Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: OB sê sy oorweeg dit nie om te bedank nie
  • Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, sê sy is al gedreig met vergiftiging, maar sal nié bedank nie.
  • Mkhwebane het gesê wanneer mens die "untouchables" takel, kan jy verwag hulle sal met alles in hul vermoë terugveg.
  • Sy het ook gepraat oor die ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oor haar belastingsake en die parlementêre proses om haar uit haar amp te verwyder.
28 Jan. 13:56:02

OB 'oorweeg nie om te bedank nie'

Dit gaan oor die regte van mense op voetsoolvlak - of hulle toegang tot water het. Dit is waaroor dit gaan, nie oor my nie, sê Mkhwebane.

Sy sê almal wat die OB hof toe neem, neem nie die kern van die OB se taak in ag nie. Sy aanvaar verantwoordelikheid. Hulle leer uit die hofsake wat teen hulle gemaak word.

"Nee Netwerk, ek het nie oorweeg om te bedank nie," sê Mkhwebane op 'n vraag wat sy oorweeg om te doen.

Sy sê die OB werk elke dag en verander mense se lewens. Sy sal in haar amp bly en 'n diens lewer aan die mense van die land.

Sy is nie gefokus om teen mense of amptenare te baklei nie, maar teen armoede en ongelykheid.

28 Jan. 13:51:58

Onthou dit gaan nie net oor my nie, sê OB

Mkhwebane sê die OB se naam as openbare beskermer sê wat die taak van die instansie is. "Ons het uitsonderlike werk gedoen in die laaste drie jaar sedert ek die OB is," sê sy.

Sy noem dat die werk as 'n span gedoen word. Hulle verander die status quo en het al 150 verslae afgehandel.

"Dit is nie net Busisiwe Mkhwebane nie. Dit is almal wat werk by die OB," sê Mkhwebane.

Sy sê wat ook al die parlementêre proses is, moet op die behoorlike wyse gedoen word, dit moenie net gaan oor haar nie.

Sy doen haar werk, sê Mkhwebane.

28 Jan. 13:47:34

OB sê dit werk maar so

Mkhwena sê indien mense nie gelukkig is met die OB se besluite nie, kan hulle vra dat dit hersien word.

Net so kan die OB uitsprake in howe op appèl neem.

"Jy kan ons laat hersien, ons kan hofbevele op appèl neem," sê sy met verwysing na die hofuitsprake teen haar en haar besluit om dit op appèl te neem. Dit is hoe dit werk, sê sy.

28 Jan. 13:43:59

OB wonder hoe lank SAID haar gaan ondersoek

Mkhwebane sê dit is so dat daar sommige mense is wat die OB takel.

Sy verwys na die ondersoek teen haar deur die SAID en sê dat sy vir sewe jaar 'n openbare amptenaar is. Sy wil weet hoe lank 'n mens terugwerkend geoudit mag word deur die SAID.

28 Jan. 13:37:55

Mkhwebane word gevra of sy dink die SAID word gebruik in die politieke aanval op haar.

Sy word ook gevra oor haar ondersoek na minister Pravin Gordhan en die moontlikheid dat daar steeds 'n geheime eenheid in die SAID is wat voortgaan met 'n geheime optrede.

28 Jan. 13:32:11

OB al gedreig sy sal vergiftig word

Mkhwebane sê dit is nie 'n geheim dat die openbare beskermer die 'untouchables' sal ondersoek en dat daardie persone sal seker maak om terug te veg op watter manier ook al nie.

Sy sê sedert haar ondersoek na die SAID dat sy gedreig is sy vergiftig sal word en sy het ook ander dreigemente gekry.

Die OB se ondersoekers het ervaring en is goeie ondersoekers.

Die OB maak staat op bewyse en doen deeglike ondersoeke, sê Mkhwebane.

28 Jan. 13:28:05

Mkhwebane vra dat speaker met haar moet saamwerk

Mkhwebane sê haar brief aan die speaker is om te fokus op sekere kwessies. Sy noem weer dat die proses aan die gang gesit is sonder dat sy eers daaroor ingelig is.

Sy sê daar is 'n brief aan die speaker geskryf waarin sy gevra het dat hulle gesamentlik 'n ooreenkoms moet bereik.

28 Jan. 13:25:05

Die OB word ook gevra of sy dink die optrede teen haar is weens haar besluit oor pres. Cyril Ramaphosa en die CR17-ondersoek asook haar ondersoek teen minister Pravin Gordhan.

28 Jan. 13:22:47

Die OB word gevra of die parlement haar teiken met die ondersoek teen haar?

Verwag sy dat die speaker die nuwe reëls moet terugtrek?

28 Jan. 13:21:08

Die OB se perskonferensie is klaar, sy beantwoord nou joernaliste se vrae.

Meer oor:  Regering  |  Busisiwe Mkhwebane  |  Pretoria  |  Openbare Beskermer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.