Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Cyril sê die regering is op die regte koers

  • Pres. Cyril Ramaphosa lewer vandag sy repliek nadat opposisiepartye die afgelope twee dae in die parlement oor sy staatsrede gedebatteer het. 
  • Uiteenlopende kwessies is op vanjaar se debat oor die staatsrede deur opposisiepartye aangespreek – van grondonteiening sonder vergoeding en plaasmoorde tot bewerings dat Ramaphosa sy eerste vrou, Hope, en ook sy oorlede vrou, Nomazizi, mishandel het.
  • Die EFF-leier, Julius Malema, het weer amok veroorsaak toe hy in ’n spreekbeurt Ramaphosa daarvan beskuldig het dat hy sy gewese vrou, Nomazizi, mishandel het. Sy aantyging volg nadat ’n ANC-LP Malema gevra het of hy sy eie vrou mishandel, wat Malema ontken het.
  • Dr. Annelie Lotriet, voorsitter van die DA se parlementêre koukus, het haar kommer uitgespreek daaroor dat besware oor die verandering aan art. 25 van die Grondwet – om grondonteiening sonder vergoeding moontlik maak – op dowe ore bly val.
20 Feb. 15:04:55

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking. Hou Netwerk24 dop vir volledige berigte. 

20 Feb. 15:01:48

Ramaphosa word staande toegejuig. Hy is klaar. Malema is nou op die been. Hy sê hy wil met respek iets sê. Masondo sê dit is die einde van die staatsrede. Malema sê hy wil aan die president sê sy vrou is voor die president beledig in die staatsrede en niks is daaroor gesê nie.

"Dit was net nadat ek begin praat het dat die president iets sê," sê Malema. Hy word egter doodgeskreeu deur ANC-LP’s. Masondo sê hy moet sit. Die sitting word verdaag.

20 Feb. 14:59:51

Ramaphosa: Ek wil ’n kwessie hanteer waarmee ek vroeër begin het. Ek wil dit sensitief hanteer. Dit is die kwessie van Malema. Hy het in 2017 gesê dat ek my eerste vrou, Hope, mishandel het. Hope het gereageer en gesê dit is nie waar nie. Voor dit was die bewering ook teen Malema deur ’n ANC-LP gemaak. Malema, ek het vir jou vrou gevoel toe dit teen jou gemaak is. Dit was ongevraagd en onbehoorlik. As ek jou om verskoning kan vra daarvoor, sal ek omdat dit ongevraagd was.

Rampahosa: Jy het die kwessie van my oorlede vrou, Nomazizi, geopper. Sy is nie hier om vir haarself te kan praat nie. Soos ek die jong vrou se brief aan my gelees het, het ek besef ons kan nie 'n kwessie wat so baie vroue in die land raak, só gebruik nie. Ek is ’n pa van dogter, 'n man, 'n broer in die kabinet en parlement in 'n land waar die meeste vroue is. Dit is die mense vir wie ons moet baklei en verseker dat geslagsgeweld stopgesit word. Ons moet dit doen met respek vir mekaar en vir vroue in die land. Ons moet met groot sensitiwiteit daarmee handel. My hart gaan uit na jou en jou vrou, Malema. Ons moet die kwessie nie politiseer nie. Ons moet almal opstaan en dit bestry. Baie dankie.

20 Feb. 14:55:40

Ramaphosa: Ons is verbind tot die ekonomiese hervorming soos ons aangekondig het. Ons sal hindernisse verwyder wat groei belemmer. Ons sal Eskom se ligte nie net afsit nie. Ons sal Eskom se finansiële en operasionele posisie regruk. Ons doen streng stappe om die land gereed te kry vir die toekoms. Dit is ons verantwoordelikheid aan toekomstige generasies.Ondanks die probleme, maak ons vordering. Ons kruip nie weg vir ons probleme nie. Ons staar dit in die gesig. Ek is geraak deur ’n artikel waarin ’n joernalis skryf ons moet ook terugbaklei teen pessimiste wat Suid-Afrika afskryf.

Ramaphosa: Positiewe stories haal nie die sosiale media nie. Mark Ashton het ook geskryf ons moet negatiwiteit oral beveg. Dat dit nie net  die regering se verantwoordelikheid nie, maar dié van alle belanghebbendes. Dit is wat hy geskryf het. Ons het die bekwaamheid, die wil, vasberadenheid en  vermoë om ’n beter Suid-Afrika te bou, maar ons moet dit saambou vir inklusiewe groei en transformasie. Ons moet ook vertroue tussen ons herbou. Ons moet mekaar respekteer in die parlement. Ons moet die bande herbou tussen die mense wat ons vekies het en ons wat hulle moet dien. Dit is net as ons mekaar erken dat ons 'n vrye en verenigde Suid-Afrika te kan bou. Die debat oor die staatsrede is nou verby. Dit is nou tyd vir implementering.

20 Feb. 14:48:41

Ramaphosa: Dit is ligsinnig om voor te stel dat die maatreëls bedoel is om net die belange van een party te dien. Dit sal eerder alle Suid-Afrikaners dien. Soos ons die afgelope jare in terme van behuising, water, sanitasie, onderwys en elektrisiteit gemaak het. Dit is nie net vir ANC-lede nie. Ons doen dit ingevolge die Grondwet. Ons dien alle mense van Suid-Afrika en nie net sommige Suid-Afrikaners nie.

20 Feb. 14:46:47

Ramaphosa: Soos sommige LP’s gesê het, is grondhervorming ’n noodsaaklikheid. As ons nie toegang tot grond aan alle Suid-Afrikaners gee nie, sal ons nie net versuim om die onregte van die verlede reg te stel nie, maar sal ons ekonomiese groei beperk.

Dit is waarom ons die program van versnelde grondhervorming het. Waar ons in die verlede grond aan mense gegee het sonder toepaslike ondersteuning, sal ons dit dié keer gee. Ons ondersteun die wysiging van art. 25 van die Grondwet en 'n nuwe onteieningswet is op pad. Dit sal nie eiendomsregte ondermyn nie, maar eerder die eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners verbreed. Dit is wat art. 25 van die Grondwet wil hê. Dit gaan oor die uitbreiding van grondregte aan alle Suid-Afrikaners en nie net aan sommige soos in die verlede nie. Die proses sal grondwetlik en ingevolge die landswette plaasvind. Grondgrype sal nie toegelaat word in die land nie.

20 Feb. 14:42:46

Ramaphosa: Dit is duidelik dat die pas van die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering sal plaasvind soos ons dit kan bekostig. Daarby is 90% van mense met MIV/vigs op behandeling. Ons doen ’n beroep op openbare verteenwoordigers om die voorkomingsveldtog verder te help versterk.

20 Feb. 14:42:06

Ramaphosa: Aansienlike hulpbronne is in die nasionale vervolgingsgesag ingestoot. Dit is ’n kritieke instelling in die stryd teen misdaad en om korrupsie te takel. Sy nuwe ondersoek-direktoraat werk met ander instellings en die Zondo-kommissie om korrupsie te ondersoek. Ons het ook die Spesiale Ondersoek Eenheid-tribunaal gestig om gesteelde geld terug te kry. Só sal ons ook die geld wat by Eskom en ander instelling gesteel is, terugkry. Ons is vasberade dat almal wat geld gesteel het, die volle mag van die gereg moet voel.

20 Feb. 14:40:30

Ramaphosa: Ekonomiese groei sal die armes bevoordeel omdat meer geld vir infrastruktuur en basiese dienste beskikbaar sal wees. Ons sal ook ons belegging in vroeë kinderontwikkeling verbeter. Inklusiewe groei kan egter net deur 'n bekwame staat bereik word. Dit handel met die strukture, prosesse, stelsel en bestuurstelsel op makro-vlak. In die laaste twee jaar het ons gekwalifiseerde en bekwame mense aangestel wat verskeie staatsinstellngs en entiteite lei. Ons sal hulle aanspreeklik hou vir hul prestasie. Om plaaslike regering te versterk, is ’n belangrike deel om  ’n bekwame staat te bou wat betekenisvolle verandering in mense se lewe kan bring.

Ramaphosa: Daarom verwelkom ek die nuwe distrikmodel wat mense se lewe op plaaslike regeringsvlak sal verbeter. Ek sal ook aandag skenk om die haglike omstandighede waarin sommige gemeenskappe steeds is, te verbeter. Ons moet verseker dat ons besoeke aan plaaslike gebiede hand aan hand gaan met dienslewering. Ons sal nou ook begin om een plan vir die hele land te hê wat van nasionale, provinsiale en plaaslike regering sal vloei. Die presidensiële raad hieroor sal volgende met met alle metro' s en munisipaliteite vergader om te begin om een plan vir die hele land in werking te stel.

Ramaphosa: Ons hou ook aan met ons poging om die dorpsbeplanning van die verlede te verander. Soos die slimstad wat nou in Lanseria gebou word. Namate ons die proses onderneem om apartheid se dorpsbeplanning te vervang, moet ons dapper wees om dit te verander. Een van die LP’s hier in die debat het gesê dat ons steeds leef in die nalatenskap van apartheid. Dit is so. Ons moet dit verander.  Shivambu het gesê ons moet ons kyk of ons nie meer toeganklike parlement moet hê nie. Ons kyk daarna. 'n Studie is al gedoen. Ons hou egter aan om die kritieke instellings te herbou wat deur staatskaping afgetakel is.

20 Feb. 14:35:09

Julius Malema gaap tydens Ramaphosa se repliek. Foto: Adrian de Kock

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.