Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Ramaphosa praat oor 'Die Stem', Bosasa, grond en EFF-skenkings
  • Pres. Cyril Ramaphosa het vrae in die parlement oor onder meer Bosasa, 'Die Stem', werkloosheid, grondhervorming en die vervreemding van minderheidsgroepe beantwoord.
  • Hy het gesê daar is baie Afrikaners wat al na hom gekom het en saamwerk om eenheid tussen die gemeenskappe van Suid-Afrika te verbeter.
  • Ramaphosa het ook verduidelik hoe die geldinsameling vir 'n interne veldtog in 'n politieke party werk soos met sy CR17-veldtog.
22 Aug. 16:10:21

EFF-LP vra nou opvolgvraag. Die openbare gesondheidstelsel is in 'n gemors. Daar is hospitale wat tans nie elektrisiteit nie. Daarom sal die NGV nie werk as daar nie massiewe beleggings in die sektor kom en mediese personeel heropgelei word nie. Wat doen die regering om sulke probleme op te los.

Ramaphosa: Die ekonomiese stimulus-pakket wat ons aangekondig het, sal help om personeeltekort te help oplos. Soos die proses vorder, sal ons in staat wees om professionele mense wat ons benodig in ons hospitale, aan te stel.

Ons sal ook verseker dat ons funksionerende klinieke en hospitale het, wat toegang tot water en elektrisiteit het en wat goed bestuur word. Ons is onder geen illusie dat die NGV alle probleme in die sektor sal oplos nie. 

Dit sal 'n proses en reis wees om die stelsel reg te ruk.

22 Aug. 16:07:15

Ramaphosa sê openbare gesondheidsorg word reeds beter

IVP-LP vra nou 'n opvolgvraag en sê hy stem saam dat universele mediese sorg 'n werklikheid moet word. Hy sê Ramaphosa het van R220 miljard gepraat wat aan openbare gesondheid bestee word. Kry ons waarde vir geld daar? As 'n mens na klagtes van die mense luister, is dit nie die geval nie.

Ramaphosa: Een van die redes waarom ons die NGV verkies, is dat ons mense waarde vir geld moet kry. Hulle kry dit tans nie. Maar dinge raak beter. Ons bou nuwe hospitale. Ons verbeter ander. Ons stel meer dokters aan. Meer verpleegsters. Ons koop nuwe beddens. Ons pomp geld in daardie stelsel in.

Die NGV sal bydra tot die verbeteringstrajek. Ons sal ook die bestuur van hospitale verbeter.

Ek het geen twyfel nie dat as ons gesondheidsorg herposisioneer, sal ons klinieke en hospitale se dienste verbeter. Ons het die idee gebou en sal werk om daardie model vir gesondheidsorg te bereik, sê Ramaphosa.

22 Aug. 16:03:44

Ramaphosa is jammer oor JSE-verliese ná aankondiging

Nog 'n opvolgvraag deur Vryheidsfront Plus-LP wat sê dat maatskappye op die JSE verlede week byna R14 miljard verloor het net omdat die NGV-wetsontwerp by die parlement ingedien is nie. Moet dit nie maar laat vaar word nie soos in Ierland en in die verlede in Amerika nie.

Ramaphosa: Ek het gesien van die verliese van 'n aantal maatskappye. Dit gebeur meesal omdat daar mense in ons land is wat teen transformasie is wat slegte en alarmistiese boodskappe oor die NGV uitstuur.

Hulle besef nie dat ons alles kan verloor as ons niks doen nie.

Ek is jammer oor die verliese. Maar verliese op die aandelebeurs gebeur elke dag. Dit is hoe die markte werk.

Ons kan egter nie sê dat ons daarom nou die 84% van ons mense wat dit benodig, in die steek moet laat nie. Wat ek wel weet, is dat as die NGV se ware feite insink en mense begin verstaan waaroor dit gaan, daardie maatskappye se aandele weer sal styg.

22 Aug. 15:59:38

Premier en staalwerker moet langs mekaar in hospitaal lê

Ramaphosa: Ek het die eer gehad om na die Sweedse premier te luister voordat hy vermoor is. Hy het gepraat van hoe in die hospitaal langs iemand gelê hett.

Hy het die man gevra wat hy vir 'n lewe doen. Die man het gesê hy is 'n staalwerker. Die premier het toe aan hom gesê dit is waarna hulle gestreef het - 'n gesondheidstelsel waar 'n staalwerker en die premier langs mekaar in 'n hospitaal vir mediese behandeling lê.

Ons sal die NGV uit die presidensie dryf.

Ons hoop dit gaan gesondheidsorg in die land verander.

Ramaphosa antwoord nou 'n opvolgvraag.

Hy sê as dit by die NGV kom, sal daar 'n valkoog oor die finansies van NGV gehou word.

"Ons sal seker maak dat die lesse wat ons met ons staatsentiteite geleer het, nie met die NGV gebeur nie. Ons wil die NGV skoon bestuur," sê Ramaphosa.

22 Aug. 15:54:33

Ramaphosa antwoord oor nuwe Nasionale Gesondheidsversekering

Ons is een van die lande met die hoogste ongelykheid ter wêreld. Een van ons grootste prioriteite as 'n nasie moet 'n universele gesondheidstelsel wees.

Dit is ook belangrike vir maatskaplike regverdigheid.

Ons het insette gelewer by die G20-beraad in Osaka (Japan).

Die Elders-groep wat deur oudpres. Nelson Mandela op die been gebring is, het hul steun aan die projek gegee.

Verlede maand het ons 'n presidensiële gesondheidspakt onderteken. Dit is ontwikkel deur sleutel-rolspelers in die gesondheidsorg.

Dit is noodsaaklik as ons wil verseker dat elke kliniek en hospitaal gereed is vir die NGV. Die NVG-fonds sal net kontrakte met hospitale aangaan wat aan internasionale standaarde voldoen.

Ons fokus daarom nou daarop om die openbare gesondheidsektor op standaard te bring. AS die NGV wet word, sal dit baie doen om universele, mediese dekking van gehalte teweeg te bring. Dit sal ons gelyk plaas met min ander lande.

Tans word R250 miljard deur 16% van die bevolking bestee om gehalte mediese behandeling in die private sektor te kry en net R220 miljard aan openbare gesondheid. En tog is diegene wie se mediese fondse opraak, die eerste wat na die openbare sektor hardloop vir behandeling. Dit is onaanvaarbaar.

Ons het genoeg hulpbronne om mediese sorg van gehalte aan elke landsburgers te gee, maar wil 'n paar verryk daardeur. Die NVG sal hulpbronne verhoog om meer gesondheidswerkers aan te stel.

Dit sal ook gesondheidswerkers in private sektor kontrakteer om diens van gehalte aan alle landsburgers te gee. Dit sal ook toegang tot medisyne en toerusting en ander geriewe te verbeter.

Dit sal waarde vir geld verhoog.

Dit sal ook die gehalte van dienste wat gelewer word verbeter omdat dienste van 'n spesifieke gehalte gelewer moet word. Ons sal soos met alle groot beleidsveranderinge sedert 1994 wyd oor die kwessie konsulteer.

Dit is noodsaaklik dat alle maatskaplike vennote betrokke is by die ontwerp en implementering van die NGV.

Dit het die potensiaal om die gesondheidstelsel fundamenteel in die land te verander. Ons sal daardeur nader beweeg aan die eis van ons voorvaders van gratis mediese sorg vir almal.

22 Aug. 15:46:15

Vraag 4: Ramaphosa moet sê oor Nasionale Gesondheidsversekering

Bongekile Dlomo, ANC-LP, vra:

Is die regering gereed om die Nasionale Gesondheidsversekering te implementeer, en wat is die voordele daarvan?

Die lang weergawe: In ag genome die ondertekening van die presidensiële gesondheidsplan wat verskeie rolspelers daartoe verbind om die uitdagings in die gesondheidsektor te bowe te kom: Wat is die gereedheidsvlak om nasionale gesondheidsversekering (NGV) te implementeer? Wat sal die voordele wees van die NGV met die ontwikkeling van die nasionale gesondheidsorgstelsel in die toekoms?

22 Aug. 15:44:40

Geen belastinggeld gebruik vir CR17-veldtog sê Ramaphosa

Thandi Mahambehlale, ANC-LP, vra 'n opvolgvraag.

Sy wil weet of opgetree sal word as iets verkeerd met die CR17-veldtog gedoen is. En of belastingbetalersgeld gebruik is daarvoor.

Ramaphosa: Ek sal optree teen enige onwettigheid. En, nee geen staatsgeld is daarvoor gebruik nie. Of ek geweet het van die R500 000-skenking van Bosasa is nou voor die howe. Ek sal verkies dat die howe behoorlik daarmee handel. Ons sal ons daarna daaroor uitspreek.

22 Aug. 15:42:27

Ramaphosa self bekommerd oor sy verhouding met openbare beskermer

Genl. Bantu Holomisa, UDM-leier: Die lelike openbare twis tussen die openbare beskermer (OB) en die president is nie net verleentheid vir land nie, maar ook vir Ramaphosa se nuwe dagbreek en om beleggers te lok. Hy vra of Ramaphosa nie eerder sy saak teen die OB wil terugtrek nie.

Ramaphosa: Ek is sensitief oor die kwessie wat jy opper. Ek is net so bekommerd oor wat tussen die OB en die president gebeur. Dit is nie goed vir demokrasie nie.

Dit kan nie so wees dat belangrike kantore in die land met mekaar baklei as dit op ander wyse opgelos kan word nie.

Die OB se bevindinge is volgens advies iets wat in die hof opgelos moet word. Ons moenie toelaat dat die wiele afkom nie. Ons moet ons howe toelaat om daarmee te handel. Dit is kommerwekkend, maar 'n kanaal wat ons moet deurgaan sodat ons uiteindelik die besluite van een staatsorgaan teen 'n ander kan toets. 

Maar so bekommerd soos ons is, moet ons toelaat dat die howe dit hanteerl. Dit kan wees dat jy jou wens kry en dat die parlement toegelaat word om dit te hanteer.

Baie later van nou af sal ons na die sage terugkyk en die grondwetlike wyse waardeer waarmee ons die kwessie tans hanteer.

22 Aug. 15:38:37

Ramaphosa sê hy het nie mense met poste van minister beloon

Maimane vra 'n opvolgvraag. Ons weet EFF-LP het bedank. Ons weet vier ander LPs het ook geld van die CR17-veldtog gekry. Is mense wat vir die veldtog gewerk het, met ministersposte beloon?

Ramaphosa: Die antwoord is nee. Ek werk nie so nie. Geld wat aan mense betaal is, was vir wettige veldtogdoeleindes en daar was geen verwagtinge van mense wat aan die veldtog deelgeneem het dat hulle met poste beloon sou word nie.

As ek mense aanstel, deurdink ek dit. Wat mense in die veldtog gedoen het, het geen rol daarin nie. Mense word op grond van hul bekwaamheid en meriete en om geen ander rede nie aangestel.

22 Aug. 15:35:59

Ramaphosa verduidelik geld aan 2 EFF's

Ramaphosa: Jy wil weet vir hoeveel EFF-lede ons geld gegee het. Laat ek sê dat die EFF my erg in die verleentheid gestel het.

Die twee EFF-LP het in die Nasionale Raad van Provinsies gedien en was my grootste kritici.

Daar is die kwessie van menslikheid - waar ons oor partygrense heen met mekaar skakel en mekaar as mense begin sien het. Daar was ook ander. Toe hulle hulp nodig gehad het, het hulle gevra en ek het hulle gehelp.

Dit was uit diepe vrygewigheid. Ongelukkig het dit nie van jul kant gekom nie.

Meer oor:  Regering  |  Politiek  |  Cyril Ramaphosa  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.