Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: ‘Minder melkboere in die Vrystaat’

  • Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Vrydag aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa vroeër vandeesmaand ‘n beëdigde verklaring ingedien het aan die kommissie van ondersoek na staatskaping.
  • Zondo het ook bevestig dat Ramaphosa bereid sal wees om voor die kommissie te verskyn om te getuig.
  • Zondo sê hy het Ramaphosa gevra om 'n verklaring in te dien om uit te klaar of hy enige bande met die Gupta-familie of hul maatskappye, of Bosasa en sy werknemers gehad het.
  • Willie Basson, 'n sakeman van Vrede, het ook Vrydag getuig oor die omstandighede op die Vrede-suiwelplaas. Basson beweer die Gupta-familie het 'n troue gefinansier met geld wat van dié plaas af kom.
  • Die kommissie sal na verwagting ook getuienis van Dumisani Cele, ouddirekteur in die nasionale tesourie, en David Maree, 'n landbou-ekonoom oor die Estina-suiwelprojek aanhoor.
26 Jul. 17:17:27

Die kommissie verdaag tot 12 Augustus om 10:00. 

26 Jul. 17:17:16

Zondo sê die kommissie sit nie vir die volgende twee weke nie. 

Die kommissie hervat op 12 Augustus. 

Hy vra Maree om op 12 Augustus terug te kom na die kommissie. Molefe vra hulle moet 09:30 op 12 Augustus begin. 

Zondo sê dis moeilik om nou al te sê of hulle om 09:30 kan begin. 

26 Jul. 17:06:34

Maree sê een van die Vrede-suiwelprojek se planne was om melk aan te koop by plaaslike boere en dit dan te verwerk in ander produkte. 

Maree: Maar dit maak nie sin nie. Hoe wil hul melk aankoop by boere wat al hoe minder raak in die Vrystaat? As ek 'n belegger was, sou ek belê in melkprodusente in 'n provinsie waar die hoeveelheid melkboere toeneem, nie afneem nie. 

26 Jul. 17:01:00

Zondo sê die kwessie van Paras bekommer hom. Hy het 'n paar dae gehandel met die feit dat Paras 'n kontrak met Estina geteken het. 

Zondo: Dit moet moontlik wees om inligting te kry oor Paras by die hoëkommissaris van Indië in Suid-Afrika. Miskien moet ons dit ondersoek. 

Molefe sê die ondersoekspan het aan die hoëkommissaris van Indië geskryf. 

Zondo: Die ondersoekers doen seker 'n goeie werk maar eenvoudige goed neem lank. 

Zondo vra dat iemand van die ondersoekspan dringend kontak maak met die Indiese hoëkommissaris. Hy sê Paras is die steunpillaar van die Vrystaatse departement van landbou se regverdiging van baie kwessies in die Vrede-projek. 

Zondo vra die regspan om nie op die ondersoekers te wag nie en om self betrokke te raak om meer inligting oor Paras te kry. 

26 Jul. 16:57:50

Maree praat nou oor die 20 grootste melkprodusente in 2012. In daardie lys is daar slegs een maatskappy in Indië. 

Zondo bevestig met Maree dat Paras, wat saam met Estina gewerk het, dus nie die grootste melkprodusent in Indië is nie. 

Maree sê hy het navorsing probeer doen en dat hy nie veel inligting oor Paras kon kry nie. 

Zondo: So as Paras so groot was soos gesê word, sou 'n mens makliker inligting oor hulle kry? 

Maree bevestig dit. 

Molefe: Mr. Thabete sê hy het op Google gesoek en bevind dat Paras een van die grootste melkprodusente in Indië is.

Maree: Ek dink dit is dalk in een provinsie van Indië, maar nie in die hele Indië nie. 

Zondo: So dink u dit is nie waar nie?

Maree: Nee, dit is nie waar nie. 


26 Jul. 16:40:53

Ter agtergrond sê Maree daar is 'n afname in melkboere in die land. Dit het afgeneem van meer as 3 000 tot 2 083. 

In die Vrystaat was daar 'n 57%-afname van melkboere van Januarie 2006 tot September 2013. 

Maree praat nou oor die melkproduksie per provinsie. In Desember 1997 het die Vrystaat 18% van melk bygedra. In Februarie 2012 was dit 10,5%. 

Luidens die data het boere in die Vrystaat ook minder melkbeeste. 

Molefe vra Maree om die afname in melkprodusente te verduidelik. 

Maree: Die melkbedryf in die land het van die binneland af verskuif na die kusgebiede weens klimaat. Tweedens is die produksiekoste hoër omdat voer aangekoop moet word, waar dit by die kusgebiede meer reën en daar weiveld vir beeste is.

26 Jul. 16:32:35

Maree sê daar was sommige beperkinge in sy ondersoek omdat sommige dokumente nie duidelik was nie en dat daar dokumente ontbreek het. Oor die algemeen was daar beperkinge om inligting te bekom. 

26 Jul. 16:31:53

Maree sê hy het onder meer gekyk of die regering sou baat vind by die Vrede-suiwelprojek en of geld reg bestee is in die projek. 

26 Jul. 16:28:25

Molefe verwys Maree na 'n dokument in die bundel voor hom. 

Maree sê dit is 'n verslag wat hy opgestel het oor die Vrede-suiwelprojek. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.