Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Ramaphosa - 'wees lief vir jou land soos jouself'

  • Pres. Cyril Ramaphosa praat oor die jongste verwikkelinge oor grondhervorming, sowel as die regering se standpunt oor Trump se opmerkings oor die grondkwessie in Suid-Afrik.
  • Trump het verlede maand getwiet dat hy ná ’n nuusberig oor Suid-Afrika se grondhervormingsplanne op die konserwatiewe Amerikaanse TV-stasie Fox News'n opdrag gegee het om die grondkwessie en die beslaglegging en onteiening van plase en grootskaalse plaasmoorde in Suid-Afrika deeglik te ondersoek.
  • Ramaphosa sal ook meer inligting gee oor die voorwaardes van lenings wat die Chinese Ontwikkelingsbank onlangs aan Eskom en Transnet toegestaan het.
  • Die vordering met die proses van leefstyl-oudits vir senior staatsamptenare as deel van die regering se verbintenis tot die bestryding van korrupsie, word ook bespreek.
11 Sep. 16:22:48

Dit is die einde van die sessie.

ANC-LP's juig Ramaphosa staande toe toe hy die podium verlaat, berig Llewellyn Prince.

11 Sep. 16:21:14

 “Wees lief vir jou land soos wat jy lief is vir jouself,” sê Ramaphosa

‘n Ander opvolgvraag aan Ramaphosa lui onder meer dat beleggers baie onstig is oor planne vir onteiening sonder vergoeding. Sal Ramaphosa as sakeman in 'n land belê wat sulke onteieningsplanne het?

Ramaphosa: "Die mense waarmee ons handel waarvan jy praat, het 'n geleentheid om met ons te kan gaan sit en uitvind hoe Suid-Afrika 'n grondwetlike land met wette en groot geleenthede vir enige beleggers kan bied. Dit is 'n juweel vir enige belegger.

"Diegene wat die beleggingsberaad in Oktober sal bywoon, sal presies ingelig word oor die regulatoriese raamwerk ingevolge waarin ons sal handel.

"Ons het baie internasionale maatskappye wat bereid is om miljarde in SA te belê. Europese maatskappye wil ook miljarde hier belê. Dit wys vertroue.

"In plaas van om sleg oor die land te praat, moet ons oor die goeie dinge praat. In plaas van om verkeerde dinge van die dak van die dak van die Empire State-gebou te gaan verkondig, moet ons eerder lief wees vir ons land.

“Wees lief vir jou land soos wat jy lief is vir jouself,” sê Ramaphosa.

11 Sep. 16:10:00

Ramapahosa: "Daar is sommige wat tendens het om die grondhervormingsproses met dit wat in ander lande gebeur het te vergelyk. Hulle sê ons moet kyk wat in Venezuela en Zimbabwe gebeur het.

"Ek sê dikwels - nie dat ons uitstekend is nie - maar dat ons altyd 'n manier gevind het om probleme op te los."

11 Sep. 16:08:31

Die res van die wêreld moet die geskiedenis van grond in Suid-Afrika verstaan, sê Ramaphosa

Ramaphosa sê Suid-Afrika se minister van internasionale verhoudings het met Michael Pompeo in Amerika geskakel oor Trump se twitter boodskap.

Daar is tyd en moeite gebruik om die situasie aan Trump se kantoor te verduidelik.

"Daar is 'n proses van kommunikasie. Ons moet dit deurlopend en so goed doen as wat ons kan.

"Dit is die regering se plig om te verduidelik wat in Suid-Afrika gedoen word ten opsigte van grondhervorming, veral aan diegene wat nie ons geskiedenis verstaan nie, sê Ramaphosa.

"Suid-Afrika moet aanhou om diegene op te voed wat belang stel in ons sake.

"Dit is om daardie rede wat ons reageer soos ons reageer, nie net aan Amerikaners nie, maar aan almal anders. Ons moet eerlik wees en erken dat baie bekommerd is oor wat tans in die land gebeur.

"Baie het na ons land gereis om uit te vind wat gebeur. Dit deel van ons werk om proses aan hulle te verduidelik.

"In hierdie verband het ons ons ambassadeurs en hoë kommissarisse regoor die wêreld opdrag gegee om in hul onderskeie lande die duidelik beleidsposisie te verduidelik sodat hulle ons boodskap beter kan versprei.

"Daar mag hier en daar swakhede wees, maar ons het die vermoë om so duidelik moontlik te kommunikeer.

"Ek dink ons maak vordering. Ek het al gesien hoe mense baie aggressief gekant was teen grondhervorming, maar as hulle die geskiedenis van grondontneming in die land hoor, van deuntjie verander," sê Ramaphosa.

11 Sep. 15:56:50

11 Sep. 15:56:13

Ramaphosa beantwoord nou die laaste vraag vir vandag aan hom.

Dit gaan oor Donald Trump se kommentaar op Twitter.

11 Sep. 15:54:11

Ramaphosa beskuldig DA van 'n vooroordeel teen China en met beweringe dat China Afrika wil koloniseer.

"China is die tweede grootste wêreldekonomie," sê Ramaphosa.

11 Sep. 15:51:35

Foto: Jaco Marais

11 Sep. 15:49:58

Foto: Jaco Marais

11 Sep. 15:49:17

Ons het nie Suid-AFrika se siel aan die hoogste bieër verkoop nie, sê Ramaphosa

Opvolgvraag deur DA-LP is of Ramaphosa die land kan verseker dat geen staatseiendom aan die Chinese gegee sal word as Eskom nie sy lening terug kan betaal nie.

Ramaphosa: "Ons staatsentiteite, as hulle hul werk doen en net soos baie ander maatskappye in Suid-Afrika, gaan uit om geld van aantal entiteite geleen.

"As jy van die leningsooreenkomste aangaan, is dit baie sensitief en vertroulike omdat daar kommersële inligting in is wat mededingers nie moet sien nie. Ons is egter as regering nie in 'n gewoonte om die land se bates aan ander nasies oor te gee nie.

"Ons is baie jaloers oor ons bate en sal nie Suid-Afrika oorgee aan enige ander land of entiteit nie. Op die einde het Eskom 'n aantal ooreenkomste met die Wêreldbank, IMF en Afrika-Ontwikkelingsbank.

"Ons streef altyd daarna om ons soewereiniteit te beskerm en waak daarteen dat ons bates nie oorgeneem word nie.

"Nie een keer het ons die afgelope 25 jaar die siel van Suid-Afrika aan die hoogste bieër verkoop nie. Die wat wou, het misluk," sê Ramaphosa, berig Llewellyn Prince.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.