Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Om werk te skep is ons missie, sê Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa beantwoord vrae van lede van die parlement in die algemene vergadering. .

Ramaphosa het in die vraag-en-antwoordsessie onder meer oor werkskepping, meer welsynwerkers en armoede gepraat.



Hy het ook gesê dat werkskepping die doel is van alles wat die regering doen. 

31 Okt. 17:04:38

Die parlement verdaag. 

31 Okt. 17:00:09

Rehabilitasie van die omgewing

Nog 'n opvolgvraag handel oor die rehabilitasie van die omgewing.

Ramaphosa sê ons moet na die omgewing kyk. Ons is een van die grootste besoedelaars op die kontinent. Ons moet klimaatsverandering meer ernstig aanspreek. Ons wil dit doen en sien dat ons ekonomies wins kan maak uit die omgewing deur byvoorbeeld die  behandeling van vullis en afval. Dit kan baie werk skep. Werkskepping is die doel vir alles wat ons doen. 

Die minister van finansies het gesê ons bestee meer as wat ons inkry. Ons wil dit regstel. Die ministrer het duidelik gestel hoe ons dit kan regkry. Ons dink ons is stadig maar seker besig om skip om te laat draai.

Tsenoli se dit is die einde van vrae aan die president.

31 Okt. 16:57:56

Steenhuisen vra 'n opvolgvraag: Hy sê die DA glo Suid-Afrikaners moet eiendomsregte hê. Hy wil weet   waarom die egering die Grondwet wil wysig vir die onteiening van grond sonder vergoeding.

Rampahosa: Ek wil baie reguit wees en sê alles wat jy noem is deel van die die grondhervormingsproses.

31 Okt. 16:44:38

Ramaphosa sê hoe meer plaaslike en internasionale beleggings gelok kan word, hoe meer werk sal geskep kan word. Hy sê sy administrasie het die afgelope agttien maande baie gedoen om dit makliker te maak om in die land te belê.

Aanstaande week se tweede beleggingsberaad help in die regering se strewe om oor die volgende vyf jaar R1,3 triljoen se beleggings na die land te nooi. Ons het reeds verbintenisse gekry vir R300 miljard se beleggings in die land. 

Ons het verskeie hernieubare energiebronne wat ons moet gebruik om die ekonomie te laat groei.

Ons moet ook nuwe lewe in die kleinsake-sektor in skop. Ons het ook verskeie industrieële parke weer oopgemaak. Ons het ook verskeie maatreëls in plek om opkomende en kommersiële boere te ondersteun.

Ons moet ook ons opvoedingstelsel hervorm om dit meer in lyn met moderne werksplekke te bring. Ons moet meer tegniese vakke in skole in bring. Soos in Gr. 9 opwaarts wat ook nou ketelmakerery  as vak aanbied. Daarom is daar nou groter belangstelling in naskoolse ambagopleiding.

Om armoede, ongelykheid en werkloosheid op te los, vereis 'n gesamentlike poging van ons almal.

Almal moet hul plig doen om te help.

31 Okt. 16:41:21

Die laaste vraag gaan oor werksgeleenthede en om ander ekonomiese geleenthede te skep.


31 Okt. 16:39:56

Ramaphosa antwoord nou laaste vraag.

31 Okt. 16:36:36

Vuyo Zungula, ATM-LP, sê werkgeleenthede is nie deur konferensie geskep soos wat Ramaphosa vroeër genoem het nie.

Ramaphosa: Hy antwoord dat mense nie weet hoe die land werk nie. Soos ons werksgeleenthede skep vind ons die netto-effek daarvan verlore gaan en meer jeugdigs die werksmark betree. Hy sê baie werksgeleenthede word geskep.

Dit is egter so dat sommige LP's hier nie eens weet wat die impak is van die wette is wat hulle hier formuleer en deurvoer nie.

Ons is besig om die ekonomie te herstruktureer en te herposisioneer om 'n getransformeerde ekonomie te wees. Die vorige ekonomiese beleid het swart mense uitgesluit. Julle kan nie sê ons het nie sedert 1994 enige maatreëls ingestel om die ekonomie te transformeer nie. As dit so is, was iemand aan die slaap.

31 Okt. 16:33:47

Ramaphosa se sulke burokratiese belemmerings is geïdentifiseer en word gereeld geïdentifiseer by Nedlac. Soos ek vroeër genoem het met die waterlisensies. Ek wou vroeër ook by amptebare weet hoekom ek drie jaar moes wag vir 'n waterlisensie op my eie plaas. Hulle kon my nie antwoord nie.

31 Okt. 16:31:56

Zakhele Mbhele, DA-LP, sê klein ondernemings is die tot werkskepping. Hy sê regulasies beperk dit egter. Wanneer gaan nasionale regering die regulasies verslap?

Ndlozi sê die vraag is reeds vroeër deur Steenhuisen gevra. Hy sê daar is ander LP's met nuwe vrae. "Dit lyk of die nuwe DA geen kreatiwiteit het nie," se hy.

Tsenoli se Ramaphosa moet antwoord.

31 Okt. 16:26:54

Werkskepping vir die jeug

Peter Keetse, EFF-LP, wil weet hoeveel werk die regeringsinisiatiewe al vir die jeug geskep het. Ramaphosa het in sy laaste Staatsrede 2 miljoen werksgeleenthede vir die jeug belowe.

'n ANC-LP maak kapsie en se dit het niks met aanvanklike vraag te doen nie.

Ndlozi maak kapsie en sit hy weet nie van watter parlement die ANC-LP is nie, maar dat dit dit alles deel van die vraag oor konferensies en werkskepping is.

Tsenoli se Ramaphosa moet antwoord.

Ramaphosa se toe die jeugindiensnemingsinisiatief begin het, het hulle gedink dat derduisende werksgeleenthede geskep sou word omdat dit moeilik was om die privaatsektor by die idee te laat inkoop. Dit vorder egter nou beter, maar dit sal tyd neem. 


Maatskappye word aangemoedig om werk in hul eie ondernemings te skep vir jong mense in posisies waar iemand reeds werk is. Die laaste keer wat ek 'n verslag gekry het, het dit vermeld dat tot 50 000 jeugdiges reeds in diens geneem is en dat die inisiatief al meer momentum kry. Ons het egter nou talle ander vennote en entiteite bygekry wat dié syfers gaan verdubbel. Die goeie ding van die inisiatief is om aan jeugdiges 'n jaar se werkservaring te gee, waarvan tot 70% dan permanent in diens geneem word. 

Meer oor:  Parlement  |  Cyril Ramaphosa  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.