Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Skade aan ekonomie in KZN op sowat R20 miljard geraam
  • Die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng was beslis ’n poging tot ’n opstand in die land, sê Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie. Lees die volledige verklaring deur die presidensie oor die stand van sake hier. 
  • Die twee groot snelweë (N2 en N3) is steeds oop vir verkeer en die polisie en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) hou ’n wakende oog.
  • Bheki Cele, minister van polisie, het winkelsentrums in Pietermaritzburg en Durban besoek om seker te maak die nodige veiligheidsmaatreëls is in plek. Lees die verklaring hier.

Hier volg die jongste verwikkelinge:

20 Jul. 17:29:38

Digital Vibes 

Oor die Digital Vibes-verslag sê die minister ons word deur ’n nasionale veiligheidskrisis in die gesig gestaar. Die president kan dus nie die verslag nou lees nie omdat hy op ander dinge moet fokus. Sodra die situasie gestabiliseer is, sal die ontledig van die verslag voltooi word.

Sy sluit af.

20 Jul. 17:27:56

Gesteelde goedere 

Die gesteelde goedere wat teruggekry word, sal vernietig word, sê die minister. As die gesteelde goedere in die ekonomie sirkuleer, sal dit die waarde van ander goedere afbring. Dit kan die ekonomie vernietig.

“Stel jouself voor dat die skootrekenaar wat jy gekoop het vir R8 000, skielik vir R1 000 beskikbaar is. Dit sal die ekonomie verwoes.”

20 Jul. 17:23:20

Intelligensie

Wat sy oor intelligensie kan sê, is dat dit takties, strategies of operasioneel kan wees. Operasionele inligting gaan na operasionele strukture.

Die kabinet bespreek strategiese kwessies. Wat strategies is, is dat die werkloosheidsyfer ’n bedreiging vir die land se veiligheid is en die president is al daaroor aangehaal.

Die hoë werkloosheid is ’n probleem. Die Covid-19-pandmie het ook ’n uitwerking omdat dit hongersnood vererger.

Die kabinet is bewus daarvan en daarom is daar ingrypings sodat mense nie honger ly nie.

20 Jul. 17:17:32

SA benodig nie buitelandse hulp om land te beskerm

Volgens die minister wil hulle verseker dat die weermag die land kan beskerm. Dit is bewys met die onluste. Daar word nie eksterne ingrypings benodig nie. Die land kan sy eie probleme uitsorteer, of dit nou gepaard gaan met die weermag, die polisie of intelligensie. 

Oor die verslag aan die OVK dat die verkiesing op 27 Oktober uitgestel moet word, sê sy hulle wag self vir die verslag en sal die kwessie met die OVK bespreek.

Die finale besluit berus by die OVK. 

Die Grondwet is ook duidelik oor die tydlyne rondom verkiesings.

20 Jul. 17:01:21

Onttrekking van weermag

Volgens die minister sal die weermag nie onttrek word nie omdat hulle wil seker maak dat die situasie stabiel bly. Hulle is daar sodat die gemeenskap veilig voel. Hulle sal net onttrek word as Suid-Afrikaners weer veilig voel. ’n Mens moenie bang wees jy gaan aangeval word as jy net in ’n winkelsentrum is nie.

20 Jul. 16:53:11

Skade aan ekonomie in KZN op sowat R20 miljard geraam

Volgens Ntshavheni was daar teen Sondag 100 vragmotors per dag op die N2- en N3-snelweg.

Verskeie spoorlyne is ook weer oopgestel.

Die hawens van Durban en Richardsbaai is oopgestel. Winkelgroepe se verskaffingslyne is weer op dreef. Die meeste winkelsentrums wat deurgeloop het, het reeds heropen.

Patrollies word by ander winkelsentrums gedoen. Die skade aan fabrieke en kommersiële fasiliteite sal ’n beduidende impak hê.

Daar word nog ontledings gedoen oor die skade, maar daar word geraam meer as 200 winkelsentrums is beskadig. Tot 300 000 winkels is beskadig en 90 apteke.

Tot 150 000 werke is in die gedrang in KZN.

Die skade aan die ekonomie in KZN word op sowat R20 miljard geraam.

20 Jul. 16:48:00

Hofverskyning van verdagtes

Oor die hofverskyning van verdagtes, sê sy daar was ’n paar inhegtenisnemings in verband met plundering en aanhitsing tot geweld. 

Daar het vandeesweek al sowat 200 verdagtes in howe in Gauteng verskyn.

Aan van hulle is borgtog toegestaan. 

Drie sleutel-verdagtes het weens aanhitsing tot geweld in die hof verskyn.

Een van hulle is Maandag in Durban in hegtenis geneem nadat ’n lasbrief uitgereik is. Hy sal Woensdag in die landdroshof in Randburg verskyn.

20 Jul. 16:41:39

Gety het gedraai

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, gee ’n oorsig oor die onluste-situasie. 

Sy sê die regering kan nou met vertroue sê dat die gety gedraai is en dat ons op ’n pad van stabiliteit is.

Die afgelope 24 uur is geen voorvalle van plundering of geweld aangemeld nie. 

Die polisie sal steeds ’n wakende oog hou en die weermag bly op ’n gereedheidsgrondslag.

Hulle werk saam by padblokkades en patrollies. 

Die veldtog om gesteelde goedere terug te kry, werp ook vrugte af.

20 Jul. 16:00:55

Meer nuus van die presidensie

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, spreek die media vandag om 16:30 toe oor die geweld en plundering wat verlede week in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng voorgekom het. Sy sal besonderhede gee oor die regering se ingrypings om die ekonomie te herbou en aan verskeie kwessies ná afloop van die geweld aandag te gee.

20 Jul. 14:34:51

President vergader met sakelui oor onluste

Pres. Cyril Ramaphosa voer Dinsdag virtueel samesprekings met meer as 90 uitvoerende hoofde en sakeleiers van sleutelbedrywe wat deur verlede week se burgerlike onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal geraak is.

Stappe wat deur die regering gedoen is om die skade te herstel en ná verlede week se gebeure te herbou, sal onder meer bespreek word.

Die premiers van Gauteng en KwaZulu-Natal, verskeie kabinetslede, asook die LUR’e vir ekonomiese ontwikkeling in Gauteng en in KwaZulu-Natal, sal die geleentheid bywoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.