Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Geheime Meneer X getuig oor Dudu Myeni voor Zondo
  • Getuienis word deur die Zondo-kommissie aangehoor oor hoe miljoene rand van die Mhlathuze-waterraad in Richardsbaai glo deur Dudu Myeni vir luukshede gebruik is.
  • Geld is glo gebruik vir buitelandse reise en verblyf in vyfster-hotelle.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het vroeër reeds getuienis aangehoor oor Myeni. Hierdie sal dus verdere getuienis oor haar beweerde misbruik van staatsgeld wees.
17 Feb. 16:01:07

Die sitting verdaag.

Dinsdag se sitting gaan om 9:30 begin.

17 Feb. 15:48:51

Meneer X gevra om vals fakture uit te reik

Hofmeyr sê sy gaan na een of twee van die transaksies verwys. Sy gaan nie al die transaksies uitlig nie, maar een of twee wat die proses sou uitlig.

Zondo sê hy dink al die transaksies moet genoem word.

Meneer X antwoord op 'n vraag van Zondo dat hy die ooreenkoms gesien as iets verkeerd. Dit het hom bang gemaak - hy het nie geweet wat gaan gebeur nie maar dit het hom bang gemaak.

Hofmeyr verwys nou na 'n spesifieke faktuur wat uitgemaak is vanaf Isibonelo aan 'n ingenieursmaatskappy. Die totaal is vir R2,3 miljoen. Meneer X moes die faktuur uitmaak soos wat daar aan hom voorgeskryf is. Dit sluit onder meer elektrifikasie in. Isibonela het egter nie sulke dienste verskaf nie.

Majola sou by Meneer X se sekretaresse staan terwyl die faktuur uitgeskryf is. Hy sou dan die faktuur vat na die ingenieursmaatskappy.

17 Feb. 15:28:12

Meneer X sê hy is 'n man wat geheime kan hou

Meneer X getuig hy wou gesien word as iemand wat betroubaar is aan die man (Mboniseni Majola) wat die aanbod aan hom gemaak het.

Zondo vra of Meneer X gemaklik wees om die rol te speel wat hy tussen 2013 tot 2016 gespeel het. Hy sê dat hy dit gedoen het omdat hy bang was Majola dink hy is jaloers op hom (omdat Majole geld gehad het).

Hofmeyr sê soos sy verstaan is dat daar geld in Meneer X se besigheidsrekening inbetaal sou word vir werk wat hy nie gedoen het nie. Hy het dan BTW teruggehou en die geld weer uitbetaal?

Meneer X sê hy het dit as geleentheid gesien om ervaring op te doen vanaf Majola. Dith et egter nooit gebeur dat Majola hom daarmee gehelp het nie.

Meneer X getuig hy is 'n man wat geheime kan hou. Hierdie ooreenkoms was 'n geheim en net tussen die twee van hulle. Hy getuig dat hulle in 'n aktiwiteit betrokke was wat hulle nie geweet het hoe dit gaan eindig nie.

17 Feb. 15:04:13

Meneer X getuig oor waterraad se geld

Meneer X word gevra wat vroeg in 2015 gebeur het. Hy getuig dat 'n vriend van hom van Richardsbaai gevra het hulle moet 'n vennootskap vorm want daar is geld wat hulle wil plaas in 'n maatskappy.

Zondo vra hy moet herhaal wat die vriend aan hom gesê het.

Meneer X getuig sy vriend het gesê hy soek 'n maatskappy wat hy kan vertrou want daar is geld wat hulle in die maatskappy wil plaas.

Meneer X sê die man het hom genader en gesê daar is geld wat aan 'n maatskappy betaal sou word wat daarna in die rekening van sy maatskappy betaal sou word.

Hy het dit verstaan dat die maatskappy werk sou doen vir die Mhlathuze-waterraad (dit is waar sy vriend 'n ingenieur is) en dat die geld of 'n deel van die geld in sy maatskappy se rekening betaal sou word.

17 Feb. 14:55:53

Meneer X getuig oor noue band met Dudu Myeni

Hofmeyr verwys nou na 'n verklaring wat Meneer X Sondag afgelê het.

Hy word gevra oor Isibonelo Construction en antwoord dit is 'n konstruksiemaatskappy wat huise bou.

Meneer X sê hy is die eienaar van die maatskappy, dit is in 1997 begin.

Hy getuig Isibonelo Construction was betrokke om JoJo-watertenks aan Nkandla te verskaf. Dit was in 2007 en is gedoen deur 'n kontrak met die Mhlathuze-waterraad.

Meneer X getuig oor 'n rekening gedateer 27 September 2014 van R250 550 waarvoor Isibonelo betaal is. Die werk wat Isibonelo gedoen het hiervoor was om watertenks te verskaf in Nkandla.

Meneer X sê hy het die kontrak gekry toe hy met Dudu Myeni gepraat en gesê het hy het nie werk op die oomblik nie. Sy was toe die voorsitter van die Mhlathuze-waterraad.

Hy getuig hy het Myeni toe reeds vir 'n lank tyd geken, hulle het saamgewerk en hul families het mekaar geken. Hulle het 'n baie sterk vriendskap gehad.

17 Feb. 14:39:06

Meneer X gaan nie ten gunste van Dudu Myeni getuig, sê hy

Meneer X gaan met die hulp van 'n tolk getuig. Hy getuig in Zulu.

Hofmeyr vra of dit reg is dat Meneer X gister (Sondag) in 'n vergadering met verteenwoordigers van die kommissie gesê het dit is nie maklik vir hom om dit te doen nie.

Meneer X sê hy en sy gesin is nie veilig nie. Die getuienis wat hy vandag gaan lewer is nie aanvaarbaar vir 'n aantal mense nie.

Hofmeyr vra hoe sy getuienis vandag sy verhouding met Dudu Myeni gaan verander.

Meneer X antwoord die verhouding sal oor wees, want haar wens sal wees dat hy iets sal sê in haar guns, maar wat hy gaan sê is die teenoorgestelde. Hy sê dit is die regte tyd om te getuienis te lewer wat hy gaan lewer.

17 Feb. 14:33:22

Meneer X gaan nou getuig.

Hofmeyr sê hy is ingesweer.

17 Feb. 14:14:07

Die sitting verdaag vir 'n wyle sodat die audio-verbinding met die geheime getuie opgestel kan word.

17 Feb. 14:12:05

Die sitting gaan voort.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo gee 'n bevel dat Meneer X in camera mag getuig.

17 Feb. 12:58:51

Die sitting verdaag tot 14:00.

Meer oor:  Richardsbaai Waterraad  |  Politiek  |  Dudu Myeni  |  Johannesburg  |  Zondo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.