime spioene beskerm Myeni, hoor Zondo
  • Zondo hoor Dudu Myeni, gewese SAL-voorsitter, is deur 'n geheime parallelle spioenasie-eenheid beskerm. 
  • 'n Agent van die staatsveiligheidsagentskap (SVA) wat slegs as Mnr. Y bekend staan, het getuig oor die parallelle eenheid wat gestig is om spesiale geheime werk vir oudpres. Jacob Zuma te doen.
  • Daar is ook getuig hoe SAL-werknemers deur die SVA ondersoek is en Myeni na bewering inligting wat so bekom is, teen van die SAL-werkers gebruik het.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek ondersoek die grootskaalse korrupsie, bedrog en staatskaping in die tyd toe oudpres. Jacob Zuma in beheer was.
19 Feb. 16:38:37

Die sitting verdaag tot Donderdagoggend om 10:00.

19 Feb. 16:38:19

Myeni het nie die regte kanale gevolg vir spesiale beskerming

Mnr. Y word gevra oor die beskermingsdienste wat aan Myeni gelewer is.

As Myeni om beskermingsdienste wou hê, sou die regte prosedure wees dat 'n sekerheidsraadgewer van die SVA betrokke raak.

'n Interne ondersoek sou volg en 'n verslag sou aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig word om te bepaal of sy spesiale beskerming nodig het.

So 'n aansoek is nooit deur Myeni gebring nie.

19 Feb. 16:34:41

Adv. Michael Mbikiwa stel vrae aan Mnr. Y.

Mnr. Y getuig die salarisse van lede van die parallelle eenheid is gestaak en hulle het begin kla. Dit is toe dat mense bewus geraak het van dié eenheid.

Die eenheid het die wet in eie hande geneem en Zuma beskerm asook beskerming aan Myeni gebied.

19 Feb. 16:27:36

Parallelle eenheid pas Dudu Myeni op

Mnr. Y getuig die parallelle eenheid was 'n tegniese toesigeenheid wat net in belang van Zuma gewerk het. Dit het funksies wat reeds in die SVA bestaan het, gedupliseer.

Adv. Michael Mbikiwa, wat Mnr. Y ondervra, sê hy gaan nou getuienis lewer oor die beskermingswerk wat gedoen is vir Dudu Myeni.

Die meeste lede van die eenheid is in KwaZulu-Natal gewerf. Hulle is in die buiteland opgelei asof hulle lede is van die SVA. Hulle is dus goed opgelei om spioenasiewerk te doen, maar was nie werknemers van die SVA nie.

Mnr. Y getuig daar is geen dokumente wat wys daar was 'n opdrag aan die SVA dat werk gedoen moet word vir Myeni nie, maar die hoëvlakpaneel wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel is om die eenheid te ondersoek, het die inligting uitgekrap.

Die paneel is in Junie 2018 deur Ramaphosa aangekondig en het in Julie 2018 begin werk.

19 Feb. 16:09:22

Die sitting verdaag vir 5 minute omdat daar probleme met die klank is.

19 Feb. 16:09:04

Thulani Dlomo se betrokkenheid by die spesiale eenheid

Mnr. Y getuig dat die nuwe spesiale operasionele eenheid in 2012 gestig is.

Die werk wat dié eenheid gedoen het, was slegs vir die kennis van mense wat daarvan moes weet.

Die struktuur het 30 lede gehad en nog sowat 70 mense was geheime agente wat dieselfde werk gedoen het.

Die agente het nie deur die normale aanstellingsproses gegaan nie. Daar is opdrag gegee dat hulle name bygevoeg word by die eenheid se groep van geheime agente.

Die eenheid is deur Thulani Dlomo saamgestel en het werk gedoen vir Zuma.

19 Feb. 16:01:47

Mnr. Y getuig oor geheime eenheid in SVA

Mnr. Y getuig oor 'n spesiale operasionele eenheid in die Staatsveiligheidsagentskap (SVA).

Hy getuig die spesiale eenheid se mandaat het verander en dit het meer betrokke geraak by 'n kombinasie van teenintelligensie, VIP-beskerming en ondersteuning van oudpres. Jacob Zuma.

Tussen 10% en 20% van die SVA se werk is koverte optrede, met nog 'n kleiner eenheid wat spesiale werk doen.

Die lede sal volle lede wees van die SVA maar hul identiteit sal beskerm wees. Hulle sal nie sê dat hulle vir die SVA werk nie, maar hulle kry die salarisse en ander voordele van SVA-werknemers.

19 Feb. 15:53:45

Dlamini se getuienis is klaar.

Die getuienis van Mnr. Y sal nou aangehoor word.

19 Feb. 15:39:37

Dlamini moet sê oor geklassifiseerde inligting

Hofmeyr vra of Dlamini aanvaar die SAL-ondersoek is gedoen sonder dat die SVA seker gemaak het diegene wat ondersoek word, het nie toegang tot geklassifiseerde inligting nie.

Dlamini sê dit is korrek.

Hofmeyr vra of Dlamini kan sê of die werknemers die keuse gegee is om die poligraaftoetse te doen of nie.

Dlamini sê dit is reg, want dit was nie deel van haar werk om dit te doen nie.

Hofmeyr vra oor die SAL-werknemers wat bedank het, en of hul bedanking beteken dat hul vaardighede vir die SAL verlore is.

Dlamini sê dit hang af van hul poste en vaardighede.

Hofmeyr stel dit aan Dlamini die projek om die SAL-werknemers se agtergrond te ondersoek, was onwettig.

19 Feb. 15:33:27

Dlamini getuig verder oor die projek wat die SVA gedoen het om die agtergrond van 118 werknemers van die SAL te ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.