Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Staatskaping – Voormalige direkteur-generaal ook in hegtenis
  • Die Valke het Donderdag nog mense aangekeer wat geïmpliseer word in staatskaping in die tyd toe pres. Jacob Zuma president was.
  • Drie senior staatsamptenare en drie sakemanne is Woensdag weens beweerde korrupsie deur die Valke vasgetrek.
  • Die amptenare – onder andere Edwin Sodi, ’n sakeman, Olly Mlamleli, die uitgestemde uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro en voormalige Vrystaatse LUR, en Nthimotse Mokhesi, hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings – is in hegtenis geneem in ’n blitzkrieg deur die Valke wat oor drie provinsies gestrek het.

Volg die jongste verwikkelinge hier.

01 Okt. 13:35:32

7de verdagte in asbesdakprojek vas – deur Kaydene Jordaan 

 

Die sewende verdagte is deur die Valke aangekeer in verband met die omstrede Vrystaatse asbesdakprojek. Thabane Zulu, voormalige direkteur-generaal van die nasionale departement van menslike nedersettings, is vroeër vandag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. 

 

Die ander verdagtes is gister in drie provinsies in hegtenis geneem en sluit die sakeman Edwin Sodi, Olly Mlamleli, uitgestemde uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro in Bloemfontein en voormalige Vrystaatse LUR, en Nthimotse Mokhesi, Vrystaatse hoof van die departement van menslike nedersettings, in.

 

Hulle verskyn binnekort in die hof in Bloemfontein. Buiten Zulu is drie verdagtes nog van Gauteng na Bloemfontein onderweg vir die hofverskyning.

01 Okt. 13:23:59

Angelo Agrizzi saam met Vincent Smith aangekla

Angelo Agrizzi, ’n voormalige Bosasa-werknemer, wat opspraakwekkende getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gelewer het, is saam met Vincent Smith, oud-ANC-LP, van korrupsie aangekla.

 

Agrizzi kon luidens ’n verklaring van die Valke weens mediese redes nie vanoggend saam met Smith in die hof verskyn nie.

 

Smith en Agrizzi word van korrupsie aangekla nadat Bosasa na bewering geld aan Smith oorbetaal het sodat hy Bosasa teen ondersoeke kon beskerm na multimiljardrand-tenders wat die staat aan Bosasa toegeken het. Smith word in sy persoonlike hoedanigheid aangekla asook in sy kapasiteit as die enigste direkteur en aandeelhouer van die maatskappy Euroblitz (Pty) Ltd. Geld is volgens die Valke in Euroblitz se bankrekening inbetaal.

 

Smith word ook aangekla van bedrog weens sy “moedswillige nieopenbaarmaking” van voordele in die parlement se register van ledebelange, soos wat die wet vereis.

 

Smith is Donderdagoggend by die Alberton-polisiekantoor in hegtenis geneem en het kort daarna in die landdroshof in Palmridge, Johannesburg, verskyn. Hy is op borgtog van R30 000 vrygelaat. Hy het al die aanklagte teen hom ontken. Hy het vroeër voor die Zondo-kommissie getuig enige geld wat hy ontvang het, was lenings.

 

Die saak is tot 14 Oktober uitgestel.

01 Okt. 11:23:49

01 Okt. 10:44:20

01 Okt. 10:40:41

01 Okt. 10:38:14

Vincent Smith ontken aanklagte teen hom

Vincent Smith, oud-ANC-LP, wat honderdduisende rand van Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, ontvang het, het met sy verskyning in die landdroshof in Palm Ridge in Johannesburg, die klagte teen hom ontken.

Hy het homself vanoggend aan die polisie oorhandig het.

Hy word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Agrizzi ontvang het, hoewel Smith in sy getuienis voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek volgehou het die betalings was lenings vir onder meer sy dogter se studies, en nie omkoopgeld nie.

Lees die volledige berig hier
Meer oor:  Staatskaping  |  Bedrog  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.